Woede oor onderwys-segsman se twiets

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys. (Foto: Twitter)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys eis streng optrede teen ʼn woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys nadat hy foto’s van skraps geklede vroue op sosiale media geplaas het.

Elijah Mhlanga het die foto’s geplaas, klaarblyklik om die departement se “Read to Lead”-veldtog te probeer bevorder.

Die veldtog fokus daarop om die leesvermoëns van kinders te verbeter.

“Ons doen ʼn beroep op die departement om ingrypend op te tree teen Mhlanga vir sy ondeurdagte, seksistiese en chauvinistiese aanslag op ʼn edele en belangrike veldtog,” het komiteevoorsitter Bongiwe Mbinqo-Gigaba gesê.

“Die foto’s van halfnaak vroue moet veroordeel word. Mhlanga se aanslag op die “Read to Lead”-veldtog van die basiese onderwysdepartement mis die teikenmark geheel en al en doen meer skade as goed.”

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het haarself en die departement van die omstrede twiets gedistansieer en Mhlanga het sedertdien om verskoning gevra.

“Ek het kennis geneem dat een foto in die besonder moontlik sensitiewe lesers kon ontstel. Dit was nie die bedoeling nie … Aan diegene wat teleurgesteld is en geaffronteer voel daardeur, vra ek om verskoning,” het Mhlanga gesê.

Die ACDP het Mhlanga se pogings om “lees sexy te maak” as “skokkend” bestempel.

Een van Mhlanga se twiets. (Skermgreep: Twitter)

“Ek was geskok om die naak- en eksplisiete foto’s te sien wat [Mhlanga] op Twitter geplaas het, klaarblyklik in ʼn poging om kinders en jong volwassenes aan te moedig om te lees,” het Marie Sukers, ACDP-LP, gesê.

Sukers het gesê die party neem kennis van Mhlanga se verskoning. “Terselfdertyd moet ons vra of dít regtig die mense is wat ons kinders oor seksualiteit moet opvoed.”

“Dit is teenstrydig vir die regering om Vrouemaand te vier en dan ʼn veldtog te hê wat vroue objektiveer. Om dit dan te probeer koppel aan aanmoediging om te lees, wys dat die departement geen behoorlike en morele onderwysplanne vir ons kinders het nie.”

Die drukgroep Equal Education het die twiets “hoogs onvanpas” genoem en gesê Mhlanga behoort dit uit te wis en onvoorwaardelik om verskoning te vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lizelda ·

Na al die gewegte van vroueregte, menseregte en en en word ons vrouens nogsteeds gesien as net n sekssimbool.

Gert van Wierdapark ·

Hy wou seker kommunikeer met die naakte waarheid as oorheersende le(e)s-faktor! He-he-he!

moedertaalonderrig ·

Dit wys dat die amptenare se integriteit en kennis van dit wat hulle moet doenveel te wense oorlaat. Dit moet as ‘n klap in die gesig van sy seniors gesien word. Is daar nie eers meer ‘n protokol by die departement nie, of weet hulle nie wat dit beteken nie? Laat die wat dit toegelaat het, ook afgedank word. SKANDE!!!!!!!!!!!

JohanL ·

Sal net ‘n “ligte raps oor die vingers” kry en moontlik vir een of twee relevante sessies.

As dit ‘n b l a n k e was, het die heersende party ge-eis vir afdanking van die persoon, veral omdat dit in vroue-maand is.

En nee dit gaan nie oor ras nie, maar oor dubbele standaarde. Wel natuurlik weet ons weer die dubbele standaarde is rasgedrewe.

Johan ·

Dit wat saamgeflans is, sal nie die jongmense laat lees nie. Hulle sal net prentjies kyk!

$ ·

Miskien verwar Mhlanga prentjies kyk met lees – hy dink dis een en dieselfde ding.

Dis Nou ·

Ja Hendrik Lesufi, dis hoekom moedertaalonderrig al is wat vir ons werk

Ore ·

Hy het mos “sorry” gese.Lesufi sal nou verklaring uitreik dat hy kan sien dat die man regtig jammer is en dat hy nie vroue in vrouemaand minag nie…….bla ,bla ba

Hanlie ·

Hoekom in die eerste plek half naakte fotos plaas en dan se om lees sexy te maak. Wat het lees en sexy met mekaar uit te waai. Hoekom seksualiteit in laerskool kinders se kele af dwing. Dis hoekom die land in so ‘n krisis is. Van vroeg word die kinders verkeerd geleer. Ouers probeer hul bes en dan kom mense soos hy en leer ons kinders op skool verkeerd. Hy moet summier afgedank word.

Mak Muil ·

Hy “narrative” ook nou soos ou Zuma!

Wonder of hulle ooit weet wat dit beteken?

Uilspieel ·

Dis nou die resultaat van… as die blinde die dowe moet lei

Oud Liberaal ·

Haai mense! Gaan ons nie nou ‘n bietjie oorboord met ons kommentare nie?

Sarel ·

Hierdie man werk vir die Onderwys Departement so dit is wzt hy van ons kinders dink. Wasr is Lesufi?

Dries Moolman ·

Miskien moet staatsamptenare en politici minder op twitter rondle en eerder bietjie ‘n slag inspring en hande vuilmaak op grondvlak? Hy het seker lesse gevat by Lesufi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.