Wolk oor kop van RGB-president óók

Die president van die Raad vir Gesondheidsberoepe, prof. Mbulaheni Simon Nemutandani. (Foto: RGB)

Die Suid-Afrikaanse mediese vereniging (Sama) sê hy is bewus van bewerings van wanbestuur en finansiële ongerymdhede teen die president van die Raad vir Gesondheidsberoepe, prof. Mbulaheni Simon Nemutandani.

Bewerings teen Nemutandani sluit in dat hy eise ingedien het vir verskillende uitgawes ten spyte van duidelike direktiewe van die minister van gesondheid wat sulke eise verbied.

“In hierdie stadium is die bewerings net dít en bly dit ongetoets,” sê dr. Angelique Coetzee, voorsitter van Sama.

Die bewerings teen Nemutandani volg kort ná die skorsing dr. David Boikhutso, die RGB se uitvoerende hoof en registrateur.

“Ons kan nie kommentaar lewer oor bewerings nie omdat dit onregverdig sal wees teen veral prof. Nemutandani, en teen die RGB in die algemeen. Ons glo egter die bewerings is ernstig en indien waar, sal dit neerkom op beduiende knoeiery in die RGB.

“Vir almal se onthalwe moet die bewering behoorlik ondersoek word om die waarheid te bepaal,” sê Coetzee.

Tot ʼn ondersoek egter afgehandel is, sal Sama nie verder oor die saak kommentaar lewer nie.

Nemutandani is geen vreemdeling vir omstredenheid nie. Hy het vroeër vanjaar aan die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid onder meer gesê alle reserwes van private mediese fondse moet aan die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) oorgedra word, asook dat mediese fondse geen bestaansreg het nie.

Motau is verlede week tydelik geskors nadat die departement van gesondheid ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming ontvang het. Dit spruit uit aantygings van bedrog en korrupsie tydens sy tyd as hoof van die Vrystaatse gesondheidsdepartement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

annie ·

Snik! En Cyril sing juis nou mooi deuntjies vir die kommissie oor alles wat nou beterder gaan word of eerder soos in die ou-ou dae voor die ANC koning gekraai het… voor hul kans gekry het om die mees ontwikkelde land in Afrika tot rommelvlak af te wentel.

Peetjie ·

Ons het mos nou al geleer – waar n rokie trek brand n vuurtjie…

Jacobus ·

Goeie redes waarom NGV ‘n onaardse onding kan wees NEE ten alle koste!

Samuel ·

Dit wil voorkom asof daar nêrens in die ANC opset eerlike kaders is nie. Net mooi niemand nie. Is ons staatspresident eerlik? Heeltemal bo verdenking?

Johann ·

Shame…weet nie waar Cerol vir al sy kaders gaan plek maak nie. So bv het hy klaar die Speaker Pos weg gegee?

SomeOne ·

waarom wag, sing die deuntjie, dank af, dank af, hulle dink mos hulle is braaf, dan sal ons lag

Yvonne ·

Waar daar n rokie trek…is daar verseker n vuurtjie…..daar is nie einde aan die optredes van kamtige dr’s en professors nie…sjoe lyk my geleerdheid skep nou geleenthede..hoe tragies het alles nie geword dat daar nie morele waardes meer bestaan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.