Woede oor volgehoue verbod op sigaretverkope

(Foto: pixabay)

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (FITA SA) sê hy win ʼn regsmening in nadat die regering aangekondig het dat die verbod op die verkoop van sigarette ook op vlak 4 van die afsonderingstydperk volgehou gaan word.

Die organisasie het onderneem om later meer besonderhede oor enige moontlike regs- of ander optrede bekend te maak.

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Woensdagaand in ʼn verrassende wending aangekondig die verbod op die verkoop van tabakprodukte gaan tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk steeds geld. Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa verlede week gesê het die handel in sigarette sal tydens vlak 4-afsondering toegelaat word.

Dlamini-Zuma het gesê nadat aanvanklik voorgestel is dat die verbod op sigaretverkope opgehef word, het die regering sowat 2 000 voorleggings in die kommentaartydperk gekry waarin hy gevra is om nié die verbod op te hef nie.

Die regering voer aan rook verhoog mense se kanse om Covid-19 op te doen.

Intussen het amper 350 000 mense teen Donderdagoggend egter ʼn petisie onderteken om die voortgesette verbod op die verkoop van sigarette tydens die afsonderingstydperk te laat omkeer.

Die petisie voer aan die opheffing van die verbod gaan werksgeleenthede red, meer geld in die staatskoffers laat beland, die ekonomie stimuleer en die sielkundige uitwerking van die afsonderingstydperk op sekere Suid-Afrikaners minder maak.

“Moet ons asseblief nie in misdadigers verander nie, meneer die president,” lui die petisie.

Op sosiale media het talle mense ook hul misnoeë met die besluit te kenne gegee. Talle van die bepalings – ook die verbod op sigarette – is as “belaglik” bestempel.

“Die regering maak misdadigers van ons wat tot dusver alles reg gedoen het. As die president dit toelaat, gaan hy enorme steun verloor. Onwettige tabakhandelaars gaan wen,” het een sosialemediagebruiker gesê.

Die regskenner Dario Milo het op Twitter geskryf indien ʼn hersiening in die hof oor die besluit gedoen word, kan die regering se skielike ommeswaai daaroor vrae laat ontstaan. “Wat was die inligting waarop die president se kommentaar berus het en hoe is dit moontlik dat dié inligting binne ʼn paar dae verander het?”

Die organisasie TAX Justice SA (TJSA) het die besluit om die verbod vol te hou as “lewensbedreigende ekonomiese sabotasie” bestempel.

TJSA-stigter Yusuf Abramjee het gesê die nasionale bevelsraad se u-draai oor die besluit wat pres. Cyril Ramaphosa al verlede week geneem het, is teenstrydig met alle bewyse.

“Die ondeurdagte verbod op sigarette verarm die land, verryk misdadigers en vernietig die publiek se geloof in die afsonderingsproses.

“Die regering gooi elke dag R35 miljoen belasting weg op ʼn tydstip dat mense sterf van die honger. Intussen steek misdadigers dié geld in hulle sakke deur Suid-Afrika se 11 miljoen rokers na die swart mark te lok,” het Abramjee gesê.

Terwyl die verbod op die verkoop van tabakprodukte voortduur, floreer die onwettige bedryf. (Argieffoto: SA Polisie)

Hy sê onwettige sigarette oorstroom die mark teen opgejaagde pryse. Die staat verdien geen belasting uit die verkoop van dié sigarette nie en dit veroorsaak al hoe meer beweging onder mense wat nou desperaat op soek is na sigarette – juis dít wat met die afsonderingsregulasies bekamp moet word.

“Die regering weet die onwettige ekonomie floreer. Vroeër vandeesweek het ʼn verslag deur die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) bevind een uit vier inwoners van informele nedersettings kan sigarette koop.

“Die RGN het voorgestel dat dringende stappe gedoen word om die probleem met onwettige handel te stuit. Die minister se aankondiging is teenstrydig met dié aanbeveling; hulle weier belangrike inkomste en laat misdaad toe om te floreer,” het Abramjee gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Josef ·

Ek wonder wie almal baat by die verkoop van sigarette op die swartmark? Het dit ‘n invloed op die minister se besluit?

Pieter ·

Mevrou Zuma het welbekende konneksies met sigaret smokkelaars. Baie foto’s op sosiale media van haar saam die trawante

Johann ·

Ongelooflik? Dat n nismark verbruikers hulle onwettige opsies om n verslawing na te jaag, as dreigement gebruik om die regering te dwing om wettige verkope af te dwing? Net in die RSA.

Andre ·

Johann, berei jouself voor om baie meer belasting te betaal….

Oomniklaassevriend ·

11 miljoen mense in die RSA is alles behalwe ‘n nismark. Die rokers sal baie bly wees dat jy nou medeverantwoordelik gaan wees om die daaglikse verlies van R35 miljoen staatsinkomste vanuit jou persoonlike belasting aan te vul. Of miskien het jy simpatie met die onwettige handelaars. Dit is ook net in die RSA waar hulle toegelaat word om so te floreer. En voordat jy vra – ek is ‘n nie roker.

Die Wolf ·

Ek dink nie jy het gedink voor jy kommentaar gelewer het nie.. Ek stel voor jy moet maar weer gaan besin wat dit die land kos en wat die onwettige handelaars vir die staatskas weerhou. Dit gaan weer die landsburgers se probleem word.

Fedup ·

Who is the president of this infortunate country? If and when they are done playing their little childush power games, the whole truth and nothing but the truth about what we are to do and think about all of this 2 second changes each day, will be refreshing for a change.

Ansie ·

Die mense kry in elk geval sigarette in die hande, waarskynlik teen ‘n astronomiese prys wat tot verdere armoede ly wat tot verdere plundering gaan ly. Ek rook nie self nie, maar dink regtig die verbod op tabakverwante goedere kan maar opgehef word. Dit sal ten minste die ekonomie ‘n hupstoot gee.

Pierre ·

Om te dink dat een intelligente vrou nou sulke wyshede kan kwyt raak.

Eiervrug ·

Korrek Pierre. En sy het tien teen een hierdie idee na ure gekry sodat sy kan oortyd claim. Lekker man…..

Wilna ·

Eish sy is al vêr verby aftree ouderdom dus hoekom sy sulke dom goed kwyt rk. Mnr President skrik wakker asb Dlamini-Zuma soek jou titel

Louis ·

Soos ons nog altyd het Irma. Met die geld waarvoor ons werk.

Eiervrug ·

Geagte Minister, ons woon in SA. Daar is baaaaie ander goed wat ons hier gaan doodmaak voordat sigarette dit doen. Use it, dont use it….
Vriendelike Groete
Roker.

Vanessa ·

Ek stem 100% saam jou Groen Haas. Dis presies hoe ek ook voel!!!!!

'n Simpelman ·

So kan ek aanneem dat dwelm, pirate videos, prostitusie nou ook volgens “julle” wettig gemaak moet word aangesien dit op swartmark beskikbaar is.
Ja ek weet sonder Afsondering is dit wettig om sigarette te koop, maar ‘n president geskep nou kan mos later ook geld.
‘n Gemeenskap wat 1 reël oortreding as goed beskou is besig om in ‘n gemeenskap van chaos te verander.

Eiervrug ·

Ek is nie seker waarvan jy praat nie Simpelman, maar ‘n swartmark prostituut klink vir my bietjie grillerig…

Jan ·

Dit last mens dink van die staats amptenare het n hand in die paai vir die verkoop van onwetige sigarette

capie ·

Dit is nie ‘n geheim dat die smokkelaar malema se belasting en boetes van meer as miljoen betaal het nie en ‘n vriend van betrokke minister ook is

Archie ·

Ek is NIE ‘n roker nie maar dis duidelik dat hierdie regering hulle bes probeer om elke burger se lewenswyse vir hom of haar voor te skryf. Baie bekommer oor ons gesondheid maar die riool wat in die riviere en strate loop? Ons mag oefen maar van 06.00 tot 09.00? Waarom nie tot 18.00? Duidelik die invloed van die kommunisme of is dit die nuwe wêreld orde?

Louwrens ·

Ons moet vastrap en die regering warm plek toe stuur. Wat gaan hulle doen as die hele land besluit de hel met hulle as regering.

Marisa W ·

“And who are its enemies? It always appears that they are not only those who attack it openly and consciously, but those who ‘objectively’ endanger it by spreading mistaken doctrines. In other words, defending democracy involves destroying all independence of thought.”
― George Orwell, Animal Farm

Roebs ·

My moeder is 75 jaar oud sy rook al omtrent ha lewe lank, hoe verduidelik jy vir haar dat sy moet ophou rook want daar is geen sigarette meer te koop nie. Ek verstaan nie hoe se jy in woorde “ja” nie en dan ander “nee” wat gaan aan.

Boortor ·

Eerder vlak in die dak as vlak 4. Ek sal rook en as jy nie daarvan hou gaan dan weg. Ek rook nie naby jou nie! Bha!!

Jaco ·

Daars ‘n gerug, ek weet nie hoe waar dit is nie, dat Dr Dlamini-Zuma glo direkte bande het met organisasies wat sigarette onwettig verkoop. Dalk kan Maroela dié bewerings verder ondersoek

Alida ·

Het ook die berig gelees. NDZ en die hoof van die onwettige sigarette is groot maatjies!

Genis ·

Plaas hulle vir drank en sigarette kwotas instel.. beperkte ure, en beperkte kwotas…so iets… Ek het gerook, en het in 2002 opgehou, ek is so dankbaar vir dit…

Christo ·

Maar is dit nie die einste minister wat verlede jaar by onwettige sigarethandel geimpliseer was nie? Vra maar net.

Boortor ·

Dit gaan nie net daaroor nie. Dit gaan oor inperking van vryheid sonder n konkrete rede,soos baie ander onnodige goed wat nou kastig onwettig is.

Nie Verbaas ·

En so word die onwettige handel nog meer aangemoedig. Mooi man. Die beeld wat aan publiek oorgedra word wys onbevoegdheid uit.

Jessey ·

Wel ek het ‘n voorstel vir haar. Ek dink ons moet eet en alle Potte ook verban, want ons mense “skyf”, “Zol” almal saam uit een pot as daar ge eet word met hande, so ek kan nou nie die verskil sien nie.

I alle geval, hoe minder sigarette daar beskikbaar is, hoe meer gaan mense “skyf”

Wat ‘n bespotting van die samelewing, om op so ‘n belaglike manier mense se lewens te beheer.

En ja, nou maak hulle van eerlike Landsburgers Kriminele. Whoop Whoop

MrMagic ·

Nie gedink dit is moontlik om die regering se standpunt te verander met net 2000 voorleggings nie. Hier kom lekker groot moeilikheid vir die staat. Hulle beter vinnig ‘n reëling in plek kry dat die verkose amptenare self moet betaal vir hul regsonkostes.

MrMagic ·

Dankie Renata. Nou hoef ek nie vir Twaalboor sy fortuin te vertel nie, sou dit nie so mooi kon gestel het nie.

MrMagic ·

Ai Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma. Na jou mannewales gaan daar sekerlik binnekort ‘n petisie ogetrek word wat jou afdanking eis. Is net jammer dit is eintlik jare te laat.

IQMaps ·

Die chaos in die regering kos die land se inwoners en nie die regering self nie. Daar is geen verlies aan inkomste vir die regering nie, iewers gaan die somme klop net soos daar geld gevind is vir die dokters van Kuba, so sal daar weer geld gevind word vir versorging van inwoners wat geen bydra maak tot die staatskoffers. Ons betaal vir elke staatsamptenaar se salaris of ons vir die party stem of nie. Sou daar ‘n verbod op suiker gewees het of vetterig kos in die tyd sou vlak 4 heeltemal anders daarna uitgesien het. Die minister van finansies het ook bevestig dat tabak produkte beskikbaar sal wees wanneer vlak 4 begin

marius ·

Solank sy en haar meesters vet salarisse met al die voordele van die belastingbetaler ontvang , sal hulle maak nes hulle wil . As mense nie daarvan hou nie kondig hulle wetgewing af en gebruik die veiligheidsmagte om hul ondeurdagte besluite met geweld af te dwing . Dis die waarheid.

penny ·

Ons mag nie sigarette koop nie.. ek nog die heeltyd die reëls gevolg!! Bly bd huis en was 3 keer uit gedurende die hele tydperk. Twee keer supermark toe vd nodigste en eenkeer om my seun se asma medikasie te gaan haal. Maar die skole moet oop!!!Die risiko vir hom is veel meer as ek wat rustig rook ( weg van hom en ander af) Mense by my man se werk volg glad nie reëls nie en dra nie maskers of hou hulle afstand nie. Ons wat probeer om almal veilig te hou in ons gesinne word gestraf want ons kani by een of ander spaza shop ‘loose’ gaan koop nie. Almal se moed was gelig toe ons president aankondig dat ons weer kan sigarette koop, op eerlike wyse. En nou spring almal oor sy kop.. wie swaai die septer??

Willem ·

Daai vrou het nog nooit op my indruk gemaak nie. Wonder in watter taal sy haar eksamen geskryf het. Dink ook daar is n slang in die gras. Hulle stel Cyril in n slegte lig maar hy kan hul seker wegjaag of moet hy Lesufi vra

Nell ·

As ek so na die inperkingmaatreëls luister wat elke dan en wan verander voel dit vir my ons is besig om teen twee virusse te veg – teen die Corona virus en teen onnoselheid en onbevoegdheid.

Sê Ook Maar Net ·

Ek rook self nie. Maar daar het 2000 suurknolle gekla oor die rokers en daarom luister die ministers. Ek wonder hoeveel rokers was ten gunste van die opheffing? Tel hulle stemme nie?

Die Wolf ·

Ek dink die syfers het hulle dalk verwar. Die kleintjie is ja en die grote is nee.

katerinadiekat ·

Ja wag maar tot iets wat jy ook graag wil koop, verban word.

Jessey ·

Maar dis nie gevaarlike vir “informal recyclers” om in asblikke te grou nie

JohanR ·

In Engels word gese “look close to home” for the truth. Is vinniger as Usain Bolt Nkosazana Dlamini-Zuma, en Duduzane Zuma besig om in die middernag ure rond te sluip en smous met onwettige sigarette? Ramaphosa het ja gese vir sigarette verkoop in Fase 4, en skielik se die energiser bunny nee…hoe nou? Ek rook nie maar die ding ruk nou hand uit soos die ANC aangaan. As jy ‘n roker is kan jy twee maande of meer sonder sigarette moet klaarkom net omdat die ANC soe se. Begin om op te staan en julle te verset mense!

Die Wolf ·

Ek is ook nie n roker nie maar ek gun my medemens hulle plesiertjie. Klink vir my dat jy net na jouself omsien. Baie jammer.

Abel ·

Ek is nie ‘n roker nie maar maar ek kan nie verstaan hoe die regering wat reeds finansiëel ‘n probleem het hierdie groot bron van inkomste kan sluit nie. Nou womder ‘n mens of sekere belangrikes nie dalk voordeel trek uit die onwettige verkope nie.

Johan ·

Abel hulle gee nie om nie die land is klaar verpand aan China want geen persoon wat iets lief het sal so optree nie.

Louis ·

So die regering ignoreer honderde duisende voorleggings dat grondonteiening sonder vergoeding ‘n slegte idee is, maar luister na 2000 mense wat nie van rokers hou nie?

Pieter ·

For the government of thieves: “Small things amuses small minds” Haha

Willem ·

Klein zuma het aandele in Amalgamated tabaco wat nou goed verkoop op die swart mark .sè maar net

Arno ·

As die verkoop van sigarette verbied word, moet produkte wat suiker bevat dan ook verbied word? Albei produkte is ongesond, so hoe onderskei die regering wat is gesond en ongesond vir die publiek?

San 7 ·

Nou gaan die mense skelm raak om sigarette te bekom. Ek was n roker maar ek voel vir die rokers nou want as jy jare rook kan jy nie net so ophou nie.

Stanley ·

Ai maar ons is darem ‘n verslaafde nasie.
Ons Skepper is seker trots op ons ander gode!

Cherokee ·

Rokers, miskien moet julle pynappelblare besuurdeeg, dit uitdroog en toets. As ons bier kan maak daarmee, kan julle dit dalk ook gebruik.

Alta ·

Ek het nie geweet sy het meer mag en sê krag as Pres Ramaphosa. Sy deel seker lekker van swart mark verkope. ‘n Land wat so tesê bankrot is, om al die belasting so te laat verlore gaan. By begroting tyd is ons die mense wat altyd swaarder gestraf word met hoër belastings. Maar nou word daar nie na ons behoeftes omgesien nie. As ek net weet waar is die swart mark sal ek hulle ook ‘join’

Objektief ·

Sigarette verhoog jou kanse om die virus op te doen maar so ook VIGS. Ek wonder of hulle daardie deel ook gaan verbied want as ek die videos kyk het dit defnitief nie gestop nie

Adrian ·

Ek is nie ‘n roker nie, maar ek weet van 5 mense in my familie wat sigarette koop op die “swartmark”. Hiule sê dat die “ban” nie ‘n probleem is nie, hulle betaal R10 ‘n pakkie meer.
Wíé “score” en wie verloor???

Jerry ·

Daars n swart mark vir als, as jy dit nie wetlik kan bekom nie is daar baie nie wetlike maniere om drank en tabak te koop.

Oujongvrou ·

Ons het net vanmiddag berig ontvang van 2 bipoler jongmense wat selfmoord gepleeg het oor die sigarette. Een het gese hy raak van sy kop af, en sou nog probeer uithou het tot more, maar toe kondig hulle mos af dit is van die baan af. Ek glo daars baie waarvan ons nie hoor nie

katerinadiekat ·

I hope these young people’s parents sue Dlamini-Zuma into vagrancy. This is directly her fault!!!

Sharnelle ·

Ek begin nou al meer en meer te wonder hoeveel presidente het ons nou eintlik want almal wat lyk my in die parlement werk en besluite neem wat mag en nie mag nie het n eiertjie te lê. Lyk my as Ramaphosa op iets besluit het, dan word hy voorgeskryf en stem dan saam. Hy kan nie sy voet neersit op sy besluite wat hy maak nie, hy word voorgeskryf. Sy parlement bestaan nie uit die mense se poste waarin hul aangestel is nie, hulle is almal die president.

Cyril, hou by jou besluit en hou op om voorgeskryf te word. Jy kan nie een oomblik sigarette vrystel en die volgende oomblik besluit jy anders omdat Misies Dlamini – Zuma anders besluit nie. Wees asb n president vir SA en staan op jou regte as om voorgeskryf te word.

Simon ·

Die regering se redes vir die verbod op die verkoop van sigarette (uitgesluit zol draai) is belaglik. Dieselfde redes kan vir die gebruik van selfone aangevoer word. Waarom dan ook nie ‘n verbod op die gebruik van selfone nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.