Wolmaransstad-plaasmoord: ‘Landelike onveiligheid ANC se skuld’

(Argieffoto: Maroela Media)

Die DA in Noordwes het die voortslepende onveiligheid in landelike gebiede vierkantig voor die ANC-regering se deur geplaas.

Die party het gereageer ná die moord op ʼn boer van die omgewing, Schalk van der Merwe (67), en die ernstige aanranding op sy vrou, Lettie (66). Die egpaar is Sondag tussen 16:00 en 17:00 op hul plaas naby Wolmaransstad oorrompel, glo deur ʼn groep mense wat voorgegee het dat hulle skape wou koop.

Die egpaar se seun het een van die verdagtes uit die huis sien hardloop en daar op sy ma afgekom. Hy het daarna met ʼn soektog na sy pa begin en hom agter die voerbakke van een van die skaapkrale aangetref.

“Hierdie somber voorval laat net nóg ʼn gemeenskap, nóg ʼn familie en nóg ʼn [eggenoot] getraumatiseerd en vreesbevange ná ʼn trauma wat deur geen trooswoorde gesus kan word nie,” het Jacqueline Theologo, die DA se Noordwes-woordvoerder oor landbou en landelike ontwikkeling, gesê.

“Dit bly skokkend dat die ANC-regering toekyk hoe ons boere met soveel brutaliteit aangeval en vermoor word en steeds nie plaasmoorde as ʼn prioriteitsmisdaad wil verklaar nie.

“Om te voorkom dat nóg boere die landbousektor verlaat, moet ons hulle veiligheid prioritiseer en sodoende verseker dat voedselsekerheid nie verder bedreig word nie,” het Theologo gesê.

Sy het gesê landelike gemeenskappe het ʼn maklike prooi geword vir gewelddadige en wrede misdaad weens die polisie se versuim om te verseker dat sy beamptes kundig en goed opgelei is.

“In die lig hiervan, bedank ons die plaaswag-reaksiegroepe wat onmiddellik gereageer het en die gesin bygestaan het in hul uur van nood. Hierdie groepe het die rol van die polisie ingeneem en het onontbeerlik geword vir landelike gemeenskappe.”

Sy het gesê die DA het onlangs ʼn veiligheidsplan van R1 miljard vir die Wes-Kaap aangekondig en dat die ANC dieselfde moet doen en geld daarvoor bewillig.

“Ons doen dus weer eens ʼn beroep op die ANC-regering om landelike veiligheidseenhede op die been te bring ten einde dringende aksie te neem teen plaasaanvalle.

“In ons rol as opposisieparty sal die DA aanhou om druk te plaas op die ANC-regering om landelike gemeenskappe, boere en plaaswerkers te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

wraggies ·

Julle plaas nie genoeg druk nie, druk meer en druk harder.

Hoe ·

Nou wat kan hulle meer doen. Wat kan enige iemand meer doen? Dit is net as die burgery in opstand kom teen die regering van die dag dat daar voldoende druk sal wees, maar dit is nie ons styl om dit te doen nie.

Siener van Melbourne ·

Nie gelees nie want: ons weet al jare dit was die ANC se plan om die mense weerloos te laat deur kommandos af te skaf, die wapen wet te wysig, en die polisiemag af te water deur regstellende aksie. Jy kan nie verwag n regering moet optree teen misdaad as die leierskap self misdadigers is nie. Hierdie is n spreekwoordelike voorbeeld van n anargistiese regering wat willens en (on)wetens maai wat hulle saai. Al taal wat hulle verstaan is die taal wat hulle voorhou, anargie. Solank almal buig sal hulle gulpe los maak. Jammer maar dis hoe hulle is.

Wielspore ·

Die DA se MO het verander met die nuwe leierskap en sy beleid jeens plaasmoorde het verander na kritiek teenoor die ANC waar hulle in die verlede daaroor geswyg het.

Vegter ·

Dink boere moet opstaan en net vir 1 maand geen vleis en groente verskaf aan winkels nie honger krampe gaan eerste deur hulle gevoel word

Werner ·

DA die regering stel nie belang om plaasmoorde op te los nie hulle maak dit onmoontlik dat ons selfs as riserviste aan kan sluit maar julle kan nogsteeds van ons stemme vergeet

bokke ·

Dit mag miskien vir jou as ‘n skok kom maar niemand gee basies om vir wie jy stem nie want dis jou reg om te sten vir wie jy wil. Om te sê dat die DA kan vergeet van jou stem maak regtig vir niemand saak nie. Net soos ek sê dat ek nooit VF+ gaan stem nie enige saak sal maak nie. Jy maak ook ‘n fout as jy dink dat dit wat jy sê enigsins gaan beinvloed hoe ander mense gaan stem. Mors van tyd.

Ingrid ·

Misdaad is buite beheer en dit word daagliks erger. ANC sal niks daaraan doen nie; hulle is kop in een mus

susan ·

Gee die DA tog net kans. Wat doen jy om dinge Beter te maak vir die land?

m.d.r ·

Susan—-hoeveel maal het dr Groenewald nie al in die parlement oor hierdie kwessie gepraat nie ! En telkens het die DA ‘n oorverdowende stilte gehandhaaf…..
Selfs toe Ernst de Jong die moorde in sy nou bekende toespraak voor die parlement gemaak het, was hierdie selfde DA een van die luiddrugste kritici van de Jong—mens mag mos nie sulke stories in die openbaar vertel nie…….
Dit gaan om stemme….niks anders nie.
Nou het hulle skielik ‘n PLAN……sowaar….?

Adam ·

m.d.r, ek sal dit hoog op prys stel indien jy my kan inlig oor wat die VF+ al vir my as Afrikaner gedoen het gedurende hulle bestaan. Ek begryp jou houding tov van die DA en is ook nie een van hulle aanhangers nie. My opinie is eenvoudig in die sin dat ek geen politieke party in SA sien wat daadwerklik iets vir my beteken nie.

Hennie ·

Hennie, die vraag moet eerder wees, wat het jy vir die VF+ gedoen? Ek kan nie vir n oomblik glo dat jy Afrika siekte het nie, jy weet, daai siekte waar almal iemand soek om vir hulle iets te doen! Skaam jou, kry ruggraat, sluit aan by n party wat jou waardes etos weerspieël en MAAK JY N VERSKIL… Afrika-siekye pas jou nie!

Adam ·

Hennie, demokrasie beteken “deur die volk, uit die volk, vir die volk”. Dit beteken ons moet iemand kies wat ons belange in die parlement sal dien. Ek glo nie jy doen jou eie praatwerk in die parlement nie. Ek het gewis nie wat jy as Afrika-siekte beskou nie en is in werklikheid baie bedrywig met my eie plannetjies. Watter party dink jy het ‘n beleid wat die Afrikaner dien? Gee gerus ‘n paar idees, maar ek kan jou verseker dat indien die politieke aanbod vir Afrikaners vir jou aanvaarbaar is, is jy met baie min tevrede.

Jerry B ·

ANC verantwoordelik vir al die gemors in SA, van moord tot korrupsie.

Agge Nee ·

Ons het voorheen direk met ons medemense besigheid gedoen op die plaas, maar met die oog op ons veiligheid het ons die padstal toegemaak en verkoop ons NIKS op die plaas nie. Ons hekke bly toe en op ons hek staan dat daar niks direk verkoop word nie. Ons kan sekere mense net nie meer vertrou nie. Hulle moet geen rede hê om op jou plaas te kom nie.

Anti DA ·

Dink die DA sowaar dat die ANC gepla is oor so ietsie. Eerstens DA julle praat soms net, doen is altyd vir die ander rasse. Die ANC het mos nou die paddas in die pot. Ek sien dit net as media publisiteit van julle kant af. Skrik wakker, dis amper 2020

Johanna Botha ·

Anc kan nie eers hulleself beheer nie wat nog van regeer

Denise ·

WELGEDAAN DA…!!! Pas net nog meer druk toe, opi regering! En vergeet vani alewige negatiewe “politieke kefftertjies” hier op MM forum, wat ook NET kan staan en kef en blaf en self NIKS doen, daaromtrent

SeMaarNet ·

Hoeveel boedelbelasting word daar nie oorbetaal na die regering na elke plaasmoord nie… Dink dit kan ‘n aardige bedrag wees.

Tant Anna ·

Weereens baie sterkte, aan die Van Der Merwe familie. Dankie DA dat julle ten minste reageer, voorstelle maak, al stem ek nou nie vir julle nie. Wens my party, wil nou ook begin, minder praat en meer spoedvang!

Pappie ·

Ag SeMaarNet, wat het boedelbelasting te doen met die hele storie? Probeer jy nou weer n storie begin dis die rede vir plaasmoorde? Jy maak my moeg!

Daan ·

Mense. Ons moet onsself teen sulke misdaad begin bewapen. Dit kos +- R1000 om die wette en prakties te doen. Dan is daar n groot verskeidenheid wapens om van te kies. Ek hits nie geweld aan nie, ek herhinner net almal dat dit jul reg is om julself te beskerm.

Eunice ·

En skynbaar, sit die heel briljantse politici, wat hul monde die meeste rek,oor almal, wat IETS probeer doen, MAGTELOOS VAS GEKLUISTER OP HUL SLEUTELBORDE…!!

vermeende ·

Plaasmoorde is op almal se lippe met reg oor die grusaamheid van die moorde, maar wat van die blanke moorde in ons stede en dorpe, net so grusaam.
Tot op datum is daar geen party of organusasie met n enkile bewys waar hy n blanke moord gestuit en gestop het nie, hulle almal het al vir die laaste 25 net al hierdie briljante planne, om hiert te gaan sit en gesels oor wat gedoen moet word, of daar te gaanbkla en neul by lande wat die apartheid konings geensin n simpatieke oor wil gee nie. Die partye se wat jy graag wil oor sodat hulle met jou stem n gemaklike stoel kan verseker, en die burgerregte organusasies soebat vir jou bydraes vir die een duur hofsaak tot die ander. Dit gaan oor persoojlike gemak en wins.
Leer tog eenmaal n les, as ons dit nie self in optrede kan stop nie,,,niemand anders gaan dit vir ons stop nie.

Gert ·

Die aanvalle is nie teen “plaaslike gemeenskappe, boere en plaaswerkers” nie, dis teen boere.

Humbug ·

Ok. Nou gaan almal my skel maar:. Dis tyd. Al die boere moet hul grond los. JA ek weet dis generasies van swoeg en sweet maar regtig genoeg is genoeg. Pak Al’s op . Gaan waar jul welkom is. Los die grond omnte verdor en JA laat die mense Dan self begin groente ens plant en Boer. JA meeste gaan hongerly maar as boere nie op gepas word nie hoekom moet hul omgee Vir ander. Laat hul hongerly en self Sien Kom klaar. Ongelukkig gaan baie daaronder lei maar genoeg is genoeg gesmeek gepraat en gesoebat. Werder lewendig met my gesin van n plaas as wat hul gemartel en verneder in n kid uitgedra word.

JDeer ·

Moet niks direk aan hulle verkoop nie, Nie skape, beeste, groente of melk nie. Niks wat van n plaas af kom nie. As dit die manier is waarop die boere behandel word, laat hulle na n winkel toe gaan en dit dan ten duurste aankoop, moenie dat hulle enige voordeel trek van die boer nie….

Julie Jansen van Rensburg ·

Maar “Squirrel”-CR ontken dan tot in die buiteland dat GEEN (blanke) boere aangeval en vermoor word nie… hoe kry mens nou die kloutjie by die oor ??????!!!!!!

Suzette Geringer ·

Dit is verseker die ANC se skuld!! En hulle voer vere want dit pas hulle…

Willie ·

Ou CR is te besig om te verkondig dat nog swart bestuurders aangestel word. Sodat die privaat sektor ook gestroop kan word?

Anoniem ·

Sal die DA aansluit by Afriforum se oorsese bewusmakingsveldtogte? Dit sal Ernst Roets se pogings ‘n stewige hupstoot gee as die amptelike opposisieparty die saak steun.

bokke ·

Vir wat, vir praat, praat, praat en niks doen nie? Wat het Roets se buitelandse omswerwinge al beteken? Nee, die DA doen. Dis hoekom hulle 1 miljard rand uithaal en spandeer aan landelike veiligheid.

Werner ·

Behalwe niks vir die blanke doen nie hulle net skuldig bevind voor daar n hofsaak plaasgevind het dis al wat hulle doen stel nie in hul 1 miljard belang nie dankie

zis ·

Boere moet gedurig `n wapen aan hulle sy hê,binne of buite die huis. Gebruik dit as nodig.

aj ·

My simpatie aan die familie en vriende van Schalk van der Merwe.

As jy wil bly leef …. bewapen en verdedig jou SELF!

Een persoon moet ver weg van die ‘besoekers’ staan en waghou met ‘n gelaaide vuurwapen.

Laat slegs EEN besoeker die plaas binnekom … deursoek hom/haar vir wapens … onder die wakende oog van die GEWAPENDE persoon.

Die ANDER “besoekers” moet agter ‘n geslote hek, buite die plaas, onder gewapende toesig, wag.

Neem fotos van die besoekers en die voertuig, by aankoms, en stuur dit DADELIK na ‘n groep of ander persoon.

Lou ·

Ek hou van jou voorstel aj. Dit is prakties en dit maak sin. Of hulle speel volgens die Boer se reels of hulle bly van jou plaas af.
Dit gaan nie plaas aanvalle stopsit nie maar dit is al ‘n begin in die regte rigting.
Wees paraat ten alle tye.

Simpatie met die familie wat die trauma en verlies moet verwerk. Mag die Here julle help deur die moeilike tyd.

Frik Lotz ·

DA het nou ook skielik iets te se en ja, dis maar net om te keer dat hul nog stemme verloor!

Verdiende Loon ·

‘n Snowflake samelewing stem hul eie land weg en dan ironies genoeg kla hulle oor die resultate, terwyl hulle vandag steeds libs ondersteun om hulle te “red”. So ‘n siek samelewing verdien die regering wat hulle gekry het.

heinrich ·

Die is n Bybelse oorlog. Oorlog teen protestante. Lees die Jesuit oath.. Die WAR OF THE FLEAS is n verklaarde oorlog deur n iemand van verdediging op tv lank terug. Die vlooi byt bietjie hier en bietjie daar tot die hond vrek. Net die Skepper kan ons help. En by gese- Cyril is n katoliek nes zuma nes fw de klerk nes pik nes pw botha. Die pous is hulle baas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.