Woede oor Facebook-plasing ná Joost se dood

Die gewraakte meme wat op Facebook versprei is.

Die gewraakte meme wat op Facebook versprei is.

Sosialemediagebruikers het woedend reageer op ʼn Facebook-plasing na aanleiding van die dood van die Springboklegende Joost van der Westhuizen.

Die inskrywing is ʼn sogenaamde “meme” – ʼn foto met teks daarop geskryf. Die meme is met ʼn uiters aanstootlike byskrif gedeel. Talle sosiamedialegebruikers het skermgrepe van die inskrywing op ene Riaan Lucas se Facebook-blad gemaak en daarna wyd gedeel.

Op Lucas se Facebook-blad, wat intussen verwyder is, het gestaan hy werk as verkopebestuurder by die “South African Wine Institute” en dat hy aan die Cape Wine Academy gestudeer het. Die Cape Wine Academy het intussen bevestig dat Lucas nog nooit ʼn werknemer by hulle was nie, maar wel in 2011 daar studeer het. “Ons is geskok deur sy rassistiese kommentare en distansieer ons van sy uitlatings.”

Op Facebook is daar ook genoem dat Lucas vir Taste of Terroir en Louisvale Wines in Stellenbosch werk. Anton du Toit, eienaar van Taste of Terroir, het gesê hulle veroordeel rassisme ten sterkste. “Hy is sedert 2014 nie meer ʼn werknemer van Taste of Terroir nie. Ek en my personeel is geskok deur sy rassistiese uitlatings en distansieer ons van hom.”

Helene van der Merwe, hoofbestuurder van Louisvale Wines, het aan Maroela Media gesê Lucas het tussen Julie en September op vryskutgrondslag vir hulle gewerk. “Hy het hier en daar ʼn wynproesessie by verskeie wynplase aangebied. Hy is egter nie ʼn werknemer van Louisvale Wines nie en glad nie meer by ons betrokke nie. Ons treur oor die verlies van ‘n rugbylegende en erken Joost as ‘n ware held. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie.”

Die Menseregtekommissie het intussen ook bevestig dat hy talle klagtes ontvang het na aanleiding van Lucas se uitlatings en dat daar ondersoek ingestel word.

Die vakbond Solidariteit het ook ʼn klag teen Lucas by die Menseregtekommissie ingedien. Volgens Juran van den Heever, kommunikasiebestuurder van Solidariteit, het medegebruikers Lucas se Facebook-profiel op Facebook aangemeld en is sy profiel gisteraand teen 20:00 geblok. “Dit is verblydend dat Facebook die profiel kon stop, maar die persoon kan nie skotvry afkom van hierdie rassisme en gebrek aan respek nie. Dit was vir talle Suid-Afrikaners oor alle kleurgrense heen ’n groot skok om so iets te moes beleef op so ’n hartseer dag.

“Hierdie rassistiese kommentaar moet dieselfde aandag geniet as enige van die ander opmerkings wat vantevore wye mediareaksie ontlok het en waaroor die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie al opgetree het. Wat vir Penny Sparrow en Chris Hart geld, geld vir enige ander Suid-Afrikaner, ongeag ras,” het Van den Heever gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

m ·

Ag rerig is hierdie nou veronderstel om snaaks te wees. Daar is n tyd en plek vir “grappe”

net so ·

Kry die bulldog ,Gerrie Nel….ja nee wat geld vir een wit pienk of pers geld vir almal…
Die man het die land nie vir wit nie , maar vir suid afrika baie betekin…
Nee hy is legende en sal een bly , Chester sal dit beaam…

Kobus ·

Wat kan ek se….TRAGIES…Dat n mens so laag kan daal….nie eens respek vir die dood….maar wat vir hom snaaks was….gaan hom hard aan die hakskeen byt….nie net op Joost van toepassing maar op enige mens…watter kleur ookal….SWAK SMAAK!!!!

Niks ·

HY GAAN NIKS OORKOM NIE . EK SIT AL MY GELD DAAROP. Die DA en EFF en ANC is tjoepstil indien ‘n persoon van kleur RASSISTIESE uitlatings maak. Die MRK maak ook net of hy ondersoek instel, gaan ook se dit is die man se MENING, dit is VRYE SPRAAK. Glo my hy sal geen straf ontvang of ‘n sent boete nie. Hy sal nerens afgedank word nie, daar sal NIKS met hom gebeur nie .. absoluut NIKS .. op die ERGSTE gaan hulle vir ‘n berader betaal wat sy ‘anger’ gaan aanspreek.

Rupert Ashford ·

Die MRK sal dit vir maande “ondersoek” en dan sal dit net stilletjies vergete raak behalwe as iemand hulle die hele tyd pes daaroor. Miskien is ons verkeerd. Kom ons kyk…

Jantie ·

Sies vieslik. Geen opvoeding!! Is jy onsterflik jy gaan betaal!Joost ons held en geliefde man ons eer jou nagedagtenis.kan net met bewondering en respek van jou praat !Salig in jou rus.

Dan ·

Jy is heeltemal reg – niks sal met Lucas gebeur nie! Kamstige “ondersoek” deur die MRK – ag foeitog wanneer sal daardie ondersoek afgehandel wees? In 2097?

debbie ·

Ja nee dit was baie lelik ai n mens moet die goeie dinge onthou en joost was n ster in al sy rugby games sterkte aan familie

J d l H ·

Absoluut onmenslik.Jy is nie onaantasbaar nie.Jy sal betaal…wat jy saai sal jy maai.Of dink jy jy sal nooit sterf nie?Joost is vir ons n voorbeeld.Ek groet jou Joost.met respek en bewondering
Rus sag.

Soois ·

En kyk bietjie sy kommetaar heel bo-aan die “meme”. Mens praat nie eens van n dier wat vrek is nie!

Siestog de Jager ·

Ek vind dit ironies dat dieselfde hoopla nie in die media hiervan gemaak word nie. Swart op wit rassisme word goedgekeur van die president regdeur tot voetsoolvlak. Die vis vrot van sy kop af. As ‘n blanke hierdie uitlating gemaak het teenoor ‘n sg swart held, sou die wereld ontplof het. Ten minste weet ‘n mens Joost het op meriete gekom waar hy was, hy het talent gehad en het nerens ingegly omdat hy kastig ‘n “agtergeblewene” is nie. As jy na 20 jaar se korrupte politiek nog op daai deuntjie fluit, verdien jy om agter te bly.

Siesa ·

En kyk bietjie sy kommetaar heel bo-aan die “meme”. Mens praat nie eens van n dier wat vrek is nie!

AL ·

Hy het 2 klagtes van rassisme teen hom nie net 1. Op die screenshot wens hy dat dit wit mense is wat in Sandton se verkeer dood is. Op News 24 kan jy duidelik daardie gedeelte ook sien.

CAB ·

Vrek? gebruik asb afrikaans reg as jy dit wil gebruik. Jy is siek tot in die hoogste graad maar die een wat hieride belaglike spot prent gemaak het is nog sieker. Kry net n bietjie respek vir die mensdom dan sal dit beter gaan met jou en dan sal jy nie sulke gedagtes hoef te he nie.

Lize Bester ·

Die ergste is dit wat hy self geskryf het: “Joost is vrek”. Dit sê alles, absolute samevatting van sy mentaliteit.

BS ·

Gelukkig vir die wat glo is daar n finale oordeel Joost het baie tyd gehad om sy sake met God in orde te kry. Het n gevoel iemand wat so iets plaas ssl nie dieselde regte kry nie. En vir jou sal ons se good riddance ons weet darem jy verteenwoordig nie jou nasie nie

Simon ·

Is daai ou nie bewus van die geval Penny Sparrow en haar boete van R 150 000. Ook nie van Chris Hart of Regter Mabel Jansen nie.
Wat goed was vir hulle moet ook goed wees vir hom.

Hannie ·

Die wiel draai wat jy aan ander doen goed of sleg sal jy dubbel terug kry.

Wilma ·

En wat gaan van hierdie siek rassistiese uitlating kom? Niks! Heeltemal niks!… okay, miskien ‘n “jy moenie weer nie hoor!, dis baie baie lelik”

AP ·

Ai kannie glo hoe benaal en gevoelloos mense is nie, die opmerking beskryf sy hele wese, sien hy werk ook nie lank op ‘n plek nie, se nogals baie van sy persoonlikheid.

Gizell Marion ·

I am colored and it saddened me to see that some people coukd be this heartless. Joost was a hero and will live on in our hearts forever. This Riaan guy should not get off from such atrocious act of racist remarks.

AL ·

I agree with you. After all we are humans regardless of our skin colour. There is a family that mourns about their loved one. Joost could be anybody’s husband, father or brother. Thank you for your support.

Heide ·

Gizell,jy is so reg.Ek is ook n kleurling en trots Suid Afrikaans.Wat die ou beet het weet niemand maar om sy onkunde so te publiseur is vir my nogal n raaisel.Hy laat my baie ongemaklik en skaam voel onder my(blanke)kollegas want ons werk lekker saam en is een groot gelukkige famile,wit en swart staan ons saam om sukses te behaal.Vir hom se ek net:”SIEEEEESSSSSS!!!!

lebron Adian ·

Laat dit nou vir een en elke rassis daar buite n eye opener wees.
Maak n voorbeeld van Die ene RiaanLucas

Junia ·

Gaan kyk op Facebook het hy ook kommetaar gelewer op Moslems… Baie baie lelik

Linda Ras ·

Om nie eers te praat van sy Godslasterende “dialoog” met Jesus nie.
Ek is seker die Moslems sal hom ook ‘n paar vrae wil vra na sy vulgêre opmerkings op fb.

Cathy Dixon ·

Dis baie hartseer om te sien daar is soveel haat daar buite. Rassisme sal jy altyd kry en ons sal nooit daarvan ontslae wees nie. Ek kan maar net se moenie oordeel nie en wys nie n vinger nie, ons almal bly in huise van glas….RIP Joost. Sterkte aan die kinders en familie xxx

Belinda ·

Ek wil weet, wat van sy vriende op sy facebook, wat net sulke vieslike kommentaar gelewer het. Ek hoop van harte, hierdie ding sal deur gevoer word en nie weer net verdwyn nie. Hy moet betaal vir sy belediging van Joost. Ek betaal my lede gelde aan Afriforum en ek hoop hulle doen iets daadwerklik. Hierdie gemors moet betaal

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Hoop hy kry ”n Penny Sparrow tipe boete of tronkstraf. Of gaan ons nuwe haat spraak wette hom beskerm?

gertdieperd ·

Dis erger as die doodskis video en daar moet beslis opgetree word teenoor die rassis!

JoeyH ·

Absoluut swak styl!Om die dood van ‘n goeie mens te vat as ‘n grap. Hy was iemand se vriend.. kinders pa en iemand se man. Jy behoort jou te skaam. Om te verwag dat jy die vermoë dat jy dit verstaan is seker onmoontlik
Sak eerder jou kop in skaamte!! Joost was ‘n mens wat ten minste ‘n bydrae gemaak het… al wat jy gedoen het is die wereld wys hoe intellegent jy werklik is…..

Anna Makkapanna ·

“Me when I hear a white man has died.”
Maar dan is die “Me” in die meme self wit?
(Ek het nie woorde nie. Ook maar mens, ook maar DOM!)

Christel ·

Hoe ongevoelig kan mens wees!!

Ek hoop hulle (MRK) maak n voorbeeld van hierdie Lucas knaap!!!!

Sue ·

Ja hy is I disgrace..maar wat van ene Marietjie wat di K woord gbruik ht en baie haar liewers gewaarsku het om dit te delete.. ek wonner maat

Sandra ·

Wie se dis nie n vals profile! Die een kan van enige ras of kultuur wees, kry die een gevang dat almal kan sien wie is so harteloos!

Hannetjie Harvie ·

Die man sal niks oorkom nie, wat hy praat so reg in die kraal van die wat hierdie land moet lei.
Maar ek hoop hy kry sy dag, maar mense soos hy weet nie eers as hulle, hulle dag kry nie, daar kort bietjie iewers.

BOLANDER ·

Valie, om jou te antwoord. NEE. Baie van die koppe werk nie meer nie. En dit is hoekom hierdie eens pragtige land van ons in so ‘n toestand is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Kobus Traut ·

Hierdie is die ideale geleentheid vir adv Gerrie Nel om ons pragtige land en grondwet op die voorgrond van medemenslikheid te plaas. Dit is ook tyd dat glanspersoonlikhede FB direk aanvat oor die misbruik van hul gesigte op diskrimenerende en afbrekende “plofprotrette”!

Piet Pille ·

Boetie dankie tog jy is nie my boetie nie. Snaaks maar ek weet van geen “onsensetiewe goed” waarvan jy melding maak. Doen ons almal ‘n groot guns en hou op om Maroela Media te lees as dit jou dan so walg.

Frans C ·

Dit moet tog vir almal duidelik wees dat as jy as ‘n donkie gebore is jy nooit as ‘n perd sal doodgaan nie.

Ag asb Boetie ·

Jy praat absoluut TWAK. Mense lewer kommentaar en opper hulle menings, maar MM laat GEEN rassisme toe nie. Grappe en onsensitiewe goed is een ding, maar BLATANTE RASSISME heeltemal iets anders, veral as jy na sy ander inskrywings op FB gekyk het. Daar word nooit gese dis goed as mense van kleur ‘vrek’ nie en ons is bly as hulle ‘vrek’ nie .. so nee, jy kom of nie genoeg hier nie, of jy sien dit deur jou eie OORDEEL bril. Boetie of ons hemel of hel toe gaan het NIKS met jou te doen nie .. sorg jy dat jy hemel toe gaan . elkeen is vir sy eie saligheid verantwoordelik.

Koos ·

Kan hierdie man se huidige werkgewer se besonderhede opgespoor en wyd gesirkuleer word sodat hy oorval kan word deur besware teen sy rassistiese uitsprake ?

E.K. ·

Weereens: Sosiale media= Sosiale EUWEL. Mense moet nie sulke goed eers deel nie dan kry die ding aandag met sy onnoselheid. Rapporteer dit net en dis dit, nou kry hy aandag – presies wat hy soek!

Stoney ·

Frans C jy spreek sulke waar woorde. Elke hond kry sy dag maar die vaal brak kry sy langnaweek. Los hom, sy soort braai vinnig in sy eie vet.

Willie ·

Nou wonder ek net- wat het die rassis vir SA gedoen… Joost het baie en is inderdaat n lands HERO… Gerrie vat die gedoente behoorlik vas….

Teri ·

What about what he called Mother Mary and all the comments his friends had to say about Joost.

Bridget ·

I hope he gets major punishment, and made to give a public apology to Amor, her kids and Joosts family!

Mike de Beer ·

As ek jy is slaap met een oog oop, want die land is bitter vir jou.

Andries ·

Jy verdien eintlik geen kommentaar.Ek dink jou familie voel skaam!!!!

Francis ·

IS NIE WAT INGENEEM WORD MAAR WAT BY DIE MOND UITKOM WAT SKADE DOEN !
N DIER VREK !!!! AS JY NIE VAN IEMAND HOU NIE BLY EERDER STIL .DAAR IS DALK BAIE MEER WAT NIE VAN JOU HOU NIE !!!!

PieterF ·

Sommige wesens wat regop loop en spore soos ‘n mens trap het maar net nie die vermoe om hulle ingebore agterstand en minderwaardigheid te verberg nie. Mnr Lucas is ‘n lewende voorbeeld van ‘n spesie wat met al die geleenthede tot sy beskikking tot sy afsterwe ‘n agtergeblewende sal wees. Indien hy sou voortplant sal hierdie minderwaardige gene ongelukkig weer floreer. Baie jammer oor Joost en sterkte aan sy familie.

Werner ·

Dit is so skrikwekkend dat jy sal sensasie kry deur dit te sê Lucas. Ek dink jy is siek man. Maar jy sal jou woorde tel dalk nie op aarde nie maar eendag gaan jy voor God moet staan en daai vraag moet beantwoord.

soera Lötter ·

Ek het ommiddelik gehide toe ek dit deur een van my vriende se fb sien…………

Marna ·

Ek wil weet wanneer is sy hof datum dat ons kan betoog buite soos die eef met die kis ouens hier betoog elke keer oor hulle rassisme….

Heinrich ·

Puk studente haal nuus nadat daar n onderonsie tussen hulle en verkeers beamptes was in potchefstrrom,maar van die voor val hoor mens niks verder nie!!! as dit dit nie n rassistiese ding is dan weet ek nie meer nie!!

LMF ·

Boetie jy klink of jy n pil gesluk het hvl drieë het Mandela of jy vir SA gedruk daar is aan n IKOON van SA geraak en so spoeg hy op al wat wit is en dit met heelwat ander kleure wat ook Lief was vir Joost

Hazel ·

It is up to us to make sure this matter is prosecuted. We just have to stand together!

Suzette ·

Hierdie is hartverskeurend! Wat gaan van ons mensdom word.

Carien ·

Dit is swak smaak van dié luis om die minste te sê. Maak ‘n voorbeeld van die misoes, rasiste moet summier opgesluit word en die sleutel moet vernietig word.

My innige meegevoel aan Amor die kinders, familie en vriende.

Rus in vrede Joost, jou plekkie is leeg maar jou nagedagtenis sal vir ewig voortleef.

Bokkie ·

Liewe land,maar die man is siek verby.In die Son is talle rassistiese aanmerkings. Hy praat met die Here,en vloek daarin,Kleurlinge noem hy trash,Muslims word lelik gese,en ook die Blankes. Hy moet regtig boet vir dade.Rus sag Joost.

Celia ·

ASB VERVOLG HOM! Laat hy n yslike boete betaal!
Dit is by verre nie dieselfde as die vorige gevalle van rassistiese uitsprake nie- hierdie is wreed verskriklik siek en walglik, almal rou en treur saam met Joost se familie en ons moet so iets lees! Nee, dit kan nie net so verby gaan nie.
Ek was so geskok kan my eie oe nie glo nie!

Jan du Toit ·

Maroela redaksie en Solidariteit. Ek het afdrukke gemaak van nog ander stukke kommentaar oor blankes en sal graag aanstuur as dit sal help aangesien sy profiel nou afgehaal is.

Pieter vd Westhuizen ·

Vermy opsetlik enige aanstootlike verwysings na enige persoon of identiteit en weet geensins wat ene mnr Luca kwytgeraak het nie. Wat word egter intussen van die ergste vorm van rasistiese uitsprake van prominente leiersfigure soos o.m ons president , mnr Malema , ‘n sekere studenteraad voositter, ens ? Dis opvallend dat daar weinig tirades teenoor sodaniges gevoer word …miskien kyk ek dit mis omrede ek nie my wil bemoei met die enkeles uit miljoene wat tyd het vir twak of om hulle met twak te bemoei nie

geskok ·

dit gaan my verstand verbode dat mense so lelik kan wees mnr jy wat die lelike foto op gesit het hoe sou jy voel as een van jou geliefdes oorlede was en iemand het so n foto op gesit van hulle

Dawid ·

Gaan kyk op 2 oceans vibe met wat ons hier te doen het.Sal hy mans genoeg wees om dit vir n wit man in sy gesig te we?ek dink nie so. Duidelik het hy nog niks in sy lewe bereik nie, toemaar by sal ook niks bereik nie.

humor ·

Dit waarmee hy hom besig hou stel homelf baie duidelik bekend. n Tipiese smeerlap sonder gewete wat nog nooit iets vir die gemeenskap beteken het nie.

Justice ·

Eers sal die regs stelsel en ander jou uitsort en net soos jy dink dis nou verby…..sal ek daar vir jou wag……stilletjies, geduldig…..donkerte is nou jou grootste vyand.

MC ·

Total disrespect & uncalled for ! Most South Africans of all race & colour must stand together & not tolerate this…showing no respect ! RIP Joost

Chantelle ·

Sien op sy instagram daar is ‘n foto van hom en Helen Zille ook. En dan sê die inskrywing ‘no judgement please’.

sonja ·

Hoe laag sal die mense nog daal? Die man moet ñ kop dokter sien. Sies, het hy nie respek vir die dood nie.
SIES MAN!!

Anne ·

Jy kan Mandela en Joost regtig nie eers in dieselfde sin noem nie ??

Penelope ·

Ek kan nie glo wat ek gesien het nie en die skok was so groot dat ek eerder tot nou gewag het om iets te se. Joost se geliefdes lees al die posts glo ek en ek kan nie dink hoe daardie twee kinders se harte bloei nie. Hulle bly in my gebede.
Het julle al gehoor dat baie mense se ons land se mense kan nie saam staan nie. Kom ons vat dit op ons om die MRK te dwing om aksie te neem en ons dwing hulle vir uitslae en resultate. Dit is omdat almal net aanvaar dat daar niks met die Lucas ou gaan gebeur dat daar niks sal gebeur nie. Ek le hiermee nou my belofte af dat ek dit my missie sal maak om dit elke dag op te volg en ek glo ek sal iewers kom want ek is bereid om te baklei vir wat ek in glo en om ons legende te eer op my manier. Hoe durf die vent so iets se. Totsiens ek gaan my aandag nou eers op my missie focus ek weet net nie waar ek vordering kan terugvoer nie maar glo my ek breek geen belofte nie.

Elke v Rensburg ·

Let us with this our comments not fall in the same trap as this guy. He has no manners, no empathy or respect.
Intelligent people will know that this post is not the true reflection of race but of his heart alone. It’s actually very sad that he strives to get attention of the death and heartache of others.
Let our focus get back to where it must be: with Joost’s children and loved ones that grieve him. Let us make a positive difference in other people’s lives like Joost did.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.