Wonderwerk ná wonderwerk red sendelingboer se lewe in plaasaanval

Mike Bonnette ná die aanval in die hospitaal. Foto: Verskaf

Wat bykans ʼn uur was, het vir Mike Bonnette (70), ʼn sendelingboer van Gauteng, soos ʼn dag gevoel nadat hy Sondag op pad kerk toe deur drie mans op sy plaas in die Midvaal-omgewing in Meyerton aangeval, erg aangerand en beroof is.

Bonnette is Vrydag uit die hospitaal ontslaan nadat hy ʼn week lank in die MediClinic Vereeniging mediese behandeling moes ontvang.

Hy het Saterdag vanuit sy huis aan Maroela Media verduidelik wat presies daardie dag gebeur het.

“My vrou, Margaret, is die oggend voor my kerk toe. Ek het sowat 09:20 kerk toe gegaan en was met my bakkie by die hek by ons huis uit, toe ek gestop het om dit toe te trek.”

Bonnette verduidelik hy het uit sy bakkie geklim, die hek toegetrek en toe hy in sy bakkie wou klim, het iemand hom van agter af geduik. “Ek het met die man begin stoei en toe ek weer sien, het twee ander mans voor my gestaan. Een van hulle het ʼn vuurwapen op my gerig en my daarmee oor my kop geslaan. Ek het die bloed oor my gesig voel loop en begin verward voel.”

Die aanvallers het Bonnette hardhandig hanteer en terug na sy huis toe gedwing terwyl hulle die heeltyd wou weet waar sy kluis is en aangedring het op geld.

“Toe ons in die kombuis kom, het ek vir hulle belowe dat ek nie ʼn kluis of baie geld het nie, maar ek het vir hulle gesê hulle kan vat wat ook al ek het. Hulle sit toe die ketel aan en die kortste van die drie sê: ‘You will learn to talk,’ en vra toe waar die strykyster is.”

Die aanvallers het Bonnette in die voorhuis in geboender, waar ʼn koord en muurprop van ʼn lamp uit die lamp geruk is. Een van die aanvallers het die koord om Bonnette se nek gedraai terwyl hulle weer gevra het waar sy kluis is. Bonnette het weer verduidelik hy het nie ʼn kluis nie. Hy is deur een booswig gewurg, terwyl die ander deur die huis gegaan en alles uit die kaste gepluk het, op soek na ʼn kluis en waardevolle besittings.

“Hulle wou ook my trouring aan my vinger hê, maar ek kon dit nie afkry nie. Hulle het gedreig om my vinger af te sny, maar ek het gevra dat ek seep moet kry. Genadiglik kon ek die ring draai en het hy uiteindelik afgekom. Die kortste een sê toe: ‘You’re not talking,’ en het toe ʼn verlengkoord gegryp, die punt afgetrek en met sy tande begin om die koperkabels te ontbloot.”

Bonnette het gesê die “kort man” het sonder aanhitsing aggressief geraak, en terwyl hy besig was om die kabels te ontbloot, het hy onder meer glo uitlatings gemaak soos “you stole our land”.

Die aanvaller het toe die ontblote koperkabels om Bonnette se enkels gedraai. “Hy was op pad na die muurprop om dit aan te skakel toe ek my bene beweeg en een kabel loskom. Die man het woedend geraak, my bene styf teen mekaar gebind en die kabels stywer vasgebind. Intussen het die hoofskakelaar van die elektrisiteit afgeskakel en die ketel wat besig was om te kook en die ontblote kabels kragloos gelaat. Dit het ook ʼn alarm by ons plaaslike gemeenskapspolisiëringforum (GPF) geaktiveer.”

Mike Bonnette. Foto: Verskaf

Die man het daarna die koord en muurprop om sy hand gedraai en Bonnette erg daarmee aangerand. Die aanvaller het sy makkers opdrag gegee om die “kookwater” te gaan haal, maar dit was net lou toe hulle dit oor Bonnette uitgooi.

“Die Here het van die begin af sy hand oor my gehou en wonderwerk ná wonderwerk het gebeur. Hulle het my daarna na die badkamer toe gedwing waar die kort man my wou skiet. Hy het die ammunisie vir my gewys. Hy het vir die ander twee gesê om weg te gaan, want hy wou nie hê hulle moet sien hoe hy die ‘white bastard’ skiet nie.”

Die ander twee aanvallers was besig om huisware in Bonnette se bakkie in te laai toe Bonnette se kleindogter se swart poedel begin het om aanhoudend te blaf. “Ek het vir die kort man gesê die GPF is hier en dit het hulle die skrik op die lyf gejaag. In daai selfde stadium het daar wel ʼn lid van die GPF opgedaag en die mans het met my bakkie op die vlug geslaan.”

Die aanvallers is weg met die egpaar en van die werkers se spaargeld, juwele, ʼn selfoon en ander waardevolle besittings.

Bonnette het verskeie hoofbeserings opgedoen en is deur Netcare 911 na die hospitaal gehaas. Hy het ook beserings aan sy been, skouers, nek, arm en rug opgedoen.

Sy bakkie is Maandag in die vroeë oggendure deur die GPF verlate naby ʼn treinstasie opgespoor.

Die polisiewoordvoerders kon sedert Vrydag nie vir kommentaar bereik word nie. Volgens Bonnette is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Hy het gesê een van die aanvallers het ʼn klapmus aangehad, die ander twee herken hy glad nie. Hy skat hulle in hul middel 30’s.

Bonnette het in die 1980’s ʼn sendelingskool in die omgewing oorgeneem, wat nou sowat 300 leerders en ʼn kerkie huisves. Sy plaas verskaf werk aan vele werkers. Hy het gesê hy dra nie haat of wrede gevoelens ná die voorval nie, maar sal wil hê dat die booswigte aangekeer word sodat geregtigheid kan geskied.

Kobus Hoffman, die VF Plus-onderleier in Gauteng en raadslid in Sedibeng-munisipaliteit, het die grusame aanval veroordeel. “Die slagoffer is ʼn boer wat onder meer op eie koste ʼn skool vir plaaslike minder bevoorregte kinders laat bou het en heelwat opheffingswerk onder die gemeenskap gedoen het,” het Hoffman gesê. “Dit is uiters betreurenswaardig dat juis só ʼn gemeenskapsaktivis en bydraer van liefdadigheid die teiken van sulke dade geword het. Dit is ʼn duidelike teken dat niks en niemand meer ontsien word nie.”

Volgens Hoffman is dit ʼn wonderwerk dat Bonnette die aanval oorleef het. “Hierdie lafhartige daad word direk toegeskryf aan die openbare aanhitsing tot geweld, haatspraak en rassehaat deur veral politici. Die VF Plus sal onverpoosd voortgaan om plaasaanvalle te internasionaliseer en onder die wêreld se aandag te bring, totdat daar daadwerklik deur die internasionale gemeenskap hierteen opgetree word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Hanna ·

En dan reken die hooggeplaastes dat plaasaanvalle niks met ras uit te waai het nie… Gaan vertel dit vir die man in die maan! Dis haatmisdade hierdie. Punt.

Eugenie ·

Hanna ek kan meer met jou saamstem as dat dit aangeblaasde haat is nie. Haat word ongelukkig nie hanteer soos die Grondwet dit bepaal nie. Hier is beslis diskriminasie te bespeur. Dit strook nie met demokrasie nie..of is hierdie land van ons regtig demokraties of skuil ‘n ander stelsel nie reeds tussen die lyne nie? Vra maar net. Ek wonder soms hoe ver ons van kommunisme is.

ferdi ·

Alles te danke aan Mallelema hoop Agri Forum en die gebed va di regverdiges word beantwoord

Al ·

Ek stem en ek sê nog steeds daar is politieke magte wat terreur en vrees onder wit mense wil injaag.

Duitser ·

Julle moet die plaasaanvalle getalle by sit ,elke dag lees ek van aanvalle maar hoeveel was daar al tot vandag.?
??

Reguit ·

Terwyl die meeste wittes in SA besig is met “appeasement”, “verdraagsaamheid”, “vergifnis”, “versoening”, “opheffing” en “onderhandeling”, is die res besig om op strepe te emigreer – want hulle wéét dat die lig aan die einde van die tonnel – is die aankomende trein.

Cherokee ·

Jou reguit is kompleet skeef want ‘meeste wittes’ is so misgevat as kan wees. Meeste wittes het wel ja gestem maar meeste wittes het nou ontwaak. Afrikaanse uitdrukking sê ‘liewer laat as nooit’.(en die agteros kom ook in die kraal!). So terloops, ek is nie een van die agterosse nie. Ek is een van die touleiers wat die agterosse kraal toe begelei het.

Wilma ·

Wat was Mokaba se woorde van aanhitsing. En toe vat Die Vader hom uit die wereld. Julius God sluimer of slaap ni.

Wolf ·

Cherokee, ek voel soos jy, maar maroela verbied my om my mening oor sekere kwessies op hulle forum te lug. Dit het hoogtyd geword dat “tou leiers”soos ons, iets daadwerklik doen om die “aankomende trein in die tonnel” soos die anc en eff te laat ontspoor, of die spoor te herlei sodat van hulle slim plannetjies niks kom nie en hulle hulself teen n rotswand totaal vernietig. Dankie vir jou bydrae. Soos die mense van die Mahikeng vir die media oor die televisie gese het, “We have been waiting for 20 years for the anc to eliviate our problems, they have done nothing.”

Gerrit ·

Mokaba is dood aan aids,maar toe word die Pietersburg stadium na hom vernoem ,so dit beteken die anc het n held verloor en hom daarvoor vereer.??

Koisan ·

Hulle en die wereld moet bewusgemaak word dat die oorspronklike grondeienaars die koisan was. Hulle het die land vannaf die noorde beset.

Anton ·

Installeer n automatiese hek, kry vier German Shepherds en n trop ganse. Honde in die huis ganse buite. Daar sal nie n ou naby jou plot kom sonder dat jy daarvan weet nie. Versteek dag/nag wild kameras wat met RF werk rondom eiendom. Gooi rubber slange orals. Wees gewapen en skiet eers. Belangrik om nie in n hinderlaag in te loop nie. Huis moet slaapkamers he met ysterdeure en yster shutters binne.

Pieter ·

Se die aanvaller presies wat sy opstoker, Juliarse Malema, heeltyd gorrel – you stole our land. Ek kan bewys dat my voorgeslagte reeds in 1795 aan die Kaap aan wal gestap het. Ek wonder hoeveel van Juliarse en sy meelopers kan enigsins bewys wanneer hulle voorgeslagte in SA aangekom het.

Stephen Namibia ·

Stem saam Kobus. Afriforum moet hierdie berigte die wereld instuur met fotos van die slagoffers. Moenie ophou nie.!!

Paul ·

Kom ons probeer weer, maar dié keer draai ons dit om. Julius het nie ‘n idee watter gevolge sy opstokery het nie.

Paul ·

Kom ons draai dit weer om soos dit aanvanklik was … hy weet presies watter gevolge sy opstokery het.

Wolf ·

AD, Ek stem saam. Vat die opstoker vas en verban hom en sy party totaal uit politiek. Hy is haatdraend en sien niks goed in ander wat nie dieselfde kleur as hy is nie.

Ella ·

Koos 2 wat stel jy voor? Hulle wag dat ons kwaad word en optree dan kan hulle ons voor die voet doodmaak.
Ek het probeer NZ toe imigreer maar is te oud en arm vir hul voorwaardes. My seun bly reeds daar maar kanale word gesluit.
Duitser my lys trek al by ongeveer 130 plaasaanvalle en ek dink.ek weet nie eens van almal.

Janneman ·

Dank die vader vir die 1ste wereldse tegnologie wat die krag “getrip” het.

Ons boere is in n baie moeilike situasie en my hart gaan uit na hulle. Dit vat prysenswaardige vermoee, baie konsentrasie en aandag aan fyner detail om suksesvol te kan boer. Daar is nie n manier wat meestal bejaarde boere hulself 24/7 kan beskerm teen n oorgrote meerderheid wat die verrasingselement aan hul kant het nie.

Malema en sy gespuis moet volgende vervolg word van aandadigheid aan moord gegewe die bewyse in sake soos die.

Jean ·

Jip koos die slapgatte en bangbroeke gaan net aanhou agteroor bly sit en stadig opgekook word want hul is bang hul gaan malema kwater maak as hul teen hom opstaan! Kan jy dit nou oor vertel???? Ongelooflik! Maar moet nie bekommerd wees nie die Australiaanse ex Suid Afrikaners sal maar betoog en die bewus making en die vuil werk doen terwyl weereens almal in Suid Afrika op hul se louere rus ….

Wikus van Heerden ·

Hoeveel jaar word ons nou al uit gemoor??
Vir plusier ? ‘n R20 of gehijack doodgeskiet en jou kar word n paar km verder net daar gelos.
GEWAPENDE ROOFTOGDE
PLAASMOORDE
WERKLOOSHEID

Maar vir hoe lank se almal daar moet iets daaraan gedoen word genoeg is genoeg hoeveel jaar en hoeveel jaar gaan ons dit nog se hoeveel bloed moet nog loop voordat daar iets gebeur.

Om briewe te skryf memmorandums boeke of vir ander lande hulp te vra gaan niks baat nie .

Hoe lank nog ? Hoeveel aanvalle ? Plaasmoorde ? Hoeveel en hoe lank nog ?

Johan ·

Wikus wees gerus.
God het ons tot nou toe gelei en beskerm.
Hy sal ons in die toekoms in ook beskerm.
Vertrou in Hom en jy sal lewe…..hopelik.

Pastoor ·

Ek dink malema kry te veel blootstelling en media gee hom hopeloos te veel airtime. Hys haatspreker. Ek weet wat ek post sal nooit geplaas word nie. Die Bewaker van my lewe Sluimer of Slaap nie. Net met ons oë sal ek sien hoe hulle verdelg word vlg ps 91

Janneman ·

I pose my question to DSTV, ETV, SABC, News24, ENCA, ANN7 and the rest of you living in a lala land:

Why do you not find the slaughter, torture and rape of innocent old men, women and children such as in this not case newsworthy enough to report on it?

How do you find a never-been politician’s retirement, a disgraced criminal president’s fathering of 22 children, arbitrary issues like sink holes and a bus strikes so important that you never ever mention the murdering of hard-working people feeding the nation?

Who are pulling your strings? Shame on you! History will judge you!!!

Chrissie ·

Ek sal alles as trotse witmens doen om ander lande nou eers bewus te maak..die gemors wat dit aanhits moet voor my kom staan..ek as vrou is gereed vir hom!!

Janneman ·

Oh, I have 1 more question for News24.

Why did you switch off your comment section? Many of your articles will be questioned and showed to be PC and incorrect. How about freedom of speech?

Are you on the ANC’s payroll?

PJC ·

Die Afrikaners is te goedgelowig en dink as hulle goed doen aan sommiges is hulle gevrywaar teen aanvalle en geweld. Dit is ook die rede waarom mense in die verlede so verkeerd gestem het en nog steeds aanhoudend verkeerd stem. Soms wonder ek ek of dit nie is van oningeligtheid of doodeenvoudig domgeit nie.

Oom Kalahari ·

MM, dit kom voor of my vorige skrywe op die berig seker weer nie te polities korrekwas nie en wat ek nie glo iets daadwerkliks verkeerd behalwe die waarheid ge-opper het nie. Nietemin Mike, ons hoop jou ‘n vinnige herstel toe en dat jy, jou gesin, familie en vriende saam deur die Sielkundige aspek sal werk. Sterkte ou Grote.

Reguit ·

Cherokee. Ek hoop werklik jy is reg, regtig. Maar, sover in elke verkiesing stem die meeste wittes op strepe vir die links-liberale DA. So, kom ons wag en kyk of jy reg is. Kom ons kyk vir wié stem die wittes die volgende keer. Om byvoorbeeld nie eers te praat van die hordes wittes wat elke Sondag in die liberale (“nie-rassige”, polities-korrekte, ens.) kerke sit nie – en in terme hiervan wil ek nie eers waag om die definisie van “liberaal” hier uit te spel nie – want elke keer as ek dít doen dan blok Maroela daardie skrywes. Maar, ek dink jy weet goed wat ek bedoel met “liberaal”.

anton ·

So n mond moet Jam kry!!!
Bly om te sien daar is nog mense met verstand, al is hulle dun gesaai.

Ella ·

Ek woon in die buiteland. Kan ons asb engelse berigte kry dat ons dit v ons mede buitelanders kan wys dat hulle kan sien wat gaan aan.

Janneman ·

Dankie Ella

Ek stem saam, MM het n engelse weergawe nodig sodat almal kan sien wat regtig in ons land aangaan.

Die meerderheid engelse pers en media is gekaap om die regerende party se “good story” te verkoop.

Jane ·

OK, kom ons verstaan nou net EEN iets mooi hier .. alhoewel ek julle SENTIMENT verstaan omtrent die BERIGTE wat in AFRIKAANS IS wat julle na die buiteland in ENGELS wil versprei . .. VERSTAAN ASB TOG NET EEN DING . MAROELA Media is ‘n AFRIKAANSE koerant soos die BEELD ‘n AFRIKAANSE koerant is .. Hulle bied GRATIS AANLYN NUUS< so daar is nie iemand wat hulle nog kan betaal om dit te VERTAAL ook en 'n ENGELSE weergawe daarvan uit te sit nie dan SAL JULLE DAARVOOR MOET BETAAL, soos julle vir NETWERK 24 en die BEELD elke dag moet betaal .. Ek wil nie lelik wees nie en ek verstaan julle frustrasie maar daar is baie berigte op FACEBOOK en ander koerante wat in Engels is wat julle dalk sal kan uitstuur.

bella ·

Al wat ek kan sê is dat met al die sogenaamde sekuriteit firmas ens word omtrent geen moord of aanval voorkom nie. Voorkoming moet die doel wees nie om die dooie en stukkende mense op te tel nie. Vader U sien ons is hulpeloos. Stuur asb U engele mag om ons te beskerm en ‘n kring om ons te trek dat geen onheil ons tref nie. Wis asb ons vyande uit. In Jesus Heilige Naam. Amen.

harry adendorff ·

Waar is FW-ROELFIE- KORTBROEK EN KIE. nou? Wat van “wigte en teenwigte”

Antjie ·

Alle dank aan ons Hemelvader. In sy Naam, twee vrae:

Wat verhoed enigiemand om nou ʼn saak van poging tot moord te open teen JM? Daar is dalk selfs ruimte vir samewerking vanaf regeringskant deurdat hulle ook só voel, selfs net omdat niks beduidends gedoen is om hierdie duidelike golf van suiwer haat te stop nie. Ek dink die Internasionale Strafhof kan selfs help met waarde van getuienis selfs al sou so ʼn klagte dalk nie daar hoort nie.

Tweedens, wat is JM en kie se gevoel oor die miljoene wit Suid-Afrikaners wat NIE enige eiendom besit nie? Wat huurders en, in ons ou taal, slegs bywoners is? Selfs diegene wat by familie woon en hul aanwas inperk weens “omstandighede”? Aangesien hul geen simpatie ontvang van Afrikane of Europeër in hierdie verband nie, is hulle nie werd om Aardbewoners genoem te word nes die tenagekomenes, insluitend hierdie moordenaars en aanhitsers/samewerkers nie?

Dit laat meer as 20% van die bevolking onveilig voel, waar ookal hulle slaap snags. Is dit vir die res maar net OK?

L. Niemand ·

Boere moet regtig daaraan begin dink om betroubare mense in hul huise in te neem. Veiligheid lê in getalle. As daar 5 mense is wat gewapen is en kan terug baklei, kan hulle ‘n aanval oorleef sonder om gemartel te word. Hierdie is ‘n lae intensiteit oorlog. Ons weet mos mense wat alleen is maak dit nie on oorlogtye en anargie nie, so hoekom nie mense inneem nie?

Hannie ·

Niks gaan volgens my mening verander nie, moord en dood gety, sal nogtans aanhou bid.

Pieter ·

Wil ons Australiese vriende as. die storie vertaal en versprei. Ek sal prober om dit aan Min Sisulu te stuur om te wys hoe goed dit met ons boere gaan???!!!

Flip ·

Ek stem saam met die persoon se komentaar nou die dag op MM. Dis tyd dat ALLE boere GEEN produk lewer vir twee maande nie. Dan is daar GEEN vleis, groente, vrugte, melk, eiers, brood, meel ens. op die einkel rakke nie. Ek voel hoekom moet die boere “getraf” word omdat hulle wit is? Laat die HELE LAND SAAM swaarkry met beperkte voedsel tot die regering wakker skrik……

KOOS 2 ·

Ek wil weet hoekom word hulle nooit gevang nie en jy hoor nooit wat gebeur met hulle AS !!!!!! Hulle gevang word nie

wilweet ·

Dit is sleg dat iemand wat net goed doen, so aangeval en gelukkig net beseer is. Maar as jou vel wit is, kan jy hoe goed doen en soveel “ophef” as jy wil, dit beteken niks. Hul sien net velkleur en niks verder nie.!!!!

Miracle ·

Ek wil nou nie die NAT VADDOEK WEES NIE, maar die EINTLIKE WONDERWERK sou wees as hy GLAD NIE AANGEVAL gewees was nie. Hy help so baie mense wat swaarkry en agtergeblewenes en STEEDS het hulle hom gemartel en probeer doodmaak .. Weet nou nie meer so mooi nie. Maak nie saak of jy goed of sleg is vir seker mense nie . hulle SAL jou martel en hulle SAL jou vermoor ..

BB ·

Hierdie tipe gebeure moet met foto’s en al op alle media die wereld ingestuur word. Die wereld moet visueel sien wat in SA aan die gang is.

Marietjie ·

Dit is baie hartseer wat met die oom gebeur het maar in `n land waar ons tussen terroriste woon kan ons seker nie beter verwag nie. Ons het terroriste tussen ons in die winkelsentrums, op sypaadjies, wat verby ons huise loop en “window shopping” doen. Ons is oorgegee aan presies dit waarvoor ons jongmanne destyds opgelei was om teen te veg en hulle jonglewens moes opoffer…alles vir niks. Dit gaan nie nie net oor aanhitsing nie, dit is doodeeenvoudig in hulle om haatdraend te wees en vernietigend te wees. `n Lewe beteken niks vir hulle nie en in my oë is dit terroriste.

Donald ·

Ek het n video gister gesien van n dame wat leunverklikker toetse doen in verband met plaas aanvalle. Sy het al by die 1300 toetse gedoen met plaaswerkers. Sy se in 100% van al die gevalle is plaaswerkers betrokke. Net iets om oor te dink. Ken jy regtig n persoon?

GM ·

Dit maak my so kwaad as onskuldige mense aangeval word as gevolg van opstokers wat dink die wêreld behoort aan hulle, en dan moet die slagoffer en sy gesin nog met al die mediese uitgawes ook opgeskeep sit. Laat die staat betaal vir private behandeling. Die boer se regte is geskend. En sy familie kort ook vergoeding. Fair is fair!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.