Wonderwerk-baba: ‘Ek het nie geweet ek kan so sterk wees nie’

Nicole en Hayley Meyer. Foto: Verskaf

Nicole en Hayley Meyer. Foto: Verskaf

Twee weke nadat ʼn Alberton-egpaar se “wonderwerk”-eersteling op 25 weke gebore is, vertel haar pa dat elke dag ʼn wipplank van emosies is waarin hulle net vasklou aan hul geloof.

Maroela Media het vroeër berig oor klein Hayley Meyer wat onverwags op 4 April gebore is en by geboorte net 650 g geweeg het. Pieter en Nicole Meyer, albei 21 jaar oud, het Hayley eers op 14 Julie verwag, maar weens komplikasies moes ʼn noodkeisersnee gedoen word.

Pieter het Maandag aan Maroela Media gesê sommige dae is beter as ander, maar hulle bly hoop dat hul dogtertjie ten volle sal herstel. “Gister was ʼn baie slegte dag. Haar hartklop was baie stadig en hulle moes haar 100% suurstof gee. Haar bloeddruk was ook so laag dat die masjien dit nie eens kon registreer nie,” het hy gesê.

“Toe ek dit sien, het ek net langs haar bedjie op my knieë gegaan en gebid dat die Here moet intree. Skielik het haar hartklop opgeskiet na 116 en haar bloeddruk het gestabiliseer. Dit was ongelooflik om te sien. Sy het só gestabiliseer dat Nicole haar selfs vir ʼn rukkie kon vashou.”

Hy vertel Hayley slaap meestal aangesien sy baie sterk pynmedikasie ontvang, maar sy toon wel reaksie as hulle aan haar vat. “As Nicole aan haar mondjie vat, beweeg sy haar lippies – of sy wikkel haar tone as ons haar voetjie streel. So, ek dink sy weet ons is daar by haar.”

Hy het gesê Hayley het nog nie regtig gewig aangesit sedert haar geboorte nie en haar lyfie is in dié stadium baie geswel.

Volgens Pieter het die egpaar ook hul familie en vriende gevra om Maandag ter viering van Hayley se “twee-weke-verjaardag” pers aan te trek om hul ondersteuning aan haar en ander vroeggebore babas te wys. “Pers is ʼn kleur wat oral gebruik word ter ondersteuning van vroeggebore babas en aangesien Hayley ʼn dogtertjie is, is pers eintlik die perfekte kleur vir haar,” het hy gesê.

“Ek het nooit kon droom ek sal so sterk in sulke moeilike omstandighede kan wees nie, maar ek en Nicole is wonderbaarlik albei baie sterk. Ons lewe baie na aan die Here en bid heeltyd dat Hy vir Hayley en ons hierdeur sal dra. As dit nie vir ons geloof was nie, sou ek dalk lankal moed opgegee het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Irene ·

Sterkte vir julle en klou aan geloof die Vader sal julle daardeur dra?

Eva ·

Vir die van jul wat daagliks oor Hayley so vordering wil weet. Like die facebook blad. A test of faith. Haar pappa skryf daagliks hoe dit met haar gaan.

louis ·

Hemel Vader ek stem vanmôre saam met hierdie ourrs as hul U aanroep om in te gryp in hierdie bondeltjie liefde wat u gevorm het. Ek roep vanoggend engele om te kom help en U genesende hand op hierdie kind. Versterk hulle geloof want ek weet U IS DIE GOD VAN WONDERWERKE!!! In Jesus naam lê ek ook my geestelikke hande op hierdie kind en bid vir U volmaakte herstel in JESUS NAAM. DANKIE HERE AMEN!!!!

Nadia Verster ·

Amen Louis!
Ek stem saam met jou in gebed en geloof.
Nou net hier agter my lessenaar vir hulle sit en bid.
Ek ken die pad wat hulle stap. My seuntjie is op 28 weke gebore en God het ons deurgedra.
Ek weet Hy sal dit vir hulle ook doen.

Vicky ·

Ek stem saam met julle in geloof en in gebed. Die Bybel leer ons daar waar een of meer saam stem oor ‘n saak, sal die Vader dit aan hoor. Ons aanbid ‘n God wat nog wonders verrig en Hy het ons die vermoe gegee om te genees en gesond te maak in Jesus se naam. Sterkte mamma en pappa.

Margaret ·

Dis wonderlik hoe Jesus werk. Hou vas en glo. Sagte drukkie vir Hayley xx

Karma ·

Nou toe nou, en daar dra ek nou vandag pers, min wetende dat dié kleur gekies is om klein Hayley se “twee-weke-verjaarsdag” te vier! Alle voorspoed aan die kleinding en haar ouers.

Ilze ·

En dan is daar mense wat se Hy bestaan nie. Hou vas aan Hom want net Hy kan julle hierdeur bring. Sterkte

Gesiggie ·

Mamma en Pappa , hou aan Glo, hou aan Bid… God sal hierdie klein Engeltjie deurdra, haar versterk en sy sal genoem word, die Wonderwerk… dra haar elke dag op aan God… Sy is hier vir n rede, en God en Sy Engele, sal oor haar waak, elke dag, elke sekonde… Ek het ook pers aan vandag…. Hayley… hou aan veg meisie”’as ons weer die berig lees… is jy al 1 jaar oud… GOD IS GOOD, ALL THE TIME….

Ruby ·

“Vader, dankie dat ons U wonderwerk so kan aanskou. Blaas U asem oor klein Hayley en raak die ouers ook aan met U hand. Ek bid dit in Jesus se naam, Amen.”

Susan ·

Ons dink aan julle en ons dien ‘n groot God hy’s langs haar bedjie bid saam julle

Bolander ·

Hayley, hierdie Tannie bid ook vir jou en glo en vertrou dat HY jou sal beskerm en deur dra. Aan die ouers, baie sterkte vir julle en moenie op hou bid nie.

Joann ·

Darem een ligpunt in die duistere land. Hayley liewe Jesus sal jou bewaar en n groot dogter maak.

mm ·

Ons dra julle op aan die Here…By Hom is die enigse skuiling… en God is aan julle sy en klein Hayley…..

Elize C ·

Wens dit was moontlik dat Nicole daardie klein kaal lyfie teen haar eie lyf kon vashou, die menslike hitte, haar mamma se bekende reuk en dat sy haar mamma se hartklop sou kon hoor, net soos in die baarmoeder, sou nog ekstra menslike wonderwerke kon verrig. Jesus hou haar in Sy hand, laat Sy wil geskied….. Baie baie sterkte aan die familie en veral die mamma & pappa, hou maar net aan om haar onverpoosd op te dra aan Hom.

Martie ·

Dierbaare Jesus ons le hierdie Blom Mamma&Pappa& Familie voor U voete neer hou hulle vas met U almagtig krag AMEN!

Cathy ·

Sy is beslis n vegter, en dank die Here dat sy n lewende getuie is en altyd sal wees, want ons dien n lewendige God.

Marieta Poolman ·

Baie sterkte, by ons Liewe Heer is niks onmoontlik nie. Ons bid dat sy sterk hierdeur sal kom

Charmaine ·

Ons God is groot en magtig,en Hy verhoor selfs die kleinste gebedjie..alle sterkte aan julle.

annie ·

Gd se dit wat jy in my naam vra sal vir jou ggee word vra en glo dat God vir jou sal gee met jou hele hart hele siel en jou hele verstand daar is weer by wys toe die pappa bid het God hulle kind aan geraak God is daar vir my en jou laat ons neer buig en bid tot. Vader Seun en Heilige Gees nie net vandag nie maar altyd moet ons God ken God u ken die baby en weet dat U reed in getree het met die baby God raak haar aan Amen

Belynda ·

My seun het 620gr geweeg met geboorte. Sy gewig het geval na 580gr en elke dag was n beproewing….maar sulke klein mensies is vegterjies. Hy is vandag 19 jaar oud. Ek weet waardeur julle gaan..maar ondersteun mekaar. Sterkte en ek glo alles sal goed afloop.

vanessa ·

Sterkte aan jul sy is n wonder werk ons HEER hou haar in SY hand vas gee haar n AMEN.

Theresia ·

Hou vas aan julle geloof. Bly by die Here se voete al kom daar moeilike tye. Waar mamas en papas saam bid daar SAL God inteee. Ek dink die hele land is in gebed vir julle. Loof en prys voortdurend die Here al om die uur. En julle sal getuig van God se goedheid. Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.