Woedende Brett Herron bedank uit DA

Brett Herron, Kaapstad se nou gewese  burgemeesterskomiteelid vir vervoer. Foto: Facebook

Kaapstad se beleërde burgemeesterskomiteelid vir vervoer het uit sy amp asook uit die DA bedank.

Brett Herron se bedanking volg twee dae nadat Dirk Smit, die stadsraad se speaker, amptelike klagte by Kaapstad se sentrale polisiekantoor aanhangig gemaak het teen Herron en Patricia de Lill, wat Woensdag as Kaapstad se burgemeester bedank het.

Die klagte volg op ʼn raadsbesluit gegrond op die regsfirma Bowmans se verslag oor beweerde hoëvlak-korrupsie in die bestuur van die Moederstad.

Herron het ʼn striemende aanval op die DA geloods toe hy sy besluit om te bedank aan die media in Soutrivier bekendgemaak het en die party as “ʼn hopelose saak” beskryf het.

Natasha Mazzone, adjunkvoorsitter van die DA se federale raad, het vroeër gesê die klagte teen De Lille is aanhangig gemaak omdat sy na bewering amptenare beskerm het wat betrokke was by tenderbedrog en onregmatige uitbetalings. Herron word aangekla ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.

De Lille het Woensdag, toe sy haar bedanking aangekondig het, gesê nog raadslede sal waarskynlik in haar voetspore volg en ook bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Irma ·

Verstaan ek reg. Politici is eintlik daar om vir hulself ‘n lewe met goeie voordele en inkomste te verseker EN NIE soos hulle sê om die kiesers se lewe te verbeter nie. As laasgenoemde waar was is dit waarskynlik ‘n beter oplossing om dit van binne die party te doen. As daar niks weg te steek is en of verkeerd gedoen is nie hoekom weghardloop. Wonder maar net

Kobus ·

Die DA het die einde van sy pad bereik. Dit hou groot implikasies vir die Wes-Kaap in. Gelukkig kom die Kaapse Party / Cape Party nou mooi op dreef. Ek glo dat die ontnugterde DA ondersteuners die Kaapse Party sal ondersteun in hul strewe om die Wes-Kaap onafhanklik te verklaar van die res van Suid-Afrika. Kyk gerus na die Kaapse Party se beleid op FaceBook of op hul webbladsy.

Swannie ·

So bedank almal met die hoop om die gevolge van hul dade vry te spring.

Santie ·

Ja ek dink die DA gaan geskok wees met die verkiesingsuitslae in 2019. Ek stem vir die VFF+ en ek dink baie ander kiesers ook. Ja, hul gaan nie wen nie, maar hulle kan ‘n paar ekstra setels kry, en ‘n goeie koalisieparty vorm. As mens jou eie politieke party nie kan bestuur nie, hoe wil jy ‘n land regeer?

Lou ·

DA is mos maar die ANC “lite” so dit is vir my nou glad nie snaaks dat die wiele afval nie.
Miskien moet hulle maar so bietjie na binne kyk en na hulle eie nasionale leier kyk as hulle wonder wat die oorsaak van al die probleempies is.

Cherokee ·

Waarom beskou julle hul as ANC-lite? Bedink ‘n stelling eer jy dit ook napraat. Die DA is lankal nie meer lite nie maar hulle is ANC-heavy vanuit ‘n ander hoek. Die DA het net so groot inspraak in die bankrotskap van ESKOM as die ANC vanweë hul regstellende aksie. Hulle ondersteun vanuit ‘n effens ander hoek grondhervorming. Dmv regstellende aksie is Suid Afrika op sy knieë gebring. En dan beskou julle hulle as lite.

Pierre ·

Ek was eerlik van mening dat die DA dit kon regkry om ‘n behoorlike opposisie te vorm en hierdie land op vaste rigting te kry.
Die DA slaag daarin om hul eie party tot die grond af te breek, die fokus was eerder om mekaar te beveg as om die ANC/EFF te beveg.
Die interne gevegte dui op ‘n groep mags behepte persone wat interne konflik aangewakker het om ontslae te raak van diegene wat dalk net in hulle pad sal staan om in leierskap opgeneem te word
Hartseer om te se dat ek nie enige respek oor het vir die DA Leier en sy trawante nie. Alles gaan oor ‘n egosentriese benadering. Nie een van hierdie persone kon of het daarin geslaag om standpunt in te neem teen die ANC/EFF nie. De Lille en Zille het nooit geskroom nie.
FEIT: Die DA het sopas sy eie ondergang bewerkstellig, dit tot voordeel van die ANC en EFF. Maak julle gereed om te sien hoe julle pas die land eiehandig oorhandig het aan die ANC.
Julle het ook my stem verloor, mag ek nooit weer myself so in die voet skiet nie, gelukkig hoef ek nie weer vir ure by die stembus deur te bring om vir die DA te werk nie
Sterkte met die ondergaan
Moet se dat die leier nooit eenmaal opgestaan het om hierdie struwelinge in huis te hanteer nie, alles was aan die groot klok gehang en is uitgebuit deur die ANC en EFF

Neels ·

So lank dit goed gaan en die die sitplek op die gravy trein is gerieflik dan het hulle nie n probleem met die party waar by hulle is nie. Die oomblik as daar vinger gewys word is dit die slegste party om in te dien . Netdie ANC kaders doen dit nie want hulle word net her ontplooi. Hy moet maar by AnC gaan aansluit daar sal hy tenminste sy sitplek op die trein behou.

Anel ·

Totsiens DA, julle was `n fantasties party maar met die aankoms van Mmusi M het alles plat geval. Mens kon dit ongelukkig maar net verwag het, die DA gaan wegsmelt as maar net nog `n klein party.

Ek glo die VFF+ sal hulle volgende jaar verbysteek.

Albert ·

Trojaanse perd…geplant en gevoed deur die ANC. DA se euforiese, hoop-vir-beter-dae kiesers is weer uitoorlê.

Nouja ·

Slaapstad en die Wes Kaap gaan volgende jaar ‘n groot verrassing kry.

Boxer ·

Ja en so maak dit die deur net nog meer oop vir die EFF om die DA se plek in die regering te vat.

christa ·

nog die VF plus bly oor. Hoop hulle kry baie steun sodat hulle die volk kan lei

Jan ·

Tyd gewird vd Afrikaner se oe om oop te gaan en oohou om partye soos DA Cope en ACDP te steun Ons moet one eie steun en ons eue stem sterk maak.

Msp ·

Jip, hulle veg nou so ondermekaar dat hulle vergeet het wat ooral aangaan soos die höe vlak van moord, roof en krimenele bedrywighede. Dis hartseer want dit gaan beteken dat die eff met lof die stoel van opisisie gaan oorneem. Ek is baie teleurgestel,

Tokkolos ·

Ja DA so jy het jou eie gat gegrou
Gehoop iemand anders val daarin
En nou is jul amper 6voet onder

Huh ·

Sê dit weer, verstaan ek reg? – die DA spreek korrupsie aan en nou wil kiesers nie meer vir hulle stem nie. Wonder of die kiesers wil voorstel hoe om korrupsie te hanteer en sal hulle ooit fluitjie blaas oor korupsie? Seker nie.

bollie ·

Jy moet verstaan dat hierdie verregses steeds suur is omdat die DA so baie Afrikaner stemme kry en die VF+++++ nie hondhaaraf kan maak nie. Ek woon in die kaap, dienste is goed en korrupsie word met wortel en tak uitgeroei. Ek stem DA.

Cherokee ·

Tipiese DA-kieser. As dit lyk of korrupsie effens minder word en die munisipaliteit doen vullisverwydering gereeld, dan is hulle goed genoeg om die land te regeer, nevermaaind hul konstitusie.

jannie ·

Hol terwyl jy kan boeta…….ons soek nie korrupsie in die DA nie….

jannie ·

Vir wie kan n mens nou stem…..die DA raak net so pateties…..wat is afriforum se party??

Gert ·

Korrupsie moet met wortel en tak uitgeroei word. Ek verstaan glad dat mense so klein geestig is om te se die DA is blaamloos. DA het sekerlik sy probleme maar hulle doen darem iets daaraan en dis verkeerd om hulle te veroordeel omdat hulle die regte ding doen. IS DAAR N POLITIEKE PARTY SONDER N PROBLEEM? Mense wat nou wil weghardloop verstaaan duielik nie waaroor gaan die geveg nie. Sterkte DA en wis uit die wat die DA se naam wil skaad.

Cherokee ·

Met jou stem ek heeltemal saam, Gert. Die DA is beslis nie blaamloos nie.

CT Botha ·

Nou hoe het julle lot DA’s gedink? Dis ‘n party wat geskep is om die Afrikaner te verdeel en verdeel te hou. Zille is ‘n Boerehater van dat sy doeke gedra het. Almal wou tog net van “aparthate” ontslae raak en opposisie vorm vir die Anc en blykblaar was dit n gruwel om vir jou eie mense te stem, want die party was dan kwansuis te klein om iets te vermag. So het hulle die volksaak bitter skade berokken! Nou wonder ek vir wie gaan die ou lot Sappe en liberaliste nou stem!

Msp ·

Sien kommentaar word weer nie geplaas nie maar hoop maar die een word geplaas. COPE en VF+ moet daaraan dink om saam te werk. Ek gaan verseker agv al die belaglike gevegte in DA nie vir hulle stem nie moor vir COPE of VF +. Altwee veg hard vir Suid Afrikaners wat dinge wil sien “reg” gebeur.

Cherokee ·

Msp, jy sê moor vir COPE en VF+. Nou vir wie gaan jy dan stem? Dink weer!

Alida ·

Laat hulle bedank. 2 swaeltjies maak nie n somer nie. Die waarheid sal uitkom.

Albert ·

DA is lankal geKaap deur ANC gesindes. Heerlike, gesellige party vir stiksieniges. Steeds wil die volk nie leer nie. Hier kom groot ontnugtering, nes met die destydse NP.

Challa ·

Dankie vir jou bedanking Brett. Lyk my dinge raak nou warm vir julle na die veslag. Jy en jou kamerade se bedankings maak ons trots. Nie soos ander partye wat maar aan ploeter, lieg, wegsteek en mekaar beskerm in belang van eenheid nie. Kry Nuwe huis. Meer bedankings asseblief. Maak skoon DA. Ons wag.

Joe ·

Die VF+ se ondersteuners wys duidelik hoe rassisties die party eintlik is. Daar is nie plek vir rassisme in die DA of in die Kaap nie.

petro ·

Die ironie van al die DA foute is dat daar nou geen behoorlike sterk opposisie meer vir die ANC is nie. Vir wie gaan ons nou stem?

nico k ·

Dis tragies dat die DA en VF so baklei. Op die ou end stem beide teen die ANC. (En nie een van die twee het ‘n hoop om ‘n verkiesing te wen nie.)

Cherokee ·

nico, die verskille tussen VF+ en DA is absoluut uiteenlopend. Dit verhoed egter steeds nie koalisering nie. Jy moet onthou dat die DA ‘n swart politieke party is wat Afrikaans minag en regstellende aksie voorstaan ten spyte van die skade wat dit reeds die land aangedoen het.

Cherokee ·

nico, die VF+ en DA is bsoluut uiteenlopend en kan nie om dieselfde vuur sit nie.
VF+ is ‘n blanke politieke party terwyl die DA ‘n swart politieke party is wat die Afrikaanse taal minag en regstellende aksie ondersteun en bevorder ten spyte van die skades wat dit reeds aan die Suid Afrikaanse ekonomie gedoen het.
Niks verhoed egter koalisering nie, maar terwyl dit ‘n verenigde front teen die ANC kan teweeg bring, is die verskille steeds enorm groot.

Helena ·

Die enigste party wat God volg is die ACDP. As alle kinders van die Here vir hulle stem gaan die party regtig ‘n verskil maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.