Wonderwerk op Oujaarsaand toe vyf ongeluk oorleef

Die motor met die vyf insittendes het op sy dak in die rivier langs Witkoppenweg in Fourways beland. Foto: ER24

Vyf mense het so hittete nie Oujaarsaand oorleef nie nadat die motor waarin hulle onderweg was, die pad verlaat en in ʼn rivier beland het.

Nooddienste het net ná 22:00 Maandagaand op die toneel langs Witkoppenweg in Fourways, Gauteng, opgedaag. Hulle het op drie mans en twee vroue afgekom wat toe reeds daarin geslaag het om hulle uit die wrak te bevry wat halfpad onder die water was.

Paramedici het saam met hulle teen die wal uitgestap. Die vyf het net geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

ER24 sê dis nie duidelik wat tot die ongeluk aanleiding gegee het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.