Woede oor foto’s van vasgekettingde hond

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het bevestig dat hy ondersoek instel oor foto’s wat op sosiale media versprei word van ‘n hond wat voor ‘n SuperSpar-winkel in Benoni aan die Oos-Rand vasgeketting is.

Renee Rossolimos, ‘n inspekteur by die DBV in Benoni, het aan Maroela Media bevestig dat sy die hond omstreeks 22:00 Sondagaand gaan verwyder het. Sy sê die hond is ongedeerd en word intussen by die DBV gehou.

Rossolimos sê die DBV ondersoek die voorval. Die hond sal egter aan sy regmatige eienaar terugbesorg word. Foto’s van die hond wat voor die SuperSpar vasgeketting is het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei en het hewige reaksie ontlok.

Mike Prentice, die Spar-groep se bemarkingshoof, sê volgens die eienaar van die SuperSpar-winkel in Benoni het hulle ‘n kontrak met ‘n veiligheidsmaatskappy wat honde en wagte voorsien vir sekuriteit by die winkel.

Prentice sê volgens die eienaar het die veiligheidswag badkamer toe gegaan en was die hond toe vir ‘n kort ruk alleen. “Ek het aan die eienaar gesê indien hulle van ‘n diens gebruik wil maak, hulle moet verseker dat die regte prosedures gevolg word.”

‘n Werknemer by die SuperSpar het aan Maroela Media gesê dat die hond vir sowat 10 minute alleen was. Volgens die werknemer het die hond kos en water op die perseel gehad.

Die veiligheidsmaatskappy kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Belinda ·

Maar wat is die issue nou eintlik……………….die hond was dan op sy pos en het kos en water gehad en sy eienaar was dalk gou net in die toilet…………………hy kan seker nie die hond altyd saam met hom vat nie ek kan dit nou regtig nie verstaan nie………………………

Melissa ·

Ek glo nie die persoon wat die foto geneem het, het gedink die eienaar van die hond is net gou in die toilette nie. Dit het seker gelyk of die hond net daar vasgemaak was. Hulle moet dit maar ondersoek en vasstel wat die waarheid is.

Oom Japie ·

Is dit nou regtig iets oom oor “woedend” te raak? Sommige mense het minder as niks verstand. Ek hoop die klaers word elkeen beloon met ‘n suigstokkie. Dit behoort hulle ‘n ruk besig te hou.

TellaJ ·

Ek wil net sê dat die persoon wat dit aangemeld het, in die regte posisie was. Ja dit was toe nie die situasie soos wat hy/sy gedink het dit is nie, maar ‘n mens weet nooit nie. Daar is soveel diere wat daagliks mishandel word en meeste mense kyk maar net anderkant toe, want dis die maklikste ding om te doen. Al is jy nie ‘n “diere mens” nie, kan mens nogsteeds compassion hê.

Hettie ·

Dit is mos nou maklik om te se die hond was net 10 minute alleen. En ek sien geen kos en water by die hond nie. Vir ons wat vir diereregte verg is so geval baie ernstig, vir julle wat ‘n hond net ‘n hond is sal dit lyk na niks nie, maar wie sal weet wat die waarheid is.

TellaJ ·

Ek wil net sê dat die persoon wat dit aangemeld het, in die regte posisie was. Ja dit was toe nie die situasie soos wat hy/sy gedink het dit is nie, maar ‘n mens weet nooit nie. Daar is soveel diere wat daagliks mishandel word en meeste mense kyk maar net anderkant toe, want dis die maklikste ding om te doen. Al is jy nie ‘n “diere mens” nie, kan mens nogsteeds compassion hê.

Melissa ·

Stem saam met jou. Liewers dit aanmeld en die dier was nie mishandel nie, maar hulle het dit tenminste ondersoek, as om dit net te los en dan was die dier regtig mishandel!

shaun ·

Maar natuurlik was die hond vir langer as 10 minute daar vasgemaak! Die artikel sê tog duidelik dat hy deur die DBV verwyder is na die foto’s geplaas was… Sou die DBV dan die dier by die man afgevat het na hy die omstandighede verduidelik het?
Hoe kan sommige mense glo dat die hond slegs vir ‘n kort tydjie daar vasgemaak was terwyl die wag net gou ‘n draai gaan stap het?

joey de klerk ·

Ek dink werklik die is nou onnodig! Lyk nie v my of die hond werklik iets makeer! Genade ek dink daar is meer ernstiger gevalle wat aandag vereis!!

Nandi ·

Glo my ek sou ook die hond aangemeld het. As groot aktivis vir diereregte kan ek dit nie hanteer dat mense diere mishandel en behandel asof hulle nie voel nie. Mense moet ophou anderpad kyk waar dit by dieremishandeling kom en begin optree. Honde en ander diere kan nie vir hulself praat of baklei nie, ons as mense is daar gestel om vir hulle te sorg en te kyk dat hulle die beste behandeling kry. Mooi so vir jou wat die hond aangemeld het!!!!

stephan ·

Ek glo die mense is te onnosel om vir hulself eintlik te kan dink.Hoekom maak hulle nie eerder hulself daar vas nie onthou net mense ons is ook diere GOD het vir ons en diere n gelyke waarde op die aarde gegee en ons mense het uit ape gevorm.Ek se ons wat hier op die media praat moet n verskil maak Madiba het ook gese “Enyone can make a difrence” nou ons kan n verskil maak.Probeer is die beste geweer lekker aand verder hoop julle antwoord gou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.