Wonderwerk by George-tragedie: Oorlewende uit puin bevry

Foto: Herman Pieters, Tuinroete-munisipaliteit

‘n Man, wat lewend onder die puin gevind is waar ‘n gebou Maandag in George ineengestort het, is Saterdag suksesvol uit die bourommel verwyder. Hy was 116 uur onder die puin vasgekeer.

“Dit is niks minder nie as ‘n wonderwerk,” het premier Alan Winde gesê. “Baie dankie aan al die soek- en reddingspanne.”

Maroela Media het vroeër berig alle bedrywighede is gestaak toe reddingsbeamptes die man gehoor het. “Ons het met hom gepraat en hy het met ons teruggesels,” het Leon van Wyk, burgemeester van George, vroeër gesê.

Die persoon het aan reddingsbeamptes gesê dat hy swaar gewig op sy bene voel, en paramedici was baie besorg oor dié hoeveelheid gewig ná so ʼn lang tyd. Twee chirurge is ontbied om seker te maak dat hulle dadelik met behandeling kan begin die oomblik wat hy uit die puin gehaal is.

Daar was 81 mense op die perseel toe die gebou in Victoriastraat Maandag ineengestort het. Teen Saterdag om 12:00 het die dodetal op 13 gestaan. Dertien persone (benewens die oorledene wat Saterdag gevind is) word nog in die hospitaal behandel en 39 persone word nog vermis.

George Building Collapse

Our survivor has been successfully extracted from the debris after more than 116 hours. This is nothing short of a miracle – thank you to all the search and rescue teams! ????????✨

Posted by Premier Alan Winde on Saturday, May 11, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.