Woedende inwoners van Protea Glen in Soweto het Maandag paaie met brandende buitebande en ander voorwerpe versper uit protes oor wat hulle meen onnodige gesloer is om huise wat deur ʼn storm beskadig is te herstel.
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het weke gelede Protea Glen besoek om die stormskade te besigtig en het onderneem ʼn ondersoek sal gedoen word na die kwaliteit van die bouwerk van die huise.
Twee mense het in Desember in dié storm gesterf wat ook Bramfischerville, Snake Park, Lefureng, Fleurhof, Lenasia, Lawley en Kagiso getref het.
Maandag is die oggend se vroeë verkeer langs die N12-Suid en die R559 na Johannesburg ontwrig toe betogers ʼn optog na Bedfordview aan die Oos-Rand gehou het waar hulle ʼn memorandum aan Cosmopolitan en Kiron-eiendomme, die maatskappye wat die huise gebou het, oorhandig het.
Luyanda Mfeka, Mashaba se woordvoerder, het Maandag gesê: “Die omvang van die skade word steeds geassesseer en sodra alles afgehandel is, sal ʼn verklaring uitgereik word.”
Die metropolisie het gesê geen skade of beserings is tydens die betoging aangemeld nie. Niemand is ook in hegtenis geneem nie.
Hierdie betogings word gefinansier deur die ANC.
Ons huis het ook storm skade opgedoen. Wie gaan my bystaan…Ek en ek alleen. Ek wil ook graag klippe gooi. Dink ek gooi sommer my eie vensters uit en dan gee ek Mangaung metro munisipaliteit die skuld.
Hoekom brand stig en klippe gooi in stakens. Waarom kan hulle nie ook vreedsaam toy toy nie sonder geweld.
Het die mense nie versekering nie? Enige huiseienaar weet tog versekering is ń gegewe. Dis om jou bates in ń mate te beskerm.
NS: ek is NIE in die versekeringsbedryf nie.
Die hel is behoorlik los en niemand dien iets daar aan nie. Die publiek moet net draaie ry om die betogers en dis dit. Waar gaan dit eindig???