‘Wonderwerk’ toe staalpyp seun (10) deurboor

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig kan moontlik sensitiewe lesers ontstel.

Gideon Terry in die Life Wilgers-hospitaal. Foto: Verskaf

Gideon Terry in die Life Wilgers-hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Pa van Pretoria het Sondag vertel van die “wonderwerk” dat sy tienjarige seun nie verlam is nie, nadat ʼn staalpen sy lyf deurboor en sy rugwerwel met ʼn paar sentimeter gemis het.

Rudi Terry het aan Maroela Media gesê dokters is verstom dat sy seun, Gideon, ʼn baie ernstige besering vrygespring het nadat hy van ʼn muur gespring en bo-op ʼn staalpyp te lande gekom het. “Dit is regtig ʼn wonderwerk en ʼn bewys dat ons nog ʼn Pappa daar bo het wat na ons kinders kyk,” het Terry gesê.

Terry vertel sy vrou en twee kinders het Donderdagaand by sy skoonma se huis in die ooste van Pretoria gekuier, toe die fratsongeluk gebeur het. “Gideon en sy sussie het bo-op die tuinmuur gestaan en met buurkind gepraat. Hulle mag nie op die muur staan nie en toe hulle die tuinhekkie hoor oopgaan toe my skoonma uitkom, het hulle vinnig afgespring,” het hy gesê.

Gideon het op ʼn staalpyp te lande gekom, wat regop in die grond geplant was om ʼn klein boompie regop te hou. Die pyp is by sy bobeen in, deur sy bekken en langs sy ruggraat verby, voordat dit net onder die vel by sy bladbeen tot stilstand gekom het. “My vrou het dadelik nader gehardloop en gesien Gideon hang so half oor die boompie met sy rug gebuig. Sy het nie dadelik besef wat gebeur het nie en net gesien Gideon kan nie beweeg nie,” het Terry gesê.

“Gideon het self later vertel hy het eers gedink die pen is net by sy broek en onder sy t-hemp in. Hy het ook nie dadelik besef die pen is deur sy lyf nie.”

45cm van hierdie staalpyp was binne Gideon se lyf. Foto: Verskaf

45cm van hierdie staalpyp was binne Gideon se lyf. Foto: Verskaf

Terry se vrou en skoonma het Gideon van die staalpyp afgetrek en met hom na die Life Wilgers-hospitaal gejaag. Terry, wat op daardie stadium in Durban was, het die eerste beskikbare vlug gehaal om sy seun by te staan.

By die hospitaal het dokters skanderings gedoen om na die inwendige skade te kyk en was verstom om te sien die pen het al die lewensbelangrike are, kolon en rugwerwels gemis. “Die pen het ʼn klein gaatjie deur sy bekken gemaak, amper asof dit daar geboor is, maar die been is nie gebreek nie. Die pen het ook sy dikderm en die belangrike are gemis. Dit is ongelukkig deur ʼn paar spiere, maar in die groter prentjie was die skade eintlik minimaal,” het Terry gesê.

Hy verduidelik ʼn kneusplek op Gideon se rug wys duidelik waar die pen onder die vel tot stilstand gekom het. Altesaam 45cm van die pen was binne Gideon se lyf.

Gideon, ʼn leerder aan Laerskool Voorpos in Waverley, is steeds in die hospitaal aangesien dokters eers sy infeksietelling onder beheer wil kry voor hy ontslaan word. “Hy het gister vir die eerste keer ʼn klein entjie geloop. Hy het nog baie seer, maar dokters is oortuig hy sal ten volle herstel,” het Terry gesê.

“Dit is nie ʼn lekker ding wat gebeur het nie, maar ons besef dit is ʼn wonderwerk. As die punt van die staalpyp skerper was, kon Gideon dalk doodgebloei het. As die pyp die rugwerwel getref het, was hy dalk verlam. Ons kan net dankbaar wees dat dit nie gebeur het nie en vir mense van hierdie wonderwerk vertel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

RB ·

Sterkte julle. Ons het ʼn awesomeVader. Bid vir seun se volkome herstel.

snoefie ·

so bly die kind het ernstiger beserings vrygespring. mense ons moet terug na God. al maak ds, pastoor en kie ons ongelukkig en kwaad. laat ons nie die kerke verlaat nie.

Mvs ·

Dis n wonderwerk! Wys jou net daar is Iemand wat oor ons waak! Sterkte vir almal!

Sarie ·

U genade is gròòt… Dankie dat U, U hand van beskerming oor klein Gideon gehou het. Mag ons àlmal besef, hoè belangrik dit is om daagliks die bloed van Christus oor onsself & ons geliefdes te pleit. Slegte dinge gebeur daagliks, maar wanneer die paaie sò oorlaai is met swaargelaaide voertuie, & bestuurders moeg & geirriteerd raak, kan mens niè oorleef as God niè SÝ hand oor jou hou nie… Ons weet almal dat talle bestuurders niè nugter is nie & dat mense wat taxis & busse op lang roetes moet bestuur, dikwels dagga rook om wakker te bly. Hoe meer ritte ‘n taxi gedurende die feestyd kan aflê, hoe meer geld maak die bestuurder… Wat baie vd gebruikers niè besef nie, is dat die brein nà ‘n sekere tyd sonder slaap, soortvan na “auto pilot” oorskakel & dat dit mèèste vd ongelukke veroorsaak nie.. Koffie & energiedrankies, kan jou ook nèt sò lank wakker hou…

Anoniem ·

Een van die belangrikste reëls van noodhulp: moenie so pen (of wat ook al in die pasiënt sy lyf insteek) uittrek nie, want dit kan bloeding vererger. Neem die kind net so met pen en al in sy lyfie hospitaal toe. Stem saam, hierdie is ‘n wonderwerk.

Gogga ·

In n ander berig is genoem dat hulle nie die pen uit die grond kon kry nie, dus die rede dat hulle die pen uitgetrek het.

Anoniem ·

Gogga, jammer, ek het nie besef hulle kon nie die ysterpen uit die grond kry nie. Dit sou egter nogtans veiliger wees om dan te wag vir hulp, vir iemand om die ysterpen af te saag of te knip. Hulle ken moontlik nie noodhulp nie? Ek raai hulle het almal so groot geskrik, hulle wou hom net so vinnig moontlik by hulp uitkry. Hoop die laaitie word gou gesond.

Marianne ·

GENADE ONBESKRYFLIK GROOT!!! ‘n ENGEL HET HIERDIE KIND GEVANG. DANK GOD!!!
Mannetjie in die toekoms WEES VERSIGTIG EN LUISTER!!!!
Jy sal sekerlik nie weer sulke nonsens aan jaag nie! Waar sit jou ore?
Ons is verheug saam met die hele familie. Die skok sal draend bly, die les ‘n leeftheid.

wilma ·

Ai mense die wie nie in n Lewende God glo ni mag jul oe oopgaan wanneer jul na hierdie wonderwerk kyk van Gideon. God Se Genade is Onbeskryflik Groot. Strongs broertjie

Chris ·

Ek kan nou nie regtig sien vir wie preek jy nie. Almal loof en prys hier wat ek sien.

Sarie ·

U genade is gròòt O HEER… Dankie dat U, U hand van beskerming oor klein Gideon gehou het. Mag ons àlmal besef, hoè belangrik dit is om daagliks die bloed van Christus oor onsself & ons geliefdes te pleit. Slegte dinge gebeur daagliks, maar wanneer die paaie sò oorlaai is met swaargelaaide voertuie, & bestuurders moeg & geirriteerd raak, kan mens niè oorleef as God niè SÝ hand oor jou hou nie… Ons weet almal dat talle bestuurders niè nugter is nie & dat mense wat taxis & busse op lang roetes moet bestuur, dikwels dagga rook om wakker te bly. Hoe meer ritte ‘n taxi gedurende die feestyd kan aflê, hoe meer geld maak die bestuurder… Wat baie vd gebruikers niè besef nie, is dat die brein nà ‘n sekere tyd sonder slaap, soortvan na “auto pilot” oorskakel & dat dit mèèste vd ongelukke veroorsaak nie.. Koffie & energiedrankies, kan jou ook nèt sò lank wakker hou…

Verward ·

Ek is baie baie bly om te hoor Gideon het so lig afgekom van so n ernstige ongeluk.
Maar dit daar gelaat…Sarie…askies ek verstaan nie mooi hoekom jy oor die gevaar op ons paaie praat as die artikel gaan oor n wonderwerk wat met die kind gebeur het nie. ???

Wilbro ·

Ek het Vrydag iemand in dieselfde saal besoek toe sien ek die kommer op sy mamma se gesig. Só bly alles gaan regkom. Sterkte.

LS ·

God is GROOT !!!
Dankie vir die wonderwerk, dit maak mens se hart sommer warm klop!

Tarina ·

Genade Rudi, baie sterkte vir jou en Zani jong…… ek kan nie go wat ek lees nie. Wys jou net daar is n God wat waak oor ons almal. Baie sterkte en gee tog vir hom n drukkie en soen. Sjoe wragties waar wonderwerke gebeur. Ek dink aan julle.

Vriendin ·

Rudi en Zani, baie baie sterkte vir julle en Gideon, julle is in ons harte en Gebede, liefde, xx

ANDRE ·

Hy IS baie gelukkig , kon dodelik gewees het . Het in die vroee 80’s by n vriend op n plaas gaan kuier. Klomp seuntjies het besluit om skelm in die groot krip te gaan swem en een het ingeduik . Daar was n groot regop staalpyp in die middel van die krip net onder die water , hy was nie so gelukkig nie.

Penelope ·

God is groot!!! Baie sterkte seun, word gou gesond. Sterkte aan die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.