Woedende inwoners verdrink glo diewe in dam

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die liggame van twee mans wat na bewering lewend deur lede van ʼn gemeenskap in ʼn dam gegooi is, is Sondag uit die dam in Marikana in Noordwes gehaal.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is Vrydagmiddag na bewering op heterdaad betrap terwyl hulle besig was goed in ʼn plaaslike winkel te steel. Die winkeleienaar het alarm gemaak en die gemeenskap het gereageer.

“Dit is nie duidelik watter items die mans besig was om te steel nie, maar gemeenskapslede het hulle glo gegryp en erg aangerand. Hulle het daarna die mans se hande vasgebind en hulle in die dam gegooi,” het hy gesê.

Volgens Ramaloko word twee aanklagte van moord ondersoek, maar is niemand nog in hegtenis geneem nie. “Die polisie doen weer eens ʼn beroep op gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie, maar misdaadgevalle by die polisie aan te meld,” het hy gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte by 082 569 5572 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Winston ·

Weer by Marikana? Kan mens hulle kwalik neem? Die regsmasjien is disfunksioneel

donovan ·

Weer eens jammer om te hoor dat mense hulle lewe so moet verloor… Ek hoop daai winkel eienaar staan pa vir die dade… Ek weet ons is ALMAL” juluis malema” (g@t)vol vir crime in die land….

Pieter ·

Sien geen rede nav die berig hoekom die winkeleienaar moet “pa staan” nie.

GES ·

Genoeg is genoeg. Dit is die resultaat van swak wetstoepassing. Kriminele is koning in die land.

Meraai ·

Wat maak dit saak wat gesteel is – steel is steel. Of jy ‘n koekie seep of R5 000 000 uit ‘n kluis steel, steel is steel. Ek wens almal wil besef ons is keelvol – wat help dit jy stel die polisie in kennis net om te sien hulle stap maar weer more op straat rond. Ek verstaan hoekom mense reg in eie hande neem. Die tronke is te vol en die hoflys te lank om die kriminele van die straat af te hou en hulle word al hoe makker.

Willem ·

Juis dis die probleem hier. Ons bly op Buffelspoort en die SAPD van Marikana is so sleg jy raporteer iets nou en 5 uure of self 24 uur later dan kom hulle eers by jou uit.

Swak

Armand ·

Steel is steel,maar daal die goeie dan regtig net so laag soos die kriminele,wat maak hulle dan enigsins beter as die res?

CR ·

Dis omdat die polisie te slapgat en koerup is om enige iets te doen. Die gemeenskap is siek en sat vie die parasietiese en koerupte gemors!

pop ·

As die regering nie wil he mense moet die kriminele self takel en straf nie, beter hulle begin om hulle toe te sluit. Wat moet die mense doen. Mooi met hulle praat en dan doen hulle dit weer more, dalk met n koeel in die winkeleienaar se kop.

snuffels ·

Dis hoe n gemeenskap Moet wees, sulke dinge is onaanvaarbaar…maar meeste dinge het net okay vir almal geword! Sal beslis minder kriminele in daai gemeenskap sien!

Gesiggie ·

Gereg in eie hand neem??? Ja want ek kan glo dat almal in S.A al keelvol is vir al die Misdaad en Moorde?? en hierdie mense kry nie die straf wat hul toekom?? Intussen moet ander suffer?? Seker nie die regte manier van optree?? maar iets moet gedoen word?? sou voorstel… kap hul vingers af?? klink wreed, maar dan het hul nie meer iets om mee te vat nie??? Mense werk hard om te kom waar hul is… en dan kom 1 persoon en probeer als vat???

Amanda Wait ·

Moord is moord! Daai mense is skuldig aan moord. Ons mag nié die reg in eie hande neem nie. Daarvoor is die regstelsel daar om met hulle af te reken.

Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here!

Henk prinsloo ·

“Reg in eie hande neem nei”?

Vroeer toe daar nog geregtigheid was, het hierdie woorde sin gemaak. Watse reg word nou in eie hande geneem?

Herman ·

Nou word daar n boehaai gemaak oor diefstal ? Maar daar word niks gedoen omtrent die plaas moorde nie !! En die poliesie sou in elkgeval die diewe net weer gelos het soos gewoonlik. Neem nou gereg in eie hande want poliesie doen niks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.