Woede oor plaasmoorde laat ANC, EFF stom

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

ʼn Parlementslid se woede oor plaasaanvalle en -moorde het Dinsdagaand – anders as gewoonlik – die ANC en EFF tydens die begrotingsdebat oor landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming stom gelaat.

“Ek is woedend omdat dieselfde regering wat vroue, kinders en ander kwesbares in die steek laat, ons land se boere in die steek laat,” het die DA-LP Thandeka Mbabama uitgeroep.

Sy het voortgegaan om in besonderhede te verduidelik hoe grusaam twee onlangse plaasmoorde in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap was en het uitgewys dat 12 boere reeds sedert 1 April wreed gemartel en vermoor is.

Sy sê dat pres. Cyril Ramaphosa dit verswyg en dat die ANC-regering verseg om dit tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Dit is die eerste keer dat ʼn swart parlementslid ʼn hele toespraak aan die beskrywing en veroordeling van plaasmoorde wy en dit het kennelik spesifiek ʼn groot uitwerking gehad op ANC-LP’s. Selfs EFF-lede het in stilte geluister eerder as om soos gewoonlik tussenwerpsels te skree.

“Plaasmoorde ken geen ras of kleur nie. Plaasmoorde ken geen geslag nie en is nie tot ʼn ouderdomsgroep beperk nie. Waarom ontken die regering en die president hierdie gegewens?” het ʼn emosionele Mbabama gevra.

“Plaasmoorde se bekamping moet geprioritiseer word; dit moet beklemtoon word. Die nasionale ontwikkelingsplan wys uit dat landbou ʼn groot aandrywer van ekonomiese groei is, maar hoe kan dit gebeur as mense op plase in vrees leef?

“Die boerderygemeenskap moet weet: Ons staan by ons boere. Ons staan by u. Daarom sal die DA alles in die stryd werp om plaasaanvalle tot haatmisdaad te laat verklaar.

“Die DA sal met landbou-unies en die polisie saamwerk om plaaswagte te optimaliseer en sal hofsake bly monitor om te verseker dat dit nie in die krake verdwyn nie. DA-LP’s en DA-stadsraadslede sal spesifiek aangewys word om hierop te fokus.

(Argieffoto: Marcelle Maritz)

“Die DA sal voortstry om meer speurders in landelike gebiede te laat ontplooi en onteiening sonder vergoeding onverbiddelik teen te staan,” het Mbabama afgesluit.

In ʼn ander belangrike verwikkeling het verskeie ANC-LP’s hulle sterk uitgespreek teen grondbesetting, tot ergernis van die EFF. Dit volg op dieselfde dag dat die Wes-Kaapse ANC aangedring het op streng optrede deur die polisie teen grondbesettings in Kaapstad.

Voorts het die minister van landbou, Thoko Didiza, die versekering gegee dat die Landbank die nodige hulp sal kry om weer op sy voete te kom en die landbougemeenskap tot hulp te wees.

Wat grondhervorming betref het sy benadruk dat die klem tans val op die beskikbaar stel van staatsgrond, die afhandeling van sloerende grondeise, beter administrasie, nasorg en die oordra van titelaktes.

Die landboubegroting is sedert Februarie gesny van R16,8 miljard na R14,4 miljard, wat moeilike beleidskeuses deur haar departement noodsaak.

Die begroting van die Landbounavorsingsraad (LNR) word nie geraak nie, maar wel verskeie landelike opheffingsprojekte, waaronder beoogde nuwe besproeiingskemas.

(Argieffoto: Meerfout Films)

Die ANC-LP Mandla Mandela het die verkleinde begroting gesteun, maar dit betreur dat juis grondhervorming en voedselsekerheid onder die inkorting moet ly.

Die DA-LP Annette Steyn het gesê die regering se grondhervormingsbeleid het misluk en is bloot daarop ingestel om boere – veral swart boere – vir ewig van die staat afhanklik te maak.

“Die regering ondermyn boere; dis net vriende van die ANC wat deurgaans voordeel trek,” het sy aan die hand van verskeie praktiese voorbeelde aangevoer.

Steyn het die boerderygemeenskap – boere en plaaswerkers – bedank vir voedselvoorsiening en het gesê die DA sal voortgaan om druk te plaas sodat alkohol- en tabakverkope hervat kan word tot voordeel van produsente.

Sam Matiase, EFF-LP, het gesê Didiza se departement misluk in sy taak. Hy meen, met klaarblyklike verwysing na die EFF se voorkeur vir die nasionalisering van alle landbougrond, dat grondhervorming nie stuksgewys kan plaasvind nie.

Matiase het met verwysing na voorvalle by Babanango in KwaZulu-Natal en Ndabeni in Kaapstad gesê die departement verdeel gemeenskappe en saai onmin.

Namens die VF Plus het Tammy Breedt gesê die landbou, en Suid-Afrika, is in die moeilikheid.

Sy het aangevoer die vermindering van die begroting wys die regering is nie ernstig oor voedselsekerheid nie, soos wat die regering ongeërg staan teenoor die droogte en die landbou in geheel.

Breedt het die landbougemeenskap vir hul rol tot opbou van die land bedank.

Ook die ACDP-LP Wayne Thring het plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding veroordeel en die landboubegroting verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Kanjynoumeer ·

Dit pas die ANC en EFF dat hulle nou stom is oor plaasmoorde. Dit is nou soos die blinde, wat die blinde lei.
Twak! Hulle weet alte goed wat aangaan.

Cherokee ·

Jy verstaan nie die berig nie. Lees maar weer en stadiger die keer.

Jaun ·

Alle ondersteuning vir die veldtog teen plaasmoorde is welkom. Ek wonder egter wat presies sit agter die DA se skielike belangstelling en ondersteuning hiervoor. Is dit nie ‘n politieke spel met die oog op aanstaande jaar se munisipale verkiesings nie? Wetende dat hul verlede jaar baie steun aan die VF+ afgestaan het probeer hul nie dalk nou deur hierdie kwessie op kiesers indruk te maak in ‘n poging om van daardie verlore steun terug te wen nie?

Trotse Boervrou ·

Wat belangrik is is dat dit wat sy gesê het wêreldwyd bydra tot die bewusmaking van die grusame plaasmoorde in SA ongeag of daar ‘n politieke agenda is of nie. Dit was baie dapper van haar en ek glo nie sy is nou baie gewild in die Parlement nie.

Trotse Boervrou ·

Dankie God vir Thandeka Mbabama. Dankie dat daar uiteindelik ‘n swart Parlementslid is wat nie bang is om te praat nie. Dankie dat sy noem dat plaasmoorde geen kleur ken nie. Mag alle moorde, oor kleurgrense heen, nou ernstig opgeneem word deur die SA Regering. Ons land bloei en van ons sogenaamde leiers sit en slaap.

Dankie Thandeka Mbabama. Jy verdien ‘n medalje.

ALL LIVES MATTER mnr die President!

Yolandie ·

Nou toe nou……DA ek het nie geweet julle het die in julle om julle stemme dik te maak nie. Ons boere verskaf ons kos en die regering behoort alles in hulle vermoe te doen om hulle te ondersteun en te beveilig. Well done Thandeka.

Werner ·

Tot net na die verkiesing dan hoor jy nie weer n piep van die DA nie en niks sal nog verander nie . Hierdie is net n stemwerwery .

Scalla ·

En daar kom die waarheid uit deur hul eie mense vir hul eie mense,

Simon ·

Die ANC en EFF is nou helse verward! Hulle breins is te onderontwikkeld om te kan besef Thandeka praat van plaasmoorde en nie die virus-korrupsie nie. Haar woorde maak dus nie vir die spul sin nie so nou is hulle stom en weet nie hoe om te reageer nie.

koos10 ·

Dankie DA en Thandeka Mbabama. Dis wat al die rasistiese wit mense van die land nog al die tyd sê. Laat hierdie ook sommer ‘n les wees vir BLM.
All Lives Matter.

Vlooi ·

Dit wil voorkom asof daar tog deur sekere politici die krisis van boere raakgesien word. Dit bly egter hartseer dat die President van hierdie land nie die erns besef waarin Landbou moet funksioneer nie. As ons kyk na die gruwelike wyse waarop boere, werkers, families gemartel en dan vermoor word wil ek weet, hoe is dit moontlik dat hierdie gebeure ontken word. Dit is duister hoekom daar vanaf inperking verbod geplaas is op plaaspatrollies, hoekom [vreemd] die wreedheid word toegesmeer, as dit nie vir sosiale media was nie sou ons niks hiervan geweet het nie. Ek steun die DA ten volle. Ek wil amper sover gaan om die DA, VF+ en ander partye uit te daag om eerstens nou die President tot verantwoording te roep want dit is ‘n blatante skending van die reg om te lewe, in die tweede plek moet die opposisie druk plaas op die regering om hierdie 73 000 soldate wat sogenaamd moet hulp verleen aan die SAPS om die inperking af te forseer te gebruik om binne die Landbougemeenskap ontplooi te word.

JohanR ·

Die President van die land? Vlooi ek het nie na ‘n stembus toe gegaan nie, en ‘n merkie op ‘n stembrief gesit vir Cyril Ramaphosa, en is seler jy het ook nie. Hy is vir my gekies….’n land van 60 miljoen mense en seker 20 miljoen liesers is ‘n President vir my gekies, en nie deur ek en jy nie! As my keuse tussen Cyril Ramaphosa en ‘n vlakvark was sou ek die vlakvark kies!

NetM ·

Die feit dat die DA nou plaasmoorde eweskielik en uiteindelik ernstig opneem laat my ook stom

Mieke ·

Hulle mag miskien stomgeslaan wees maar gaan steeds niks aan die probleem doen nie.

Kanjynoumeer ·

Coetsee plaasaanval, Reivilo. Beskuldigde se borg aansoek nie toegestaan.

Rose ·

Sy is n dapper vrou, dit is seker. Sy spreek wat elke regsdenkende persoon weet. Hoekom moet ons swaarkry onder van idiotiese politieke denke van die Anc of Eff . Hulle is selfsugtig en beteken niks vir die gewone burger nie. Al wat hulle doen is om belaglike reels en regulasies te maak om hulle stemvolk gelukkig te hou sodat hulself uit die goue krip kan vreet.

Jaco ·

wag maar, die ANC en die EFF gaa n nog reageer en dan gaan hulle se die swart DA parlementslid wat plaasmoorde veroordeel het, is die “tea girl” van die “wit rassistiese base” van die DA.

Pieter Rubeus ·

So lees ek deur die kommentare en wonder of julle regtig besef dat julle nie die saak ondersteun nie maar politieke partye uitmekaar wil trek. Dit gaan oor ons Suid Afrikaanse boere wat vermoor, gemartel en nagekom word in die ergste graad. Elke poging om dit te verander of daar ‘n agenda is of nie, of hul iets regkry of nie, help om die stemme wat nie meer kan praat ‘n gehoorstuk te gee. Ondersteun eerder die wat probeer.

Trotse Boervrou ·

Stem volmondig saam Pieter. Hier is ‘n baie groter prentjie om na te kyk as net politieke agendas. Hierdie is presies waarna ons gesmag het. Net jammer dit was nie ons Staatspresident se toespraak nie.

Sarel ·

D A is bietjie laat maar liewer laat as nooit. My vraag gsan dit hou tot na die vilgende verkiesing of selfs Leiersverkiesing?

Alwyn ·

Ek is baie jammer maar waar kom die skielike bekommernis van die DA vandaan? Het hulle besef hulle verloor stemme omdat hulle grondonteiening goed gepraat het voor 2019 verkiesing?

KB ·

Bogger die slapsiel leuenaars in die parlement. Kos kom nie van Woolworths of Spar nie, dit kom deur harde werk vanaf plase wat boere bedryf. Daardie selfde mense leef in onsekerheid agv ‘n slapgat-regering wat (by monde van Cyril Ramaphosa) lieg vir die VN en die Suid-Afrikaanse volk.
Tyd om te gaan, gee op en gaan. Die ANC is hulpeloos en hopeloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.