Woef het emosies soos jy

honde speelAs Woef baie bly is as jy by die huis kom, of vir  hom ‘n stukkie biltong afkerf, is dit omdat hy emosies net soos jy het.

Die Amerikaanse neuropsigiater wat na jare se intensiewe bestudering van die breine van honde tot die gevolgtrekking gekom het wat elke Afrikaner-hondeliefhebber al lankal weet, is Gregory Berns. Berns het honde eers geleer om ‘n halfminuut lank doodstil te sit sodat hy MR-skanderings van hul breine kon neem.

Hy het gevind dat die deel van die brein waar hierdie emosies by die mens opgewek word, byna identies met dié van die honde is.

Nie alleen kan honde emosies soos liefde en aangetrokkenheid ervaar nie, hulle kan dit ook aanvoel.

Berns kom tot die gevolgtrekking dat die hond se waarnemingsvermoë dieselfde is as die van ‘n kind.

“Ons kan dit nie langer ontken nie … honde het dieselfde emosies as ons.”

Bron: Gregory Berns, soos onder meer opgeneem in die New York Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justi ·

Iemand by Maroela het my vorige kommentaar se spelfout reg gemaak…….dis dierbaar van julle\jou! Dankie.

Hester ·

My honde is my hele lewe al 6 van hulle 2 township honde, 1 Spca hond en 2 opregte boerboele, 1 is ook n baie spesiale hond my verjaardag hond Sy is n Labrodore te pragtig vir woorde

Jasper ·

Ons Boerboelteef kan al n dag voor ons iewers heen ry, aanvoel dat ons gaan ry. Sy raak dan afsydig soos een wat raas gekry het. My hart se punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.