Woedende inwoners betoog toe Eskom krag afsny

Foto: Verskaf aan ANA deur Eskom.

Woedende inwoners van Soweto het Donderdagoggend paaie in Protea Glen versper tydens ʼn betoging teen kragonderbrekings by verbruikers wie se rekeninge by Eskom nie vereffen is nie.

Die R559 Mainweg (Randfonteinweg) was sedert 04:00 versper met reuseklippe, brandende buitebande en sementversperrings. Daar het Woensdagaand ʼn selfoonboodskap die ronde gedoen wat inwoners van Protea Glen se wyke 16 tot 35 versoek om vroeg vanoggend bymekaar te kom en te betoog teen die feit dat Eskom die krag in dié wyke afgeskakel het.

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, het egter tydens ʼn telefoniese onderhoud met African News Agency gesê kliënte sal voortgaan om kragonderbrekings te ervaar as hulle nie hul rekeninge vereffen nie. Phasiwe het ook gesê hulle moet op ʼn individuele basis met Eskom onderhandel.

Hy het gesê inwoners skop vas teen die installering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters.

“Soweto alleen skuld Eskom meer as R12 miljard. Die proses om krag af te sny is nie iets nuuts nie. Ons het individuele kontrakte met individuele kliënte in Soweto,” het Phasiwe gesê.

Volgens hom is daar tans 17 000 inwoners van Soweto wat nie elektrisiteit het nie.

“Ongelukkig kan ons nie soos by ander munisipaliteite ʼn situasie hê waar ons ʼn massavergadering met Soweto-inwoners hou om oor voorwaardes te onderhandel nie. Net soos DStv-kliënte kan jy nie die gemeenskap se ondersteuning versoek as DStv jou konneksie afskakel omdat jy nie betaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

RJS ·

SIES ESKOM! Dit klink vir my soos rassisme! Die ‘mense’ is previously disadvantaged en nou doen julle dit. SIES!

Oom Jaco ·

En hoe versoek jy nou die gemeenskap se ondersteuning deur klippe in die pad te pak sodat noodvoertuie nie lewens kan red nie???

Niksnuuts ·

Ek sien die week een van ons werknemers se water en ligte rekening wat al R739 625-00 uitstaande is vir maande en geen betalings word gedoen nie maar hy het nog krag elke dag.Ek is R10 verskuldig dan sny hulle my krag

Potlood ·

verander jou naam op die rekening hahaha.
Toemaar ek sien ons outjies her betaal maar net R500.00 +- vir alles (krag, water ens)… seker ook hulle name wat hulle sulke cheap rates gee. Of dit of hulle gebruik boggerol in ‘n maand, nie eers die toilette hahahaha.

Gogga ·

lmga . .EN ons betoog maar nie as ons krag wat BETAAL word afgesny word omdat Eskom te USELESS is om krag te verskaf of ‘n gebeurlikheidsplan in plek te stel wanneer ‘n substasie uitbrand nie .. MENS kan nie aanhou krag verskaf aan munisipaliteite en die publiek WAT NIE BETAAL NIE >> erens moet iemand begin luister. SOWETO DIT IS TYD OM TE BETAAL —- ALLES IN DIE LEWE IS NIE VERNIET NIE .. soos bv plase ..

Penellope Jones ·

As ek nie my krag, telefoon, enigiets betaal nie, word ek afgesny.
Dis hoe dit werk.
Jy betaal dit wat jy wil he.
Krag, kos, water val Nie uit die lug nie.

Ray ·

Skuus Penellope, maar ek moes hardop lag. Water val wel uit die lug uit.

Maar ja die grootste problem hier is geen betalingt en die wat wel betaal, betaal vir die wat nie betaal nie, en as daar nie genoeg is nie, word dit net opgesit en dieselfde groep bly die ander dra.

Ek is moeg gedra en wil sien dat almal vooruit gaan/ boer/ bou/ aag ek weet nie meer met al die Politiek nie. Ek dink nie enigiemand weet meer wat die Politikuste wil he nie.

Emma ·

Eskom wil nie verhogings gee nie, want hulle kan dit nie bekostig nie. Hoekom nie? Omdat almal gratis krag wil hê. Almal vergeet die werknemers op grondvlak kry net gemiddelde salarisse en is ook broodwinners wat gesinne het wat versorg moet word. Hulle doen die fisiese werk en moet nou ly omdat ander nie hulle krag wil betaal nie en korrupte topbestuur hulle uitverkoop het. Die salarisse wat so die nuus vol lê is bestuursposte, nie gewone werkers se inkomste nie.

GM ·

En nou gaan die res van die mensdom, wat wel vir hul krag betaal, weer saamgestraf word as paaie versper word en substasies ‘mysteriously’ vlamvat. Hoekom wil mense nou vir krag betaal en vir dienslewering? Moet net nie dat een van daardie siele die werk moes doen, en nie betaal word nie!

Katerina ·

Elektrisiteit kos geld. Punt. Take it or leave it. I swear i have never seen a nation of such arrogant people with such a psychotic, pathological sense of entitlement..

Lappies ·

Hier kom die volgende protes aksie – #FreeAlles

Jy kan seker nie verwag om ‘n diens te kry as jy nie betaal nie!
Is dit regtig so moeilik om te verstaan of het jy Graad 1 nodig?

wollie ·

om te verwag die meerderheid moet betaal, gaan die mense verdeel.

Ander Annie ·

R12 miljard. Nou wil hulle protester. Goeie liewe tyd. Hoekom sny Eskom nou eers die krag af? Hulle moet vir my baie strategies verduidelik hoe hulle R12 miljard gaan insamel. Jy gebruik krag, maar jy betaal nie, OF jy konnekteer krag onwettig en iemand anders moet betaal. Jy doen verkeerd en dan protesteer jy. Ongelooflik in die hoogste vorm.

David ·

Ek veronderstel as die heersende party jou stem nodig het, kan jy maar R¾m agterstallig wees.

Hulle het nie my stem nie, so as ek een maand laat is, dan sit hulle my krag af.

Gooi Lekker! ·

Kom ons help sommer ons land vinnig tot ‘n ashoop status…. Kom ons almal gooi sommer alles stukkend. Dit gaan tog gebeur. Dalk voel ons ook dan beter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.