Woede oor voorgestelde wysigings aan Wet op Private Sekuriteitsbedryf

Minister Bheki Cele (Foto: Phando Jikelo, ANA)

Die organisasie Gun Owners South Africa (Gosa) sê indien nodig sal hy voorgestelde wysigings aan die Wet op die Regulering van die Private Veiligheidsbedryf (die sogenaamde Psira-wet) tot in die hof beveg.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het pas ʼn rits voorgestelde wysigings aan dié wet in die Staatskoerant afgekondig.

Dit sluit onder meer in dat “semi-outomatiese wapens” voortaan slégs gebruik mag word deur veiligheidsbeamptes wat geldwaens beskerm.

Dié soort wapens sal ingevolge die voorgestelde wysigings klaarblyklik nie meer gebruik mag word in die stryd teen byvoorbeeld stropers, óf selfs vir persoonsbeveiligingsdienste nie.

Paul Oxley, voorsitter van Gosa, sê sou dieselfde wetgewing byvoorbeeld ook op polisielede betrekking hê, sal hulle nie meer hulle standaard uitgereikte vuurwapens mag gebruik nie.

“Ek weet nie wie adviseer die minister nie. Dit [die wysigings] is kras en ongrondwetlik,” het Oxley gesê.

Hy sê die meeste wapens wat private veiligheidsbeamptes gebruik, word as semi-outomaties beskou. Die wysigings kan dus ʼn enorme impak op die bedryf hê.

Sou die veranderinge goedgekeur word, kan sulke wapens net gebruik word vir die beskerming van kontant wat vervoer word. “Al daardie bates is verseker. Is dit dan meer belangrik as mense se lewens?” sê Oxley.

Oxley sê die vrees bestaan nou dat private vuurwapeneienaars binnekort ook in die minister se visier kan kom wat dié regulasies betref.

Van die voorstelle wat afgekondig is hou verband met die uniforms wat private veiligheidsbeamptes mag dra. Ingevolge die voorgestelde wysigings mag dit nie lyk soos, of wat verwar kan word, met enige uniform van onder meer die polisiediens, weermag of korrektiewe dienste nie. Dit sluit enige blou of kamoefleerdrag in.

Oxley sê dié voorstel herinner aan apartheidswetgewing uit die tagtigerjare. Gosa sê die voorgestelde wysigings gaan ook enorme administrasie verg.

“Die polisie se administrasie van die vuurwapenregister is reeds totaal chaoties en dit vererger by die dag,” sê Oxley.

Belanghebbendes het tot 30 Junie om op die voorstelle kommentaar te lewer. “Ons gaan baie sterk vertoë hieroor rig. As dit nodig is, sal Gosa hom tot die hof wend,” sê Oxley.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie oor die kwessie gerig en die polisie het alle navrae na die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) verwys. Maroela Media sal navrae in dié verband aan Psira rig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Neville ·

DIS REGSO DAN MOET AL DIE VIP STAASAMPTENARE HUL BLOU LIGTE INHANDIG EN SOMMER OOK ASSEBLIEF VAN HUL VEILIGHEIDSPERSONEEL ONTSLAE RAAK

Jan ·

Dink nie die lys v kwalifikasies sal baie ruimte op n bladsy beslaan nie, maar as die mense net n slag iets uitdink wat n bydrae maak tot n veiliger samelewing, soos om ons grense n slag te beveilig, of sommer net beter opleiding gee vir sapd lede, leer hulle n slag die basiese goed wat n polisie lid moet weet, soos hoe om n verklaring reg af te skryf ens, los die goed wat niemand pla nie, behalwe mense wat hulself en ander probeer beskerm, in elk geval sou daar baie minder sekuriteitsmaarskappye gewees het, as ons n funksionele mag gehad het

Cherokee ·

Net soos jy sê, Frank. ‘n Pistool is ook semi-outomaties. Dit sou sou beteken alle pistole moet verruil word vir rewolwers, as dit so ver sou gaan.

Andreas ·

Jan, praat jy. Ek is so tydjie gelede oor ‘n snelstrik. Op die provinsiale pad was die snelheid vir so ‘n paar kilometer afgebring na 60, dis stil die oggend daar in die platteland voor ‘n vulstasie en ander geboue verby, toe kom ek met die spoed af tot so 80 ….. en daar stop hulle my. Nou stap ek na die oorkant van die pad waar hulle IN kampstoele sit en die “kaartjie” uitskryf, so ‘n lang vel papier. Al wat hulle op die papier reggekry het was my ID, my adres en van als was krom en skeef ek self kon my net aan my ID identifiseer. Nou vra ek my af, hoe nou? En as daar oorlog uitbreek?

Cherokee ·

Nou vra ek (nie vir die eerste keer) myself af Andreas, met ingebore rebelsheid, of dit die spoed-kaartjie met selfs een rand verminder het omdat jý na hulle gestap het, en nie andersom nie.
Dit is nie ongeskik nie maar bloot etiket; as hy jou stop, sit in jou kar en wag dat hy na jou toe stap (of waggel).

Koos de Meyer. ·

Hoekom maak hy nie liewer ‘n plan met al die onwettige wapens op die Kaapse vlaktes nie.

Enna Burger ·

Daar is ander belangrike wat die man hom oor kan bekommer en ondersoek as om vir die onwettiges met wapens nou die reg te gee en ons wat wettig is se wapens moet in ‘n kluis toegesluit bly. Met wat het Dawid vir Goliat by gekom, so ons kan mos planne maak of hoe ??. Hoekom moet ons lewens en en regeer word deur ander, so kan dit nie aan gaan nie. 1 Minister gee vandag bietjie hoop en die volgende 1 neuk alles op. Groete A E

piet piet ·

Maak n plan om al die onwettige wapens in die land te vernietig ,nou pla hy weer waar dit nie nodig is nie tipies polisie mentaliteit

Bernard Hellberg ·

Die regering is paranoïs van aard.. Hulle sien elke gewapende individu as ‘n potensiële staatsgreep.

Johann ·

Laat ons nie dom wees nie. Cowboy Hat maak bloot voorsiening vir die ontwapening van die naiewe wetsgehoorsame SAners sodat wanneer anargie agv die ANC en sy gabbas die land tref met onteiening, en grond grype en onbeheersde anti blank geweld…ons geen verweer het nie.

Joe ·

Nee net skaak, hulle kan probeer ons wapens vat, maar dit wat ek klaar het, gaan hy nie kry nie

Saint ·

You don’the to a gunfight with a knife i. e. you WILL be defenseless against criminals who WILL have semi-automatic weapon.

judie ·

Gaan hierdie wet ook geld vir al die amptenare se veiligheidswagte ook? As ons onsself nie mag beskerm teen gewapende terroriste nie, dan mag die amptenare ook nie met wapens beveilig word nie en ook nie gekamoefleerde, blou, weermag of gevangeniesdrag dra nie, tensy hulle in diens van die polisie of weermag is en hul identifikasies elke oomblik by hulle het.

Thomas ·

Hy moet krap op verkeerde plekke om belangrik te voel, of om te bewys hy is in beheer. Sien dit by my werk ook. Ek lag dit af.

Ben Wolmarans ·

As hy dink ek sal my aan die wet steur droom hy van kapopeiers wat pik.

Christien vd Westhuizen ·

Hy raak nou stapelgek hy weet niks van veiligheid die arme drommel ons sal dit beveg hand en tand ????????????

Pietman ·

As dinge so aangaan sal boere hulleself later net met ketties mag verdedig – tot die agbare minister dit ook verbied.

Karolis ·

Dit blyk uit die samehang dat die minister die krimineel beskerm.

Adam ·

Ek wil ook iets voorstel. Dit sal dalk goed wees as politici se sekuriteit slegs waterpistole mag gebruik..

Vra net ·

Andreas, was hulle in volle uniform? Pet/hoed op die kop? Kry ñ geleerde om na daai kaartjie te kyk voor jy dit betaal. Sê maar net

Henk ·

Soos in Zimbabwe wil hulle die man op straat ontwapen sodat hulle kriminele organisasies jou kan teiken

Donderstorm ·

Hul weet die privaat sekuriteit bedryf is groter as die polisie mag en weermag vat hul wapens weg dan het hul volmag omte doen wat hul wil dit is wat diktatorskape doen en wat die koministe gedoen het in die verlede dan het jy n polisie staat en wat hul se is wet doen nie wat hul se ne eindig mens op soos daai mense van die red square in ou ussr wat afgemaai was na dit dan sal die ontwapening van die wets gehoorsame burger begin mense moet nie dit toelaat nie.

Phumba ·

Die ontwapening van die burgery word nou versnel, Ramboposa raak haastig om sy belofte gestand te doen.

What then are we to make of this paragraph in Dr Oriani-Ambrosini’s intriguing memoirs?

“In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.”

Jan ·

Hoe verstaan mens dit. Die mcguyver is nie eers goed genoeg om polisie kommisaris te wees nie, en dan word hy aangestel as minister van polisie…. of wag, ek het sopas my eie vraag beantwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.