‘Wonderwerk’ na Gretha Wiid se dogtertjie ver val

Gretha Wiid het die foto van haar en Ghitte na die voorval op Facebook gelaai.

Gretha Wiid het die foto van haar en Ghitte na die voorval op Facebook gelaai.

Die bekende spreker Gretha Wiid se agtjarige dogtertjie het Saterdagaand ʼn noue ontkoming gehad nadat sy van ʼn drie meter hoë muur af geval het by vakansiewoonstelle in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê die meisie het glo saam met vriende op die muur gesit toe sy geval het. “Sy was in ʼn ernstige toestand en ons het haar op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.”

Wiid, ‘n bekende spreker oor verhoudingskwessies, het intussen op Facebook geskryf Ghitte het kop eerste die plaveisel getref nadat sy geval het. “’n Absolute wonderwerk! Dis wat die dokter gisteraand by ongevalle gesê het met my dogtertjie, Ghitte, se opname. En die paramedikus skud sy kop en sê dat ons regtig gelukkig is – dit kon ‘n aand gewees het wat ons hele lewe verander het.”

Wiid het ook die foto van Ghitte op Facebook gelaai.

Wiid het ook die foto van Ghitte op Facebook gelaai.

Volgens Wiid het hulle verneem dat Ghitte nie bloeding op die brein het nie en ook niks gebreek het nie. “Sjoe, dit kon soveel anders gewees het. Ek loof God saam met my gesin en klein Ghitte – nie net vir Sy getrouheid en beskerming gisteraand nie, maar ook vir die wonderlike ambulans-personeel en personeel by die hospitaal.”

Wiid het Netcare 911 ook geloof vir hulle “vinnige en professionele” optrede. “Ai julle, ‘n ongeluk gebeur so maklik en ons kan nie ons kinders in watte grootmaak nie. Kom ons wees vandag opnuut dankbaar vir God se beskerming daar waar ons kinders speel en die waters toets,” het Wiid op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mitz Malan ·

Wat soek die kind in die eerste plek op daardie muur? Dis omdat ouers maar net Godswater oor Godsakker laat loop!

Riekie ·

Mitz Malan, kry jy nie skaam oor so ‘n hartelose opmerking nie. Ek is regtig dankbaar dat jy nie my vriendin is nie. En indien jy ooit so ‘n trauma beleef (Wat ek regtig hoop nooit gebeur nie) hoop ek jy kry net liefde en ondersteuning en nie sulke verwyte nie!

Vicky ·

Baie bly vir julle, dankie Jesus, dat U haar beskerm het! Mitz Malan
dit was onnodig gewees………..

Jan ·

Baie bly dat die kind niks oorgekom het nie………..maar……….sou die kind verlam gewees het, of die ongeluk dalk noodlottig gewees het, dan kry mens antwoorde soos :” die Here het dit so beskik? “of ” ons sterretjie blom nou in die Hemel, sy is net aan ons geleen!”……………..verstaan die dinge nie altyd so mooi nie!!!!!

Charles ·

Jou aardse “reis” gaan ten beste van tye vol slaggate wees en dit is te betwyfel of jy dit hoegenaamd gaan regkry om te lewe soos God van jou verwag. Tog mag jy seker weet dat as jy volhard, as jy styf aan jou geloof vashou en jou oë op Jesus, die Begin en Voleinder van jou geloof, gerig hou jy nie geestelik moeg sal word en uitsak nie, maar eendag by die regte bestemming sal aankom.

Thys Human ·

Vriend Jaco se^ hy het hier kommentaar gelewer. maar ek kry niks! Seker maar oor hy die mense wat so maklik praat van wonderwerke en goddelike ingryping goed oor die vingers getik het.

Vind dit self vreemd dat mense wat een tyd vertel het van die lekker seks op ‘n kar se enjinkap, so diepgelowig kan wees!

Riekie ·

Gretha het eenkeer gesê sy spreek elke dag ‘lewe’ oor haar gesin en huwelik. Is dit nie ‘n wonderlike getuie vir wat ‘spreek lewe’ regtig beteken nie? Ons aanbid werklik ‘n magtige God, wat elke dag hoor en antwoord. Ek is soooo dankbaar hul dogtertjie het gespaar gebly. Gaan asseblief voort met jou goeie werk. Praat met ons volk….ons het jou nodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.