Wonderkind bevestig toewyding aan Suid-Afrika

Dr Sandile Kubheka Foto: chs.ukzn.ac.za

Dr Sandile Kubheka Foto: chs.ukzn.ac.za

Suid-Afrika se jongste dokter, wat as 20-jarige gekwalifiseer het, het sy toewyding om sy land te dien, bevestig, het Rapport Sondag berig.

“Ek sal definitief nie my land verlaat nie,” het Sabile Kubheka aan die koerant gesê. “Ek is lief vir Suid-Afrika. Dit is altyd belangrik om terug te ploeg in jou land en jou mense.”

Kubheka, een van vyf kinders wat deur ʼn enkelma grootgemaak is, het in April vanjaar aan die Universiteit van KwaZulu-Natal sy graad ontvang. Sy ma is ʼn verkoopsbestuurder by Shoprite. Hy het vyf jaar lank studeer nadat hy as 15-jarige gematrikuleer het. Hy het sy MBChB-graad met onderskeiding in verloskunde en ginekologie behaal.

Die 21-jarige Kubheka voltooi tans sy eerste jaar internskap by Greyshospitaal in Newcastle. Hy wil graag ook sy meestersgraad in endokrinologie behaal en daarin spesialiseer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sollie ·

15 in matriek? Dan was hy 4 in graad 1?! Ek wil niks van sy prestasies wegvat nie, ek wonder net …

Sprietjie ·

Hy is reeds op vyf skool toe en is meer as een keer na ’n hoër graad opgeskuif.

AmY ·

Met sulke jongmense is daar dalk tog hoop vir ons land. Baie geluk Sandile. Daar is jong mans van jou ouderdom wat nog op skool sit, en jy het al soveel bereik.

Ek hoop ek kan jou eendag ontmoet. Dalk kan jy eendag ons minister van Gesondheid word. Dan sien ek lig vir ons donker land.

Weereens, baie geluk!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.