Wonderwerk-baba sterf: ‘Sy het duisende op hul knieë gebring’

Nicole en Hayley Meyer. Foto: Verskaf

Nicole en Hayley Meyer. Foto: Verskaf

Hayley Meyer, die “wonderwerk-baba” van Alberton wat op slegs 25 weke gebore is, is Maandagaand dood.

Pieter Meyer (21), Hayley se pa, het die nuus op die amptelike Facebook-blad wat ter ondersteuning van Hayley opgerig is, bevestig. “Haar liggaam was onder baie druk en God het gekom om haar huis toe te neem. Ek as ʼn pa vir die eerste keer… ek is gebreek.”

Hayley is onverwags op 4 April gebore en het by geboorte net 650 g geweeg. Pieter en sy vrou, Nicole, het Hayley eers op 14 Julie verwag, maar weens komplikasies moes ʼn noodkeisersnee gedoen word. Sy het sedert haar geboorte om haar lewe geveg in die neonatale-waakeenheid van die Netcare Clinton-hospitaal en het net 550 g geweeg toe sy dood is.

Pieter het vroeër Maandag aan Maroela Media gesê dat dit sommige dae beter gaan as ander en dat Hayley se hartklop baie swak is en haar bloeddruk soms so laag is dat die bloeddrukapparaat dit nie eens kan registreer nie. Sy is omstreeks 22:00 oorlede.

Hayley Meyer het by geboorte net 650g geweeg. Foto: Verskaf

Hayley Meyer het by geboorte net 650g geweeg. Foto: Verskaf

“God het haar net vir twee weke vir ons gegee, maar weet julle wat sy gedoen het? Sy het byna 10 000 mense op hul knieë gebring. Almal het heeltyd gesê sy is in die beste hande wat daar is – vanaand is sy in die heel Beste Hande; die hande van ons Hemelse Vader,” het Pieter gesê. “Sy was net twee weke oud en so piepklein, maar sy het God se mag aan die wêreld gewys terwyl sy in haar bedjie gelê het.”

Pieter het namens sy vrou die publiek bedank vir hul ondersteuning en gesê die herinnering aan Hayley sal vir ewig voortleef. “Sy was werklik ʼn wonderwerk, ʼn ware getuienis. Sy was ʼn rede vir gebed, ʼn rede vir hoop en ʼn groot inspirasie. Vir baie mense was sy net ʼn klein babatjie, maar vir my was sy ʼn heldin. Wees nou stil my dogtertjie. Daar is nou geen trane waar jy is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Susan hitzeroth ·

So jammer om te hoor maar sy is nou in veilige hande en baie liefde bid vir julle dat Jesus julle in hierdie tyd sal vertroos.

Denise ·

Die ouers het beradind nodig en net tyd sal genees! En die famielie en vriende en almal wat omgee kan iets doen n bos blomme ,n ete selfs n snoesige warm kombers vir die winter doen dit met liefde !!!!!!!!

Anoniem ·

My innige meegevoel met julle Pieter en vroutjie. Mag God jul hande vat en met jul wees elke dag vorentoe. Mag Hy jul beskerm. My trane loop vir elkeen van julle ook vir klein Hayley. Sy is nou by God. Mag God se liefde jul vertroos en met jul wees.

Anita ·

Sterkte aan die ouers. Hayley is seker nou die kleinste engeltjie in die hemel, veilig by Jesus

Ri ·

Baie sterkte vir julle ons bid vir julle. Julle geloof sal julle deur die moeilike tyd dra.

Joann ·

Sooo jammer vir ouers maar die mens wik maar God beskik. Jul sal haar nooit vergeet nie al het jul ander babas. Maar Jesus maak die seer beter.

Nadia Verster ·

My hart is gebreek saam met julle, Pieter en Nicole. Het so saam gebid en geglo dat God haar sal aanraak. Ons as mens ken nie die antwoorde nie. Baie baie sterkte vir julle in hierdie onbeskryflike hartseer tyd.

Pieter ·

Die mooiste rosie in die Hemel. Sterkte vir die ouers en familie

Joann ·

Sooo jammer vir ouers. Die mens wik maar God beskik. Die onthou van haar sal altyd daar wees al het jul ander babas. Maar Jesus vertroos. Sterkte

Erika ·

Mens kan nie lees sonder dat die trane vanself loop nie, rus sag kleine engeltjie, God het jou kom haal om die kleinste maar mooiste rosie in sy tuin te wees. Rus sag.

Gesiggie ·

Ek het nie woorde, Ek sluk aan die knop in my keel, en probeer die trane keer…. klein Hayley Jesus het jou vir 2 weke aan Mamma en Pappa geleen….hul Hartjie is seer…. maar hul weet… Jesus het jou ook nodig gehad…jy het geveg, en was n wonderwerkjie”’ Aan Mamma en Pappa wat nou moet agterbly, en al die seer moet verwerk, mag God jul versterk , mag jul weet, dat als was sy vir net n klein rukkie aan jul geleen….. is sy n Engeljie van God… Wees sterk, hou aan Glo… en as jul na haar verlang… kyk op na Bo…. RIP klein vegterjie……..

Deloris ·

Alle sterkte word julle toegewens, en ek bid dat die Here julle sal optel en sal dra op julle pad vorentoe. Sy was vir julle geleen om te onthou. Mag julle vrede vind.

gert ·

Rus sag engeltjie …. jy is verseker die mooiste en kleinste engeltjie in die hemel. pappa en mamma , – sterkte aan julle in die tyd… klou vas en julle geloof en liefde vir mekaar sal julle hier deur dra

Wat-ek-lees ·

Stille aanvaarding maar nooit om te vergeet, ek weet.
Mag ook julle berusting vind.

Ronel ·

So jammer om te hoor van klein Hayley. Sy was voorwaar ‘n klein vegter. Deur die posts oor haar te volg het my weereens laat besef dat die Here ‘n Waarmaker van Sy woord is en klein Hayley het my geloof in God net weereens versterk. Liewe Heer ontvang haar siel en stel haar voor aan God die Allerhoogste

Wendy Fourie ·

Ai my hart is so seer vir julle. Sy was voorwaar ‘n vegtertjie en ‘n inspirasie vir ons almal.

Japie ·

My innige meegevoel aan die familie, maa nie saak wat jy vir hulle se nie, dit vat nie die seer weg nie. Ons het self n baba seuntjie verloor in die NICU in Januarie 2015. Daai seer gaan nooit weg nie. Sterkte!

Adele ·

So jammer pappa en mamma. Ek het jul blog slaafs gevolg en dis waar wat jy se… Hayley het duisende afgebring op hul kniee. Waar sy nou is gaan haar niertjies perfek werk en het sy geen pyn meer nie. Sterkte in die hartseer tyd. Rus sag klein dapper Hayley. Xxx

Elize C ·

My hart breek vir julle. Geen goed-bedoelde woorde gaan op hierdie stadium die seer minder maak of regtig troos nie. Rou so lank en veel as wat julle wil, dit is julle menslike reg: huil, skree, vra hoekom en word selfs kwaad, God sal verstaan. En dit is ook net Hy wat sagkens en ongemerk in jul onderbewussyn al reeds met Sy heling begin het, om aanvaarding en rustigheid te bewerkstellig, en op die ou end die ware troos sal kan gee. Baie, baie sterkte.

neelsie ·

Mag Jesus julle toevou in Sy liefde.
Sterkte — julle geloof sal julle deurdra.

charmaine ·

Ag nee, hoe hartseer rol my maskara nou. Ag wat se mens as n vreemdeling maar net gister vertel ek vir my man kinders van hierdie klein ou babatjie. En dit lyk asof sy sulke oulike en goeie ouers het.Maar die pyn sal beter raak en Liewe Jesus sal wel weer vir julle rosie of n seuntjie gee. Hy kyk na sy kinders.

pauline ·

My innige mee gevoel vir jul as ouers pieter en vroulief, daar is geen woorde wat di seer kan weg vat nie maar God het sy engel roos kom haal. Sy is di blinkste ster in die hemel as julle verlang kyk op en gesels met haar. Dink aan julle en die res van di familie

Maryke Simms ·

My innige simpatie,dis een van die seerste dinge om te doen en dis om jo kind te begrawe. Ons glo dat Jesus jul sal aanraak met Sy genesing. My hart is sommer seer. : (

Debbie Reynders ·

Die traane rol oor my wange. Ek het nie baie woorde om te sê nie, maar God het julle vegtertjie geneem en sy is nou veilig en rustig waar sy nie meer hoef te veg nie. Ek dra julle op in my gebede. Sterkte en baie liefde aan julle en familie.

Inge ·

Nee!!! Dit is verskriklik! Dit is so jammer dat dit moes gebeur het, nou het sy haar vlerkies gekry…

Hannelie Horn ·

My hart is so seer vir jul part. Saam het ons almal gebid vir kleine Hayley, saam het ons geweet niks is onmoontlik by God nie. Maar Jesus wou haar teen Sy bors koester en nou is jul klein engeltjie by Hom. My innige simpatie aan Pieter en Nicole, wat ons heeltyd op hoogte gehou het op facebook. Jul sal vertroosting kry by Jesus, daar waar Hayley nou veilig is. Baie liefde vir julle.

Lau ·

I pray that you will find the strength to get you through your grief and sadness,” we can’t know why the lily has so brief a time to bloom in the warmth of sunlight’s kiss upon its face before it folds into its fragrance and bids the world good night to rest its beauty in a gentler place, but we can know that nothing that is loved is ever lost and no one who has touched a heart can really pass away because some beauty lingers on in each memory of which they’ve been a part”

Karma ·

RIV, klein Hayley, engel-kind. Sterkte aan Mamma en Pappa. Aan almal wat Hayley se blog getrou gevolg het: dink ook aan ander premature babas, sommer dié daar in jou plaaslike hospitaal, en bid ook vir hulle: hulle het dit net so nodig soos Hayley dit gehad het, al het sy nie daarvan geweet nie.

Liz ·

Ai my hart is gebreek, dit was n baie groot skok gewees om te hoor sy is weg! Jy is reg, sy het so baie van ons op ons kniee gebring!! Julle ken ons miskien nie, maar ons huil saam met julle. Innigste meegevoel. Ons bid vir julle. ??

santoinette ·

Ek het so gehoop sy sal dit maak. Sterkte aan hayle se ouers. My hart gaan uit na hulle

Arizona ·

Ek wens ek kon die kruis vir jou dra. Ek wens ek kon jou seer kry weg vat. Ek wens ek kon al jou vrae beantwoord, ek wens ek kon die wêreld vir jou gee. Maar ek is net n mens en ek is magteloos, hier op my kniee is my gebed. Ek lê jou by Jesus se voete neer klein engeltjie. Rus nou sag.

Annapat ·

Twee bloedjong ouers wat verantwoordelikheid aanvaar het vir n kosbare lewetjie…. selfs toe hoop min was… Ek glo die Vader kyk na julle met soveel TROTS en Empatie…

Hy se Hy sal nooit iets op mens se pad sit wat jy nie sal kan dra nie… soms vra mens “Here, hoe sterk “dink” U is ons?” God Dink nie, Hy raai nie… HY WEET…

He gave his toughest conquests to His strongest soldiers… Baie sterkte aan julle en al die oumas en oupas, ooms en tannies… vriende en vriendinne…

Pam ·

RIV klein Hayley. Jy is nou in die arms van onse Vader.

Meegevoel met die jong ouerpaar. Die Vader gaan nie iets oor julle pad bring sonder ‘n rede nie

Annatjie ·

Met hartseer lees ek weer oor Hayley en haar ouers vanoggend.

My innige simpatie – Amen!

Bolander ·

Ek is so jammer om dit te hoor. Het gister nog so vir haar gebid. Maar HY het besluit die engeltjie wil HY graag by hom hê. Baie sterkte vir julle en mag HY julle al die vertroosting bring wat julle nodig het.

Daleen ·

Vanoggend oppad werk toe, oor die radio, het een van die aanbieders die naam Hayley genoem. Ek het toe hardop vir myself gesê: Hayley Meyer. Ek wonder of sy gaan deurdruk… Jammer om te hoor van kleine Hayley!! Ek het nou sommer snot en trane gesit en huil by my lessenaar!! Sy is nou by haar skepper en sal altyd op julle (haar ouers) neer kyk en glimlag!! Wees sterk liewe Mamma en Pappa. Julle is die sterkste mense en sal ook hierdeur kom. Jesus met julle. xxx

Bertie ·

Deur julle geloof is julle oorwinnaars, sterkte vir die pad vorentoe Peter en Nicole.

Charlene ·

Die eerste keer wat ek die artikel gelees het, het my hart uitgegaan na die familie.Die ou dingetjie was regtig ‘n engeltjie. Eks so jammer om te lees van haar afsterwe.Maar wees bly sy is nou by Liewe Jesus.Sy’s nou die mooiste engeltjie in die hemel……

Denise ·

Dit is hartseer net God en tyd kan hulle genees, verder kan almal wat omgee tog n bydrae lewer n bos blomme n ete doen iets vir hulle en doen dit met liefde!!!!!!!!!!!!!

Jackie ·

Mu gebede gaan saam met die familie. Die Here weet, maar julle geloof is so sterk net die Heer sal julle kan troos

charlene ·

Pieter, Nicole – ek ken julle nie maar genade weet geen mens verdien wat julle nou voel nie, as ma van 2 (een is by my en my ander baba in die hemel) pyn my hart nou vir julle. Vanoggend toe ek dit op facebook lees en ek so gehuil!!! Dis tragies… Daar is nie woorde vir julle pyn nie. As mens die nuus lees en jou facebook lees klink jy soos `n baie sterk mens – presies wat jou vrou nou nodig het, staan haar by sy lyk na so `n fyn mensie. Mag God julle dra en vertroos en as dit tyd reg is mag julle alles verstaan (dis vir my al 5 jaar later en ek verstaan nog nie) Maar God dra mens deur daai moeilike dae, die seer oomblikke wat alles net te veel raak. Mag jy en jou vrou mekaar net ondersteun en lief hê in die tyd. En soos jy sê julle klein dogtertjie het mense van oral tot op hulle knie gebring en in baie geloof weer herstel.

Hennie ·

So hartseer !!! En tog almal wat omgee kan hulle tog ook troos deur iets te gee of te doen bv n bos blomme , n heerlike ete selfs n snoesige warm kombers vir die winter doen dit met liefde!!!!!

pop ·

Wat n pragtige getuie is die bloedjong pappa en mamma vir ander. Julle mooi liefde vir God sal julle dra. Ons almal is so jammer vir julle< maar ook baie trots vir die volwasse manier wat julle dit benader.

MARTHIE ·

SO SAD……………….MY SINCERE CONDOLENCES TO HAYLEY’S PARENTS. RIP LITTLE ONE.

Berny ·

Ek stem saam met Denise – in ons gemeente doen ons wat Denise voorstel – ons deel in groepies op en dan vat ons minstens vir ‘n maand vanaf Ma-Vry vir die gesin kos en nagereg want so gesin dink nie aan kos of voel lus vir kosmaak na so eina nie. Ons ken net vir Hayley se mamma en pappa bid, want woorde het mens nie vir daardie seer nie.

Snip ·

Deepest Sympathy. When there is nothing left but God, That is when you find out God is all you need. My God be with you.

Hannelie ·

Mamma en Pappa daar is nie woorde nie ,net n ongelooflike pyn van seer in my hart vir julle.Mag Jesus julle dra nie net nou nie maar vir altyd.
Baie sterkte vir julle asook die Ouma’s Oupa’s.Rus in vrede engeltjie jy was so klein en so baie mense op hul knièe weer gebring, jy het gewys dat almal weer kan saam stil staan en tot God kan roep.Jou werkie op aarde is in n klein rukkie voltooi.Amen

Stem saam ·

Liewe klein Poppie ek stem saam soos almal bo sê, in jou kort lewetjie het jy ons almal aangeraak en weer laat sien, daar is belangriker dinge in die lewe as om net te mope en na negatiewe goed te kyk. Jou geveg om te lewe was amazing. Jy het in so kort tydjie meer gedoen as meeste van ons in ‘n hele leeftyd.

Deleen ·

My innige meegevoel kan myself indink deur watse ontsaglike harseer julle moet gaan. Weet een ding en dit is dat God ‘n doel met alles het en dat Hy julle nie deur iets sal sit wat julle nie kan hanteer nie. Glo Hy sal julle seen met ‘n ander engeltjie! Sterkte Vertrou net op Hom.

angelene ·

Sterk wees julle,di Here sal Sam jul hie deur stap hou net Sy hand styf vas,my hart is so so seer vi julle,mens wonder altyd hkm mar ons weet Hyt n doel met als al weet ons soms ni wat dai doel is ni.rip mooiste mensie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.