Woedende KZN-inwoners versper hoofweg oor brandstofpryse

Foto: Twitter via @_ArriveAlive.

Nege mense is in hegtenis geneem ná Woedende motoriste Woensdagoggend die N3-hoofweg in Pietermaritzburg en die N2 in Durban naby Chatsworth versper en geëis het dat brandstofpryse verlaag word.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê agt mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem vir openbare geweld.

“Sowat 20 vragmotors het die hoofweg versper. Alle rolspelers is na die toneel ontbied en die pad is vinnig weer oopgestel,” het Gwala gesê.

Albei bane op die N3 in Pietermaritzburg was gesluit tussen die New England- en Greytownwegwisselaars terwyl die Higginson-hoofweg in Durban, wat die hoofpad na Chatsworth is, ook versper was.

Vishvin Reddy, woordvoerder van People Against Petrol and Paraffin Prive Increase (Pappi) het Woensdagoggend aan African News Agency gesê die protesaksie is die enigste manier om die regering te oortuig om na die bekommernisse van “die mense” te luister.

“Dié is uiteraard motoriste en mense wat hul woede teen die stygende brandstofpryse demonstreer. Dit gaan erger word; dit gaan eskaleer,” het Reddy gesê.

Volgens Reddy beplan Pappi hul eie massa-stilstand vir 27 Julie landswyd wat volgens hom die “betoging van alle betogings” gaan wees. Volgens hom sal elke pad, hetsy dit nou nasionaal, provinsiaal of landelik is gesluit word.

Hy meen daar is groeiende woede onder inwoners as gevolg van die effek wat die brandstofprysverhogings het. “Dit beïnvloed ook die armes, voedselpryse styg, vervoerkostes styg en salarisse en lone styg nié.”

Reddy het erken dat dié protesaksie ʼn negatiewe effek sal hê op ondernemings wat geraak word deur die prysverhogings.

Hy meen mense moet onthou dat die oplossing by die regering lê. “Wanneer die regering iets doen wat die mense negatief beïnvloed, moet hulle verwag dat die mense kan terugkap.”

Die enigste “taal” wat die owerhede volgens hom verstaan, is om na die strate te gaan en te betoog.

Suid-Afrika gaan die afgelope ruk gebuk onder erge brandstofprysverhogings met nóg ʼn verhoging wat teen einde Julie verwag word.

Maroela Media het vroeër berig die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Maandag in ʼn verklaring gesê brandstofpryse sal waarskynlik teen die begin van Augustus nog verder styg.

Die AA meen die onlangse styging in die brandstofprys is ʼn bron van kommer vir alle Suid-Afrikaners, veral die armstes onder die armes wat op paraffien staatmaak vir hitte, beligting en kookgeriewe.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

leser ·

kom ons kyk of die regering se oë sal oopgaan, die grootkoppe gee nie ‘n flenter om vir die arm mense nie

Waarom ·

Dit is nie nodig om te staak nie, want die regering weet dit alreeds. Niks gaan daaraan gedoen word nie.

Cherokee ·

‘Waarom’ is jy net go with the flow? Met mense soos jy sal dit net erger en erger gaan. Dankie dat daar darem nog mense wat protesteer daarteen.

Anoniem ·

Dit moet nie net in KZN gebeur nie dit moet regoor die hele land gebeur op dieselfde dag en uur.

Wollie ·

Maar hy het n punt.. hoekom staak hulle, was die R20 biljoen belegging van die Midde-Ooste nie veronderstel om die pryse nou af te bring die volgende paar maande nie..

Chris Ws ·

Ek dink AL die talle brandstof vragmotors wat ELKE dag deur Koster ry ( ek het al 6 AGTERMEKAAR met kalfies getel) oppad Botswana toe moet blokkeer word en teruggedraai word.Waarom kan Botswane brandstof belastingvry kry by ons maar ons moet betaal???Dit is verregaande.Ek steun ‘n volskaalse betoging landwyd.

Annelize ·

Jong, ek wil nou nie ‘n nat vadoek wees nie, maar mense, julle poep teen donderweer. Die regering het die monopolie wat die brandstof aanbetref en hulle weet dit.

Gerhard Bezuidenhout ·

Chris ek stem nie saammet jou nie Botswana se regering het nie mal geraak met hul belasting op brandstof nie daarom is hul brandstof omtrent R5,00 per liter goedkoper as by ons en dit word nog per pad vervoer soontoe. Dit is omdat ons n welfare state geword het dat ons brandstof so duur is. Ons moet n manier kry om die gewetenlose ANC te knyp,

Chris Ws ·

Gerhard my punt is ONS betaal belastings en Botswana kry hul brandstof van ons af BELASTING VRY.Daarom se ek die vragmotors wat Botswana se brandstof vervoer moet geteiken word onder andere.Hulle ry ook ons paaie fodde in die proses.

zoom zoom ·

Cherokee. Ek stem 100% met jou. Almal moet opstaan nie net ‘n paar nie. Lekkerdag vir jou

Elsie Esterhuizen ·

Well done KZN…. Please can we get someone that can lead Gauteng. This has to be a National efford.

farcey ·

wat n klug. ek is seker 95% van die stakende vandale het nie eers battery karrerjies nie. maar terwyl rent a crowd betaal, sal getoyi toyi word.

bgj van der westhuizen ·

wel al wat gaan werk as almal saam staan en een dag nie gaan werk nie dit meen geen winkel of fabriek wat werk nie een dag se produksie wat nie gedeon word nie dit sal baie geld aan belasting vir die regering verloor en dit meen nie mand moet werk nie almal bly by die huis sit verlof in van af skoon maker toe eienaars moet saam staan met dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.