Woede oor voorstel dat staat kerke reguleer

Die NG kerk Tamboerskloof. Foto ter illustrasie: Morné van Rooyen

ʼn Organisasie wat hom vir godsdiensvryheid beywer, sê kerkleiers het met skok en woede gereageer op ʼn parlementêre portefeuljekomitee se voorstel dat die regering wetgewing rakende die regulering van kerke strenger maak en kerke sluit, indien nodig.

Michael Swain, Freedom of Religion South Africa (FOR SA) se uitvoerende direkteur, beskryf die voorstel as “ʼn blatante oproep vir die staat om godsdiens te reguleer” weens vermeende “misbruik en misdadige bedrywighede” in die godsdienssektor, waar leiers “hulself nie kan reguleer nie”.

Die parlement se portefeuljekomitee oor vroue in die presidensie het die afgelope week die voorstel gemaak om wetgewing in te stel om kerke vas te vat wat buite die wet optree.

Die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe (KGT-regtekommissie) het die komitee op die hoogte gebring van die kommersialisering van godsdiens en die misbruik en uitbuiting van mense se geloofstelsels.

Hoewel onderlinge oorsigmeganismes voordele inhou, sal dit nie in dié geval werk nie omdat die kerk met die beginsel van vergifnis werk.

Die portefeuljekomitee het gesê regulasies en onderlinge oorsigmeganismes soos deur die KGT-regtekommissie voorgestel, sal nie in die huidige stelsel werk nie. Die komitee is van mening godsdiensleiers sal hulself nie kan reguleer nie.

“Hoewel onderlinge oorsigmeganismes voordele inhou, sal dit nie in dié geval werk nie omdat die kerk met die beginsel van vergifnis werk. ʼn Veel strenger stelsel moet bedink word,” het die komitee gesê.

Die komitee het ʼn beroep op die regering gedoen om wetgewing strenger te maak en kerke te sluit wanneer dit nodig blyk te wees. Lede van die komitee het gemeen kerkleiers het nie waar nodig standpunt ingeneem teen vergrype in kerke nie, onder meer teen seksuele misbruik.

Hulle vra die regering moet ʼn Godsdienswet oorweeg, registrasie van kerke by ʼn raad binne ʼn wetlike raamwerk instel en voorsiening vir ʼn klagteprosedure maak.

ʼn Beroep is op munisipaliteite gedoen om ordonnansies streng toe te pas en te verhoed dat kerke hul sake bedryf in gebiede wat nie vir dié doel opsygesit is nie. Komiteelede het gesê munisipale wetgewing kan onmiddellik ingespan word om kerke toe te maak.

Die komitee wil ook hê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet toesien dat kerke alle nodige belastings betaal.

Thoko Mkhwanazi-Xaluva, voorsitter van die KGT-regtekommissie, het gesê hulle onderhandel met die SAID om te kyk of dit moontlik is om ʼn eenheid te stig wat spesifiek met kerke sal werk.

Die godsdiensgemeenskap het die reg om te weet of dit die toekoms is wat ons onder ʼn ANC-regering kan verwag.

Swain sê dis “kommerwekkend en heeltemal onvanpas” dat die portefeuljekomitee ná net een vergadering met die voorsitter van die KGT-regtekommissie ʼn oproep sal doen vir staatsregulering van godsdiens.

“Dit maak ʼn bespotting van die demokrasie en is ʼn belediging vir die godsdiensleiers wat tot dusver aan die demokratiese proses met die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede deelgeneem het.”

Hy meen die vrouekomitee se uitlatings is “duidelik vyandig jeens die godsdienssektor”. “As dit deurgevoer word, sal dit die grondwetlike godsdiensvryheid van Suid-Afrikaners vernietig. Die godsdiensgemeenskap het die reg om te weet of dit die toekoms is wat ons onder ʼn ANC-regering kan verwag.”

Swain sê die komitee se uitlatings is selfs meer kommerwekkend in die lig van onlangse verwikkelinge in Angola, waar die regering wetgewing aanvaar het ingevolge waarvan net predikante met ʼn graad in teologie as godsdienspraktisyns erken sal word. Kerke met minder as 100 000 lede sal ook gedwing word om te sluit. Dieselfde het vroeër vanjaar in Rwanda gebeur, wat tot die sluiting van 6 000 kerke gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Ig ·

Een van die min kere wat ek saam met die regering stem, dit sal verhoed dat elke 2 de nar sy eie kerk begin want deesdae is dit groot besigheid en hulle floreer op die liggelowiges sowel as die hoopvolles.

Spook ·

Stem Lg en hulle moet sommer belasting en eiendomsbelasting ook betaal.

Arak ·

Ons word klaar gesê wat ons mag sê en wat ons mag dink, nou wil die regering vir ons vertel wat ons mag glo ook.

Andre ·

Die formele kerkstrukture is reeds gestig om beheer oor wat mense glo te kry. Nêrens in die Woord is daar ‘n vereiste vir formele opleiding of kwalifikasie om te mag bedien nie.

Ons het juis meer “informele” gementes nodig en nie meer beheer nie.

Voorgestelde beheer is net nog ‘n stap nader aan totale oorname deur die staat en ons moet dit absoluut teenstaan.

PastorJakes ·

Wys maar net weereens dat ons land oppad is na ‘n totale kommunistiese land waar self Godsdiens Vryheid aan bande gele sal word. Regeer eers jou land, provinsies en dorpe ordentelik dan praat ons weer. Hulle(munisipaliteite) laat dan nou “boskerke” tente toe op enige plek. Hoe sal hulle dan nog Kerke op ‘n gereguleerde manier kan beheer.

Nattuurlik is hul woedend ·

Natuurlik sal hulle kwaad wees want dit is mega groot geld wat ter sprake is. Mense betaal baie en gee baie want hulle glo enige iets. Dus as dit gereguleer word sal mense in die industrie miljoene rande verloor.

Verval ·

Nou is SA besig om gou in ‘n kommunistiese regering te verval. Klink ook vir my of die regering wil geld maak uit kerke uit, want hulle praat hier van belasting (ek weet nie of kerke op die oomblik belasting betaal nie?). Ek wonder ook maar net of die Moslemgeloof onder hierdie voorgestelde wetgewing gaan inval.

Streepsuiker ·

Goeie idee… Dit is hoog tyd dat die kerke en hulle aktiwiteite gereguleer word… Te veel kinders en “gullible” mense word mishandel en uitgebuit deur kerk leiers.

Ig ·

Jean, ongelukkig gebeur dit oor alle grense heen, het al n paar wit narre ook dop gehou, kyk maar hoe hulle subtiel jou geld uit jou sak trek deur op jou skuldgevoelens te speel. Persoonlik dink ek dat hulle eers n Akteurs Kurses doen en dan n kerk begin.

Gert Potgieter ·

Hoop hulle sluit al die kerke wat hierdie liberale teologie verkondig!

Lollie ·

Al die kerke kan nie onder een kam geskeer word nie. (Klink vir my eerder na tweede Rusland!!!!!)
Elke mens se geloof is sy eie besluit. Die staat kan nie vir jou sê jou geloof is verkeerd nie. (Beslis nie hulle nie want hulle open niks eers met ń gebed nie so watse geloof het hulle?!)
Kerke wat fondse het dmv tiendes wat die lede gee kan skatryk wees en het niks met enigeen te doen nie. Lede gee daardie tiende van sy inkomste waarop hy klaar belasting betaal het!
Net weer ń nuwe foefie wat uitgedink is deur die regering om nog geld te pocket!
Wonder wat is volgende? Ons gaan werk maar niks verdien nie. Die staat sal vir elke gesin elke dag ń brood gee met ń 5L water! Dis seker ons voorland want dan pocket hulle alles! Dis eintlik wat hulle wil hê want deesdae is hulle al wat in die land van melk en heuning lewe!

HPV ·

Waar was die kerke die afgelope 24 waar die grootste menseregte skendings en dubbel standaarde letterlik daagliks plaasvind en toegepas word?! Bestaan daar nog kerke, lees ook gemeentes, wat die moed het om die regering op gereelde grondslag tot verantwoording te roep, nie net so paar skuus ek lewe geluidjies nie…

ester ·

die regering laat lankal die duiwel toe om onder hulle te brul dus hoekom die land is soos hy is,maar as hulle in die moeilikheid is will hulle he dat kerke vir hule moet bid.Die regering is nie inbeheer van die kerke nie en sal nooit nie,want die kerke behoort aan God to die valse profete se kerke.Dus hoekom die woord van die Here se lees jou bybel ,skryf
die woorder op jou hart sodat jy kan onderskei tussen opregte kerke en valse kerke.die regering het toegelaat dat al hierdie valse kerke opstaan en nou is daar nie keerkans nie,want daar is teveel seksuele sake en bedrog wat aangaan in die valse kerke.Maar ek kan vir julle een ding se die regering kan maak wat hulle wil,maar daar gaan n dag kom wanner hulle n bybel soek om die duiwel te antwoord maar daar gaan nie een wees nie.

Twakkie ·

Gewonder wanneer die ANC hulle vingers in veral die “wit” kerke se omvattende bates sal steek. Daar gaan ‘n massa regulasies en ombudsmanne kom wat niks reguleer nie, net geld invorder. En sommer ryk kerke se bates onteien ook. Maklik.

Emma ·

Sal afrikaanse kerke wees soos die afrikaanse skole, wil alles beheer maar kan nie eers die land se sake doen nie. Belaglik

wielie ·

Nou ja ……………wat kan n mens se SA is in sy maai. Alles word tot bankkrotskap regeer :(
What next …. wat wil die regering nog vat??? wat gaan hulle nog verwoes??

dr. Sakkie van der Merwe ·

Daar is seker kerke en kerke. Die wat Doom spuit en die wat die Evangelie van Jesus Christus verkondig. Gaan ons terug na die dae toe die Roomse Kerk almal wou muilband? Maar nouja, dalk sal die koring van die kaf geskei word. As jy beveel word soos ‘n Daniel van ouds om die koning (sien voorvadergeeste) te aanbid – waar gaan jy dan staan.?

legens ·

As jy nou werklike woede wil sien , belas die kerke behoorlik .

Johann ·

En die bose loop skaamteloos los om ons…..oop en bloot aanslag teen gelowiges. Behalwr natuurlik hulke eie boosheids sangomas etc.

martin ·

Ek sien dit anders en moet daar dieper na gekyk word. Regulasie van kerke is regulasie van godsdiens. Nie hier of daar n kerk nie, ALLE kerke. Kyk wat het onlangs in china gebeur, kerke word GESLUIT. Hoekom? Kommunisme en ENIGE godsdiens vereenselwig nie. VERAL nie die leringe van Jesus Christus nie.

Ben ·

Miskien is dit ‘n goeie ding? As ek kyk na die absolute morale verval van die land, Hoe baie kerke daar is en hoe min gedoen word. Jare terug het ons ongeveer +200 kerke van verskillende denominasies genader en gevra dat hulle asb deel wees van ‘n kinder projek hier in die Wes Kaap. Nie een kerk was eers bereid om met ons te praat nie of saam te werk nie. Almal het hulle eie agendas gehad. M.A.W hulle is verdeeld. Hulle het dus geen waarde. Gedurende Apartheid was Tutu en sy kerk baie uitgesproke maar met Jacob Zuma en Zupta korrupsie het die kerk stil gebly. M.A.W hulle keur korrupsie goed. Nee, miskien moet die Kerk eers die balk uit sy eie oog kry. Veronderstel ons neem die Kerke uit die gemeenskappe – Geen Gods diens. Wat sal die verskil wees? Niks nie want hulle doen niks nie. Hier en daar is daar miskien ‘n kerk waar daar waarde toegevoeg word. Die kinders is die grootste groep. Watter kerke bied ‘n kinder kerk aan?

Artus ·

Vryheid om volgens jou eie gewete te aanbid gaan weer ingeperk word soos in die tyd van die ‘donker eeue’. Verstaan hoe naby ons aan die wederkoms van Christus is, lees meer hier: http://www.eindtydgebeure.com. Vrede!

Adam ·

Die grootste snert wat ek nog ooit gehoor het. Kerke soos dit is, asook hulle ampsdraers is reeds onderworpe aan die reg, beide statuter en die gemene reg, net soos elke ander landsburger en organisasie/instansie/entiteit.

Edd ·

Nou wat? Is die kerklede en leiers bo die wet? As iemand die wet oor tree is dit die staat se plig om teen hul op te tree! Daars niks wat hul keer om persoon te arresteer net omdat hy in ‘n spesifieke kerk is. Die selfde geld vir politiese organisasies en alle verenigings. Om mense se geloof aan te vat is dieselfde soos om hul taal te reguleer. Vele leiers en politiese organisasies het dit al in die verlede probeer, die klem lê op probeer. Mense sal baie vat maar daar is ‘n lyn wat baie naby aan oorskry is.

Willem Pretorius ·

As ek so luister sien ek mense wat erg kwaad is .Kwaad vir die kerk of kwaad vir God,wie sal weet.Al wat ek kan se is dat daar ‘n wanindruk is wat in kerke aangaan.Ek self is in die bediening en werk dat dit klap. (Preke,huisbesoek,kinderbediening,tuin onderhou,bak en brou, bou en breek,geestelike versorging ens.) Sonder dat ons die mega geld kry waarvan sommige praat,als net om die deure oop te hou sodat diegene wat die behoefte het nogsteeds die Evangelie kan hoor.Kerke word alreeds gereguleer deur te voldoen aan die PBO wetgewing wat deur SARS ingetel is.Die nuwe wetewing is maar als tekens van ‘n humansitiese era…..maar dis ook dalk ‘n goeie ding,geskiedenis leer ons hoe kerke floreer as hul onder verdrukkin is.For me and my house ,we will serve the Lord!!!! JESUS CHRISTUS IS DIE ENIGSTE WEG DIE WAARHEID EN DIE LEWE,EN NIEMAND GAAN NA DIE VADER BEHALWE DEUR HOM NIE……..HALLELUJA!!!

Dries ·

Daar is ‘n ander manier om ‘kerke’ te stuit wat mense uitbyt en valse leer verkondig en dis nie wets regulering nie. Verkondig net die suiwer waarheid van die Woord en dan sal mense se oe oopgaan en van so ‘n instelling af wegbly. daar is voldoende wetgewing om kerke of geestelikkes wat onwetig optree te stuit. Godsdiensvryheid is ononderhandelbaar, regulering oor watter kerke magbestaan en wat hulle moet verkondig kan nie geduld word nie. indie die regering ons sou dwing om teen die beginsels van die Bybel in te gaan, dan moet ons hulle doodeenvoudig net ongehoorsaam wees. Gehoorsaamheid aan GOD kom eerste

Dries ·

Wat ‘n klug is, is mense wat dink geloof is ‘n klug, Mense wat dink daar is nie ‘n GOD nie. Hulle gaan wreed ontnugter word.

Dolla ·

En wat van did ZCC kerke waar honderde heen stroom. Die ou van die kerk by Polokwane is skatryk en kyk in watse haglike omstandighede word dar kerk gehou en almal moet betaal. Gaan hulle sy kerk ook sluit en laat hy belasting betaal. Die regering is net dom onnosel.

Francois ·

Terwyl ek al die kommentaar deurlees kom daar ‘n gevoel van hartseer in my binneste op, veral jeens mense wat so gemaklik saam met die voorstel stem om kerke te reguleer of andersins te sluit. Ek neem aan dit is mense wat nie aan ‘n kerk behoort en/of nie gereeld kerk toe gaan nie.
Net die volgende punte: Donasies aan kerke gedurende kollekte en maandelikse tiendes is afkomstig uit reeds velaste geld. So dit sou dubbel of driemaal belasting wees Indië die kerke verplig sou word om belasting te betaal.
Mense wat reken dat daar niks of geen hulp aan die gemeenskap gegee word nie is of blind, of wil dit net nie raaksien nie.
Veral in die tyd waarin ons lewe bied die kerke ‘n toevlug op geestelike, morele en fisiese vlak waar mense met hul problem na God kan draai en terselfdertyd ondersteun word deur die ander gemeentelede.
Voordat enigeen so gretig is om kerke te laat sluit gaan doen eers navorsing oor lande waar daar nie godsdiensvryheid is en die geweldige vergrype van die spesifieke regerings…selfs nog meer as die huidige SA. Kyk maar gerus na die afgelope klompie jare toe die Taliban aan beheer was in Afghanistan. Mans is doodgemaak omdat hulle geskeer het, meisies is gedwing om te sluier en nie toegelaat om enigsins skoolopleiding te ontvang nie.
Ek bid werklik dat die Heilige Gees elkeen se oë sal oopmaak. Vrede vir julle.

Reint Grobler ·

Ons kerke sal gebruik kan word vir enige openbare geleentheid soos politieke vergadering ens. Ek sal my verset

Smuts van Rooyen ·

The country has laws. Hold the individuals who sexually abuse, steal from others, etc accountable under the law. And when an institution turns a blind eye to damage done to specific members by those who work for it, then sue the institution. Legal recourse is available. There is no need to close the church.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.