‘Wonderwerk’ dat man gru-botsing oorleef

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het Donderdagoggend wonderbaarlik ʼn grusame padongeluk oorleef toe sy motor met ʼn vragmotor gebots en die motor in twee geskeur het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net ná 07:00 na die ongelukstoneel in Vereeniging ontbied.

Daar het hulle die man gevind wat steeds in die wrak van die voertuig vasgekeer was. Brandweerbeamptes het meganiese toerusting gebruik om die man uit die wrak uit te sny.

Die man is ondersoek en het wonderbaarlik net matige beserings opgedoen. Hy is deur die provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal geneem.

Van Huyssteen het gesê dit is ʼn wonderwerk dat die man die ongeluk oorleef het.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Chris Ws ·

As ons Vader YaHWeH sy hande van beskerm om jou vou sal niks of niemand jou kan doodmaak nie!Ek hoop die’ persoon besef dit nou.Wonderwerke gebeur elke dag maar te veel mense sien dit as “toeval”.Daar is nie so iets soos toevallig nie.

Gelukkig ·

Meneer, daar is NET EEN waarvoor jy moet dankie sê, en dit is vir ons Almagtige Vader. As Hy nie self saam met jou in daardie voertuig was nie, was jy nie meer vandag hier nie. Baie sterkte

Daizy ·

Ek is vanoggend verby die ongeluk, en kon nie sien hoe enige iemand dit sou kon oorleef nie!. Dis amazing! sy engelq het hom beskerm vandag!

m4 ·

So het die Here ook my kind bewaar in ‘n gru ongeluk en ek loof Hom elke dag daarvoor!

Wonderwerk ·

Sjoe, jou taak op aarde is nog nie vervul nie! God het nog groot planne vir jou jongman!

AMEN ·

Ons kom almal op ‘n tyd in ons lewe dat ons twyfel oor verskeie dinge. Hierdie persoon kan maar net hierdie foto by hom hou. Dit is genoeg bewys vir hom, dat twyfel nie in sy woordeskat hoef te wees nie,

Wonderwerk ·

Ek kyk nou weer na die foto’s: die een met die vragmotor: Die hele neus en voorwiel is bo-op die bestuurder se kant. As jy dan na die 2e foto kyk en die stuurwiel sien, kan jy nie sien hoe iemand daaruit sou kon kom sonder ‘n hoër hand nie! Weet iemand waste maak voertuig dit is? Sal vir my kind so ‘n kar wil kry, want duidelik is die bestuurs-ruimte ook goed beskerm.

Dankbaar ·

Kan mens dit sê? : “My hart swel van trots op ons (my) Jesus wat so Trou en Goed is”. Hy is ‘n Waarmaker van Sy Woord. Of die jongman is ‘n gelowige, of hy het iemand wat vir hom gebid het.

Gesiggie ·

I do believe in Angels…. dit was nie jou tyd of plek.. God het aan jou nog n kans gegee, gaan getuig van God se wonders, nie almal is altyd so gelukkig. Baie sterkte aan jou dit moes vir jou baie erg gewees het… God is Good… All the Time

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.