Woede oor ligter vonnis vir babaporno-oortreder

(Foto: pixabay)

Waarskuwing: Die inhoud van dié berig kan sommige lesers ontstel.

Die organisasie Women and Men Against Child Abuse (WMACA) is woedend ná die vonnis van William Beale, wat aan amper 19 000 aanklagte van die besit van kinderpornografie skuldig bevind is, op appèl verminder is.

Beale , ʼn rekenaaringenieur van Plettenbergbaai het vroeër skuld beken op 18 644 aanklagte van die besit van kinderpornografie. Sy vonnis van 15 jaar tronkstraf is destyds as ʼn “mylpaalvonnis” beskryf.

Landdros Eugenia Jacobs het tydens die vonnisoplegging in 2017 gesê die pornografiese materiaal beeld die verskriklikste dade denkbaar uit. Sy het gesê nadat sy die vonnisoplegging in oorweging geneem het, het sy tot die gevolgtrekking gekom dat enige ander straf ʼn totale verontagsaming van die erns van die oortreding sal wees.

Beale het teen sy vonnis geappelleer. Sy regspan het aangevoer dat die landdros nie enige genade betoon het nie en dat die vonnis wat Beale opgelê is, aan wraaksug grens.

Staatsadvokaat Evadne Kortje het egter aangevoer die vonnis is nié disproporsioneel nie, omdat Beale nie net foto’s gehad het nie, maar ook ʼn verskeidenheid video’s wat die verkragting van kinders uitbeeld en hulle geslagsdele wys. Sommige foto’s het gewys hoe kleuters en kinders misbruik word.

Kortje het aangevoer Beale was nie ʼn gewone internetgebruiker wat toevallig op kinderpornografie afgekom het nie, maar dat hy deel was van ʼn netwerk mense wat sulke dade fassinerend vind.

ʼn Volbank regters het egter Beale se vonnis na 10 jaar verminder.

“Die WMACA het enige oorweging van appèl ten sterkste teengestaan. Die Suid-Afrikaanse regstelsel moet wakker skrik. Die howe moet besef hierdie is regte kinders en deur die foto’s en video’s af te laai, word die mark vir die seksuele misbruik van kinders vergroot,” het Joanne Barrett, ʼn woordvoerder van die organisasie, gesê.

“Swaarder strawwe moet opgelê word om as afskrikmiddel te dien en die mark te vernietig. Beale het van die vieslikste kinderpornografie in sy besit gehad en het amper 19 000 stukke materiaal oor twee jaar versamel. Hy het gesê hy weet hy ‘moet sleg voel, maar doen nie’, toe hy oor sy gevoelens jeens die kinders wat vir pornografiese doeleindes misbruik word, gepraat het.”

Die organisasie sê geen genade is betoon aan die jong babas en kinders wat wreed misbruik en vermoor is nie, en ook nie aan die kinders wat die ysingwekkende ervarings oorleef het nie.

Beale was die eerste Suid-Afrikaner wat in hegtenis geneem is as deel van Operasie Cloud 9, ʼn samewerkingsoperasie tussen die polisie in Suid-Afrika en België wat hulle op ʼn internasionale kinderpornografienetwerk toespits.

Die betrokke kinderpornografiekring is veral gefokus op die seksuele mishandeling van babas. Van die foto’s wat in Beale se besit gevind is, wys die marteling en moord van babas wat slegs ʼn paar dae oud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Koos de Meyer. ·

So mens moet uit die samelewing verwyder word geheel en al. Hy is ‘n gevaar vir die samelewing. Pornografie en wat volgende, siek.

Sarel ·

SA Regstelsel en sy. Politieke Leiers het hierdie land se kinders lankal uitverkoop.

Anni ·

Di polisie word altyd sleg gemaak, Maar wat van die howe ???????? Verminder sy vonnis, dis absoluut onaanvaarbaar. Daai arme kinders is opgeneuk vir die res van hulle lewe.

Lizelda ·

Ja nee die verstaan ek ook nie. Ek dog dis geleerde mense, die regters?

Lizelle ·

NEE Regtig!!! Nou het ek al als gehoor. Wonder of di “vol bank regters” dieselfde simpatie met die oortreder gaan hê as een van hulle geliefdes n slagoffer is. Waar is reg en geregtigheid ? Die man is beslis siek! Misdadigers word beskerm want hulle het regte, maar wie beskerm die slagoffers.

Lizelda ·

Sou die regters dieselfde vermindering gegee het as n paar v hul kinders/kleinkinders aan sulke gruweluke dade blootgestel gewees het?

wraggies ·

Sy vonnis moes langer gemaak word, hopelik kan WMACA iets nog doen.

Boerin ·

Net in SA wat so iets gebeur, jy pleeg die mees ondenkbare dade en jy kom feitlik weg ! Net nie iemand in n doodskis laat klim nie,dan kan jy lewenslank kry!!! Tragies…siek, onrehabiliteerbare gemors

toy ·

Dit is ‘n skande dat dit verminder is, hy moes lewenslank gesit het, hy moet nooit ooit weer naby ‘n kind of in aanraking met ‘n rekenaar kom nie. Dit is siek!

marous ·

Wat sal die reaksie wees as dit die regters se kleinkinders was….

Rerig??? ·

Volgens my moet dai man geen regte he nie. As jy so lekker kry oor mishandeling en moord is jy nie n mens nie. Jy is n VARK! Maar gelukkig is die net sy straf op die aarde……… Na die aarde le daar nog n deeglike straf voor.

Andrea ·

Hoop sy mede-gevangenis sorg dat hy nie eens parool haal nie

Chris C ·

Hoe moet mens ooit weer die howe vertrou! Dit is ‘n skande. Hierdie man moet lewenslank weggesluit word. Amper 19 000 klagtes, en hy kry 5 jaar afslag! 15 jr was alreeds te min. Ek weet nie hoe die regters in die nag slaap nie.

Koester jou kinders ·

Hierdie monster is mos onrehabiliteerbaar en die deler is net so skuldig soos die steler. Gebruik daai bewyse om nog gemors uit die samelewing te neem asb. Na die 10 jaar sal ‘n gps tracker inplanting waardeer word dankie, sodat mens hom kan vermy ten alle koste.

PJC ·

Hierdie vonnisvermindering is totaal onvanpas. Ek sal graag wil sien hoe lyk die persone wat hierdie besluit geneem het want iets skort met hulle.

Keelvol ·

Dit is ‘n klap in die gesig van die mensdom! Die man se brein is totaal vrot! En ‘n volbank regters besluit dis nie so erg nie….??

Wilma ·

Sien hoekom ons nie die howe vertrou. Wette in SA is n klug. Oortreders word beskerm
Wonder wat Trump se Regering sal se van hierdie jokes ini howe in SA. SIES

BlinkStephaans ·

Ek dink die dag as ek al my dingetjies moet openbaar sal daar seker van julle wees wat wenkbroue lig… maar so het elkeen van ons maar ons dinge. Dit waaraan hierdie karakter egter meedoen is meer as net dinge… dit is n kortsluiting in die brein êrens verseker…en 10 of selfs 15jaar klink hoegenaamd nie geskik. Ons moet in ag neem dat dit slegs besit van die materiaal is… en dat daar op geen stadium bewyse voorgelê is dat hy dit pleeg. Ek sou net vanharte hoop dat wie ookal hierdie saak ondersoek het wel sal verder gaan en drade optel om te begin soek na die verskonings vir mense wat hierdie goed vervaardig… want net soos met dwelms beteken dit eintlik maar totaal niks om die ou wie dit onder sy matras gehad het hof toe te vat, as jy nie die oorsprong begin naspoor. Of daar egter genoeg wilskrag,kennis, tyd, geld en ondersteuning in ons SAPS is vir dit betwyfel ek. Daar is n skuldigbevinding en dit word as afgesluit beskou…en met ons briljante korrektiewe stelsel is dié karakter oor drie jaar uit want ouens soos hy is gewoonlik n model gevangene. Hierdie gaan julle nie uitroei… nie met sulke verskonings vir n vonnis en geen daadwerklike opvolg ondersoek werk.

luka ·

Liewe hemel. Als wat sleg en gevaarlik is, is okay in hierdie land!!! Als wat goed en eerlik is, is nie okay in hierdie bad land nie. ????

Lizelda ·

Ja nee die verstaan ek ook nie. Ek dog dis geleerde mense, die regters?

bambi ·

verwyder die gemors uit die samelewing! Elke kindermolesteerder se voorkop moet getattoeer word sodat almal kan sien watter skuim hul is!

Anoniem ·

Ek gaan ‘n petisie ter appellering teen hierdie strafvermindering begin…sy vonnis moes inderwaarheid verdubbel het…absolute drek van die samelewing verwyder behoort te word.

Piket ·

Ja, so floreer die kwade sedert Adam en Eva, en Kain en Abel.
Sonder GOD en Sy Wet vermeerder hierdie boosheid by die dag.
Te min weerstand teen die bose, daarom floreer dit.
Die mens wil nie onder GOD se Wet staan nie, pas dit nie toe nie, baklei daarteen dat die spoeg spat, maar MOET dan onder hierdie bose aanslag leef? Hoe verstaan mens dit? En wees verseker, hierdie is nog ‘n baba teen wat kom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.