As Woef baie bly is as jy by die huis kom, of vir hom ‘n stukkie biltong afkerf, is dit omdat hy emosies net soos jy het.
Die Amerikaanse neuropsigiater wat na jare se intensiewe bestudering van die breine van honde tot die gevolgtrekking gekom het wat elke Afrikaner-hondeliefhebber al lankal weet, is Gregory Berns. Berns het honde eers geleer om ‘n halfminuut lank doodstil te sit sodat hy MR-skanderings van hul breine kon neem.
Hy het gevind dat die deel van die brein waar hierdie emosies by die mens opgewek word, byna identies met dié van die honde is.
Nie alleen kan honde emosies soos liefde en aangetrokkenheid ervaar nie, hulle kan dit ook aanvoel.
Berns kom tot die gevolgtrekking dat die hond se waarnemingsvermoë dieselfde is as die van ‘n kind.
“Ons kan dit nie langer ontken nie … honde het dieselfde emosies as ons.”
Bron: Gregory Berns, soos onder meer opgeneem in die New York Times
Natuurlik het hulle emosies, voorwaar “mans best friend”
Myne het beslis emosies en glo my hulle is nie kleurblind nie!
Iemand by Maroela het my vorige kommentaar se spelfout reg gemaak…….dis dierbaar van julle\jou! Dankie.
My honde is my hele lewe al 6 van hulle 2 township honde, 1 Spca hond en 2 opregte boerboele, 1 is ook n baie spesiale hond my verjaardag hond Sy is n Labrodore te pragtig vir woorde
Ons Boerboelteef kan al n dag voor ons iewers heen ry, aanvoel dat ons gaan ry. Sy raak dan afsydig soos een wat raas gekry het. My hart se punt.
Ja O.K. My boerboelwyfiehond arf arf