Woluitvoere na China herstel

Argieffoto: Pixabay

Woluitvoere na die belangrike Chinese uitvoermark is herstel nadat die regering ingegryp het.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die aankondiging in die parlement gemaak.

Dit volg nadat die Chinese regering op 23 Julie wolinvoere uit Suid-Afrika opgeskort het omdat hulle ontevrede was dat die gesondheidsertifikaat wat Suid-Afrikaanse owerhede uitreik nie meer aan die Chinese standaarde voldoen het nie.

Nadat die Suid-Afrikaanse regering op 12 en 19 Augustus skriftelike vertoë aan die Chinese regering gerig het, is die Suid-Afrikaanse ambassade in Beijing deur die Chinese regering in kennis gestel dat Suid-Afrika twee opsies het.

Die eerste opsie was die voortgesette opskorting van woluitvoere na China en die tweede opsie was om woluitvoere voort te sit terwyl die inhoud en bepalings van ’n nuwe gesondheidsertifikaat onderhandel word.

Suid-Afrika het die tweede opsie verkies en dus word wolhandel nou voortgesit terwyl oor die nuwe gesondheidsertifikaat onderhandel word.

Die besluit is reeds deur die departement aan Kaapse Wol en maatskappye in die wolbedryf oorgedra, en word deur hulle gesteun, het Didiza gesê.

Die uitvoer van die wol wat onverkoop opgehoop het, geniet nou voorkeur en volgens die minister hoop sy die agterstand is gou uitgewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Heleen ·

Genade Stofdonkie……. woon jy op Mars. Die wolmark was gesluit vir ‘n MAAND en daarna op die 1ste veiling 30% gedaal.

jennefer ·

Jip, verseker het hul agtergekom hoeveel die land minder verdien. Dat die boere swaar kry pla hul nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.