Woede oor ‘konsentrasiekamp vir standbeelde’

Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein. (Foto: Verskaf)

ʼn Opmerking deur die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, dat die regering gaan ondersoek instel na die verwydering van standbeelde uit die apartheid- en koloniale era en die verskuiwing daarna na sogenaamde temaparke, het heftige reaksie ontlok.

Die burgerregtegroep AfriForum het reeds sy teenkanting van dié voorstel te kenne gegee.

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, sê enige verskuiwing van erfenisbakens is reeds ’n problematiese oplossing vir sensitiwiteite wat gemeenskappe oor die verlede het. Die verskuiwing daarvan na spesifieke ruimtes is nóg meer onaanvaarbaar, want standbeelde en monumente wat in ’n ander ruimte ten toon gestel word as waarvoor hulle ontwerp is, verloor betekenis en kan gebruik word om bepaalde gebeure, gemeenskappe en persone eensydig uit te beeld en selfs te teiken. Dit kan tot gevaarlike polarisering in die land bydra.

“Die bestuur van die park, die konteks waarbinne erfenisbakens uitgebeeld word en die onderhoud daarvan kan alles bydra om onderlinge erkenning en respek tussen gemeenskappe te vernietig. Net soos gemeenskappe vir mekaar moet ruimte skep om erkenning te gee aan hul onderskeie bydraes van die verlede, moet daar vir hul erfenisbakens ruimte geskep word,” sê Bailey.

Die MT Steyn-standbeeld by die Oorlogsmuseum. (Foto: Verskaf)

“Wanneer simbole vir ’n bepaalde groep aanstoot gee, is die oplossing nie verskuiwing nie, want dit meen dat daar slegs ruimte vir een ideologiese narratief is. Erfenis moet so objektief en wyd moontlik in openbare ruimtes uitgebeeld word ‒ daarom moet ’n veelheid van simbole met opsies van ’n veelheid van interpretasies aan sowel inwoners van en besoekers aan die land aangebied word.

“Met die verskuiwing van bakens na een sentrale punt bestaan die gevaar dat slegs die bestuur van die park se interpretasie daarvan uitgebeeld gaan word en dat mense vir wie dit besondere betekenis het, dit moeilik kan besoek. Boonop gaan belastingbetalers se geld vir onnodige aanstellings en onderhoud aangewend word in ’n tyd wanneer erfenisbewaring reeds mank aan fondse gaan. Omdat bepaalde bakens uit die openbare oog verdwyn, kan dit ’n vals indruk skep dat net sekere gemeenskappe deel gehad het aan die opbou van die land, of dat die geskiedenis net uit vlekkelose slagoffers en verwerplike sondebokke bestaan.”

Bailey sê die verskuiwing van sogenaamde aanstootlike simbole waarborg boonop nie die bewaring en beskerming daarvan nie.

“Inteendeel, wanneer vandale dit wil beskadig, maak die konsentrasie daarvan dit juis geriefliker vir hulle om dit te beskadig.”

Die Orania Beweging het intussen gesê terwyl hy ʼn groeiende plek vir Afrikaner-erfenis bied, word Afrikaners se geskiedenis in die res van die land gekriminaliseer en Afrikaners soos tweederangse burgers hanteer.

Die beweging sê Mthethwa se uitsprake getuig van ʼn toenemende vyandigheid teenoor Afrikaner-erfenis.

Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, sê as die regering self gaan bepaal waarheen die standbeelde verskuif word, bestaan die gevaar dat die Afrikaner-geskiedenis as krimineel uitgebeeld sal word.

Ons vertrou nie die regering om objektief en oordeelkundig met die geskiedenis om te gaan nie. Ons het al by verskeie geleenthede gesien hoe die geskiedenis wanvoorgestel word en die Afrikaner-geskiedenis gekriminaliseer word.

Strydom sê Mthethwa het vroeër ook geëis dat rugbyspelers uit steun vir die #BlackLivesMatter-beweging kniel.

Die standbeeld van pres. M.T. Steyn word van die kampus van die Universiteit van die Vrystaat verwyder. (Foto: KatlehoLechoo/Twitter)

“Nou wil hy Afrikaner-erfenis opruim en toesluit. Afrikaners se knieë is nie vir hom om te buig nie en ons erfenis is nie vir hom om rond te skuif nie.”

Strydom sê die Orania Beweging verwelkom enige inisiatief om ʼn tuiste vir standbeelde te bied en erken die rol wat die Voortrekkermonument in Pretoria en die Oorlogsmuseum in Bloemfontein in dié verband speel.

Die beweging is ook bereid om ʼn tuiste te bied aan Afrikaner-erfenisstukke wat onwelkom geraak het in die res van die land.

“Ons erfenis hoort nie in temaparke waar jy ʼn toegangsfooi betaal en op ʼn begeleide toer geneem word nie. In Orania verbind ons graag ons kinders, deur die bewaring van ons erfenis, aan ons geskiedenis. Dit moet staan daar waar ons leef. Ons moet dit sien wanneer ons tussen skool, werk en kerk beweeg. Dit moet ʼn baken wees as ons aanwysings gee en dit moet deel vorm van ons daaglikse bestaan”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wayne ·

Bewys maar net weer dat apartheid die enigste vreedsame oplossing is. Die nie-blanke regering gun die blanke bevolking in die algemeen en die Boervolk in besonder niks, nie eers hul geskiedenis nie. Alles moet uitgewis word ten einde die Boer van sy identiteit, kultuur, taal, Godsdiens en kultuur te stroop.

Petrus Johannes ·

ANC en haters sal dit reg kry eending kan hul haat nie weg neem nie is my God.MAAK WAT JUL WIL

Barend ·

Dit beteken dat daar weer ‘n nuwe of gewysigde wet deurgedruk gaan word.

Skim ·

Net nog ‘n manier om vir ons te sê ons is gladnie meer welkom in ons land nie. Hulle sal enigiets doen om ons te onderdruk.

Vrystaat2109 ·

Gee vir hom ‘n graaf sodat hy weer vir ‘n slag kan werk

Jacobus ·

Nog nooit het ek ‘n minister só uit sy diepte gesien. Geen geskiedkundige bydrae uit die regerings oord en soos Lesufi vernietig ons maar. As dit hulle bydra tot ons geskiedenis is, is dit pateties.

Erik ·

Dis onmoontlik om Afrikaners tevrede te stel. Die mees onvergenoegde volk in hierdie land, al is ons by verre die mees bevoorregte.

MakersMark ·

Kry ‘n vol foeliesak en los die afrikaners uit. mkts.

Dirk Mostert ·

Jy leef in ‘n droomwereld. Gebreinspoel. Glo waarskynlik ook in “klimaatsverandering”.

annie ·

Nee wat, ons erfenis is nie in klip vasgevang nie. Hou op huil en moet ook nie asem ophou in die hoop dat dit die einde van die storie is nie. Die manjefieke karakters is nie binne-in die klip opgesluit nie, maar leef sonder weerga voort. Die Bybel verbied sulke uitbeeldings. Nou weet ons hoekom.

Persheks Adri ·

Hy kan homself gerus skuif waarheen ookal ver van hier af

Jaco ·

Regstellende aksie, BEE, gedurige beskuldigings van rassisme en uitbuiting met wit monopolie kapitaal, plaasmoorde waaraan amper niks gedoen word nie, naamsveranderings en beskadiging en erwydering van beelde:
ALLES bewyse dat wit mense nie meer welkom in SA is nie. Waarom deporteer die ANC ons nie net na Europa, Amerika, Kanada en Australië nie. Dit kan nie moeilik wees nie en regtig, eks 100% bereid om daar met niks van vooraf te begin. Ten minste is daardie lande sonder:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand
Regstellende aksie
BEE
Plaasaanvalle en plaasmoorde
My lys is eintlik BAIE langer

Gerrie ·

Maar KZN se internasionale lughawe (en ander areas) dra die naam van die grootste massamoordenaar van swart mense in Suid-Afrika – Shaka. Dit spreek boekdele oor swart politici se mentaliteit.

Willie ·

Dit is erg dat mense of groep mense so bang is vir standbeelde en ‘n vlag.

Hannes ·

You are insulting the AFRIKAner’s ancestors, you are distorting and criminelising their history, you are racially discriminating against their children, you are oppressing their culture, and by doing so, you are dehumanising their existence. Minister, this is a crime against humanity.

Johan ·

Snaaks dat die liberale Maroela Media Wayne se kommentaar van “Boer” plaas…….

Kokerboom ·

Hoe kan ‘n mens so kwaad en onvergenoegd met jouself wees?

Jannie van Niekerk ·

Ek behoort ook aan ‘n “bepaalde groep”. So as Mandela se standbeeld vir my aanstoot gee, ( wat wel die geval is), waarom word sy standbeeld nie ook verwyder nie? Hy mag nou wel vir ander die “verlosser en saligmaker” wees maar BESLIS nie vir my nie.

Ou gees ·

SKUIF ONS OOK UIT NA, ASSEBLIEF! Daar eenkant waar niemand deur ons gepla sal word nie.

Dirk Mostert ·

Noem die ding op sy naam: Onderdrukking van blankes deur die heersende ras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.