Woede oor Tuks se reses-‘plan’

Foto: UP/Facebook

Foto: UP/Facebook

Personeel en studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) is woedend oor die aankondiging dat toetse en klasse in die Oktober-reses gehou sal word weens die voortslepende studentebetogings.

Die UP het in ʼn verklaring gesê akademiese bedrywighede sal Maandag hervat word nadat die Hatfield-kampus Woensdag ontruim en gesluit is weens studentebetogings. “Toetse en klasse wat as gevolg hiervan misgeloop word, sal herskeduleer word om tydens die resesweek, wat op 3 Oktober begin, plaas te vind.”

Volgens die UP berou hy die besluit om die kampus te sluit. “Bestuur is steeds in gesprek met die studente en intussen is dié maatreël nodig om die veiligheid van studente, personeel en eiendom te verseker.”

Talle personeel en studente is woedend dat toetse en klasse in die resesweek gaan plaasvind. ʼn Personeellid het aan Maroela Media gesê die “onskuldige massa moet nou pa staan vir iets wat die minderheid veroorsaak het”. Volgens die personeellid is personeel én studente hoogs ontsteld terwyl die topbestuur net skouers optrek. “Hulle slaan geensins ag op die feit dat duisende vliegkaartjies, praktiese veldwerk en vakansieplanne nou in gedrang is nie.”

ʼn Petisie is intussen begin waarin studente eis dat daar nie toetse geskryf of klasse plaasvind in die resesweek nie. Die petisie is al deur meer as 4 300 studente onderteken.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het gesê al die besonderhede rondom die voorstel word nog bespreek. “Studente met buitengewone omstandighede word versoek om dit met hul onderskeie dosente te bespreek sodat daar ʼn plan gemaak kan word. Dié reëling moet as ʼn remediërende maatreël gesien word om seker te maak studente word nie benadeel omdat die akademiese program vir eers opgeskort is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jean ·

Ernstige tekortkominge by die TUKS bestuur, tyd dat julle teen hulle ook begin kapsie maak, erens is iets verkeerd in die bestuur as die kat aan die stert rondgeswaai word. Hoekom moet die pligsgetroue studente nou hulle vakansie opgee vir ‘n handjievol amokmakers voor wie die Tuks bestuur buig? Swak leierskap.

hoor hoor ·

Jean, dit is die ‘regstellende’ gedeelte wat ook nog moet bykom. Jy is heeltemal reg

Christelle ·

Ek dink dit is goed dat klasse nou in resestyd ingehaal word. Hulle protes langer as wat die reses sou aanhou en dan wil hulle nou kla dat hulle bietjie moet begin werk. Dalk sal die finansiële impakte op hulle sakke hulle bietjie laat voel wat die finansiële impakte op ons sakke gaan hê na vroeër vandeesweek se belaglike aankondiging deur die Minister. Reg so!

Basson ·

Jy het geen idee waarvan jy praat Christelle – die meerderheid pligsgetroues wie getrou aangegaan het met die akademiese program (sover hulle kon) is AL wie hierdeur geraak word. (En hulle familie)

Die betogers stel in elk geval nie belang in akademie, en is bly dat die res saam met hulle gesink word. (Want hulle tel heel moontlik grootliks onder die ~45% wie nie die pyp gaan rook nie. maar het hulle beheer oor UP)

Zelda ·

Christelle, jy praat maklik! My kind is NIE deel van die protesteerders nie, maar ons moet die premie betaal! Hy SOU vir die reses huistoe [Kaapstad] gekom het! Vliegtuigkaartjies was reeds gekoop! Ek buig agteroor om hom op universiteit en in die koshuis te hou en het uitgesien om hom vir ‘n kort rukkie tuis te kon gehad het. Dink voor jy sommer net veroordeel.

Berhalet ·

Basson en Zelda… Dit mag dalk wees dat dit bitter onregverdig teenoor pligsgetroue studente en betalende ouers is… Maar ons pligsgetroue, nie-studerende belastingbetalers moet weer opbou wat hierdie studente afbreek… Verstaan tog maar as mense uit pure frustrasie oordeel fel.

Lynette ·

Christelle, jy het duidelik nie ‘n kind wat by Tuks swot, klasse wil bywoon en toetse wil skryf vir wie jy reeds ‘n vliegtuigkaartjie gekoop het om saam met julle in Umhlanga te kan gaan vakansie hou nie?
Volgens ‘n vorige berig “Tuks gee betogers die oormag” het die UP-bestuur ‘n voorskrif aan die sekuriteitsbeamptes gegee om nie op te tree as geweld uitbreek nie. Nou word onskuldige personeel, studente & talle gesinsvakansies benadeel omdat die UP-bestuur hulle plig versuim om op te tree teen die belhamels.

Oosie ·

MINDER AS 1% VAN DIE TOTALE TUKS STUDENTETAL DIKTEER HOE DIE UNIVERSITEIT MOET FUNKSIONEER. Hoe beLAGlik is dit?? Ek het nie nog woorde nie!!

Sus ·

Hierdie menseregte-ding word nou gruwelik misbruik! Dis ‘n VOORREG om tersiêr te studeer en nie ‘n REG nie. Jy kan by jou pelle kla en kerm omdat jou ryk pa ‘n vliegkaartjie gekoop het wat dalk nou op ‘n leë sitplek gaan uitloop maar ‘n bietjie opoffering vir ‘n kwalifikasie wat vir jou ‘n goeie lewe kan gee, is nie te veel gevra nie!

Erika ·

Ja Sus, bespeur ek ñ tikkie jaloesie omdat kinders afgevlieg word en nie hoef te ry nie. Sy pa het tien teen een gestudeer en klaar gemaak om dit te kan bekostig??
Jy het seker nie ñ probleem daarmee omdat jy dalk nooit in die situasie was nie? Kinders wat hard werk MAG hulle ouers so nou en dan sien, weet jy?? Dit is mense soos jy wat veroorsaak dat die meerderheid Suid-Afrikaners moed verloor en die land verlaat….. ek voel vir jou…

Berhalet ·

Sou jy dieselfde gevoel het as dit jóu pligsgetroue kind en jóu sak was wat daardeur geraak is… Daar is twee kante van ‘n saak en hoewel almal dik vir die betogende studente is, maak dit dit nie reg dat onskuldige partye betrek word en daaronder ly nie.

Studente Ouer ·

Sus ek dink jou kommentaar is heel onvanpas. Jy het sekerlik nie kinders wat studeer en ver van die huis af is nie. Baie van ons kinders op kampus is nie deel van hierdie protes nie en ons sien werklik uit om ons kinders vir ‘n kort rukkie gedurende a vakansie te kan sien. Ons betaal ons gatte af en ons kinders studier baie hard en bring hul kant, so asb gun die wat gewerk het hul vakansie.

Wouter ·

Sus en Christelle julle sit die pot mis. Hoekom moet die studente wat nie aan die stakings ens deelgeneem het nou gestraf word vir die klomp se wangedrag nie. Julle kinders is seker deel van hulle?

MUM ·

Wat gebeur as jou kind “tantrums” gooi in die ou dae , hulle het pak gekry, nie almal was verantwoordelik daarvoor nie, en daar wen hulle weer !!!!! en almal loop met stert tussen die bene weg, nou is almal se lewens geregeer weer.

Sê maar net. ·

So wat nou gebeur in kort. As jy geboue afbrand en jy gaan soos onopgevoede mense aan met geweld. ……… Dan MOET jy kry wat jy wil hê.
Maar as jy soos ‘n opgevoede mens tot vergelyking wil kom deur ‘n pitiesie op te trek…….. Dan sal daaroor besluit word.
Ek sal maar net harder moet werk sodat my kinders in die buiteland kan gaan leer.

Sus ·

Nee Wouter, jys verkeerd. My bloedjie was een van dié wat by TUT meer as een vakansie moes klas draf en selfs tot 11 Desember eksamen geskryf het. Hy is vandag ‘n suksesvolle, verantwoordelike jongman wat geleer het dat die lewe nie altyd regverdig is nie en dat iets wat die moeite werd is, met opoffering kom. Ek praat geen staking van die aard goed nie, maar leer jou kind om ten spyte daarvan, die beter mens te wees.

Poot ·

Sus
Dink bietje voor jy praat. Opofferings gaan nie altyd gepaard met geld nie. Diegene wat geld moes uithaal om huis toe te gaan het dit dalk nie finansieel so breed nie. Daardie vliegkaartjie wat nou verkwis is kon dalk verder help met studies. Jou kind het op TUT studeer. Seker het hy nie huis toe gevlieg nie want y eet elke aand sy bord kos aan jou tafel.

Student ·

Sus ek stem 100% saam jou! Klink meer of die ouers net vakansie wil hou……. wat van die opoffering van die vakansie om hulle toekoms te verbeter!

Joh. 3:16 ·

Sus. Jy raak die grootste waarheid van ons Moderne Afrikaner mentaliteit aan… die rede waarom ons so seer kry en vir nog lank gaan seer kry. Ek het groot geword met die lojale idee: as een ly ly almal saam. Ek het met tyd geleer geld het groter lojaliteit vir Afrikaners.
Hier staan ons midde ‘n verskriklike krisis en ons mense kla oor persoonlike ongerief terwyl hier ‘n offer gevra word. Sus, ek wens ek het jou geken, want by jou soort sal ek veiliger voel as ons liberale selfgesentreerde Humanistiese Afrikaners. Ai tog my volk…

Berhalet ·

Die betogers kan die werk op hulle eie tyd inhaal… Wie is hulle nou eintlik? Maar die universiteite sal eerder almal ontwrig as om hierdie studentjies permanent uit die universiteit te skors, soos dit eintlik hoort!

Peet ·

Al hierdie betogings en wangedrag is te wyte aan die feit dat niemand meer bereid is om aksie teen sulke gedrag (wangedrag) te neem nie. Ek dink dit stem uit die feit dat die land se president self agter die deur staan en daar niks aan gedoen word nie. So syfer die aanvaarding vir als wat verkeerd is, stadig deur tot op die onderste vlak. Die gepeupel regeer en die politikusse is te bang om iets te doen want dan verloor hy sy plek in die ry om van die soustrein af te eet. Ek kan gladnie verstaan wat die funksie van die land se polisie meer is nie, word hulle betaal om te staan en kyk hoe dinge verwoes word of word hulle betaal om wet en orde te handhaaf? Universiteits besture en polisie is te bang om die belhammels van die kampusse te verwyder (dit is seker nie polities korrek nie), maar in die proses word die wat daar is om te studeer en daarvoor betaal verontrief. Hul oplossing, kom ons veroorsaak nie nie rimpels op die water nie, ons sluit eerder die universiteit en hoop dinge raak beter. Ek het slegte nuus vir julle, dinge gaan nie beter raak nie, maar slegter. Die wil van almal in hierdie land om op te tree, ontbreek. Selfs van ons wat daardeur geraak word. Alles gebeur onder die vaandel van ons sogenaamde demokrasie – Kom ons maak amok die ander raas nie.

Polities Korrek ·

My kragtie man! Die reses-reeling is remedierend (leestekens ontbreek)-die bestuur poog om verdienstelike studente tegemoet te kom! Is ‘n vakansie belangriker as hul studies? Die linkses het verwoes wat hulle kon; die regses hel weer na die anderkant toe oor-wat de drommel dink die reses- beswaardes moet gedoen word om hulle te akkommodeer? Wil hulle nou ook begin toi-toi en amok maak soos die barbaarse ontwrigters? Die lewe bestaan uit ‘n reeks kompromiee-kom tog betyds tot besinning en se dankie vir dosente wat bereid is om jul te help-gee toe sodat julle ten minste nie jul ouers se geld mors nie!

Sê maar net ·

PK, die studente wat benadeel word deur die bestuur se kortsigtige besluite is NIE die 0.1% studente wat die universiteit afgebreek en die studies van die ander 99.9% akademies-presterende studente ontwrig nie. Die Bestuur moet bietjie ruggraat kry en hulle voete dwars neersit. Die Bestuur moet BAIE duidelik die belhamels laat weet dat hulle en hulle gedrag NIE welkom is nie.

Dit voel half lekker om PK te kan skryf. Miskien kort jy een.

MUM ·

Is daar nerens in die aanvaargding dukumente en kontrakte wat die studente geteken het in die begin van hul studie jare iets van stakings en wangedrag nie, dat hul nie mag so iets mag doen nie,ek stel voor die kontrakte moet dadelike hersien word, hul het geteken

Student Ouer ·

MM plaas nie al die kommentaar vandag nie. Ek prober weer. Sus jy het seker nie ‘n kind op universiteit nie en dit is hoekom jy sulke belaglike kommentaar kan lewer. Gun ons ouers wat hard betaal en ons kinders wat werklik hard leer ‘n vakansie om tyd saam te kan spandeer. Van ons kinders is ver van ons af en hierdie is al geleenheid wat ons het om hul te kan geniet. Dit is nie al die student se skuld dat universiteite in hierdie groot gemors sit nie.

Sus ·

Dankie Polities korrek! Ekt gedink eks die enigste een is Suid Afrika wat bereid is om ‘n paadjie oop te veg tussen al die obstruksies deur. En dit eindig nie as jy klaar is met tersiêre studies nie………..

Joh. 3:16 ·

Sus ek stem met jou saam. Ek het kommentaar gelewer, maar Mm lyk my nie plaas dit nie. Ek slaan my hande saam vir mense wat in die tyd wat ons land brand nie bereid is om bietjie te offer nie. Rykdom maak mos maar mense selfgesentreerd en gefokus op eie gerief. Moet net nie wag vir ryk mense om in die stryd saam te staan nie…

Anoniem ·

Peet 10/10 vir jou kommentaar oor die Polisie. Toe die betogers amok gemaak het by ons woonstelblok in Pretoria Wes het die Polisie handjies gevou gestaan en niks gedoen nie om die betogers te stop nie. Verdien hulle nog die naam Polisie want hulle Dien en Beskerm beslis nie meer.

Anti regering ·

De la Rey is nie bevoeg om die universiteit te ly nie sy moet gedwing word om te bedank.

Ou Erdvark ·

En waar is die ouers van die studente dat hulle nie as kliënte van die inrigtings en as belastingbetalers die Staatspresident, Minister van Hoëronderwys en die topbestuur van die inrigtings aanspreek dat ALLE studente, universiteitspersoneel en die landsburgers se regte ingevolge die Grondwet beskerm word nie?

Johan ·

Die saak van feesmustfall is ‘n goeie een en in belang van die ontwikkeling van ons land. Dis jammer dat dit op so ‘n radikale en afbrekende manier gedryf word. Die skade aan eiendom kan op geen manier geregvedig word nie. Die ontwrigting van goeie en hardwerkende studente moet betreur word, maar werk in die vakansie (as dit nie ook ontwrig word nie? is ‘n goeie oplossing.
Maar moet tersiere studie gratis vir almal wees? Of moet daar voorwaardes aan gekoppel word? Ek dink nie dis volhoubaar vir almal nie en behoort toeganklik te wees vir slegs die bes presterende studente ongeag hulle ryk of arm is. Die res moet maar vir hul luiheid (of gemiddeldheid) betaal. Dit sou goed wees as studente wat met gemiddelde prestasie, maar wat dit met harde werk verbeter, beloon word met gratis onderrig. Toegang tot gratis studie moet vir meer studente wees was wat tans die geval is, maar dit kan nie vir die slapgatte beskore wees nie.
Nou ja, wat as studente die reg in eie hande neem? Dan verander hul status van studente na kriminele en moet die reg sy gang gaan. En as die universiteite se bestuur dit toelaat met ‘n slapgatbenadering, weier om teen kriminele op te tree, of dit selfs aanmoedig deur verstommend dom maatreels (op misplaaste wyse in die naam demokrasie), dan word hulle meelopers en moet ook soos kriminele behandel word.

Andrea ·

Natuurlik wil alle regdenkende personeel alles doen om toe te sien dat hardwerkende, verantwoordelike studente nie benadeel word nie…maar baie doserende personeel mag net verlof neem wanneer die universiteit amptelik gesluit is, soos gedurende vakansies. Só word belangrike, persoonlike dinge gereël vir die valansietydjies. Dit sluit in n kind se mangeloperasie, verstandtande wat chirurgies verwyder moet word, of iets dergliks. Dit is dus nie regverdig teenoor personeel of student wst sy/haar deel doen, dat die universiteit verwag om nou summier alle persoonlike reëlings te kanselleer nie!

Theresa ·

Bog met reses gebruik vir enige iets behalwe rus en blaaskans. Slegs die ongeveer 200 disrespekvolle persone kan hul werk inhaal wanneer nodig, indien hul wel belangstel. Hul verdien geen toegewing of respek van enige mens nie. Hul gedrag moet as misdaad geklas word en GEEN toegewings moet geskep word wat hul akkommodeer met hierdie absurd gedrag nie. Laat die normale, klasbywonende, studerende persone wat uitsien na ‘n ruskansie, dit geniet na behore. Behoort dus in toekoms in ‘n dokument te staan wanneer mens onderteken en begin betaal: Vakansietye is wat dit sê. Laat almal op ‘n veilige plek hul eksamen gaan aflê. Los die belhamels en kom ‘n bietjie op vir dié wat benadeel word!!

Anoniem ·

Die eerstejaar ingenieurstudente hou in elk geval nie vakansie in Oktober nie. Hulle doen die vak Werkswinkelpraktyk in die Oktober reses. Hoe gaan dit vir hulle werk? Werkswinkelpraktyk bedags, lesings inhaal snags? Ek besef al hoe meer hierdie besluit is nie mooi deurgedink nie.

Janie ·

Studente wat klip gooi en brand stig moes in die eerste plek nooit eens toegelaat gewees het by ‘n beskaafde instellings soos TUKS nie! Maar nou ja, om polities korrek te wees kos ‘n groot prys…

Dup du Plessis ·

…..en by watter kampus (nie universiteit nie) verloop alles nes verlede jaar seepglad ?…….en steeds is dit moeilik vir mense om te verstaan hoekom ouers PUK afrikaans wil hou en sy kultuur wil beskerm….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.