Woolies herroep ook sekere boksies appelsap

Woolworths het ook sekere boksies van sy appelsap herroep. (Foto: Woolworths)

Woolworths het ook aangekondig dat hy sekere van sy appelsap weens veiligheidskommer herroep.

Die kleinhandelaar sê na aanleiding van roetinegehaltetoetse, het hy die 100%-appelsap in 200ml-boksies herroep.

“Ons herroep enkelboksies en sespakke met ʼn vervaldatum van 23, 28 en 29 Maart 2022. Dit is geïdentifiseer dat hierdie produkte vlakke van patulien bevat wat hoër as die regulatoriese beperking is,” lui ʼn verklaring van die kettinggroep.

Patulien is ʼn natuurlike mikotoksien. Verhoogde vlakke daarvan kan siektetoestande tot gevolg hê.

“Ons bestuur en verhoed mikrobiese besmetting van voedsel en doen dit al jare lank. Ons het streng protokolle as deel van ons voedselveiligheidsbestuursproses en om die veiligheid van ons produkte te verseker, stel ons bykomende monitering in werking waar ons voedsel onafhanklik getoets word,” lui die verklaring.

Woolworths sê klante wat die produkte gekoop het, kan dit na die naaste Woolworths terugneem vir ʼn volle terugbetaling.

Die besluit kom nadat Pioneer Foods verlede week ook aangekondig het dat hy sy 100%-appelsapprodukte wat onder die LiquiFruit-handelsmerk in Suid-Afrika, Botswana en Namibië verkoop word, herroep.

Die sap het ook verhoogde vlakke van mikotoksien bevat.

Van die maatskappy se 100%-appelsapprodukte wat onder die Ceres-handelsmerk in ander lande verkoop word, is ook noodgedwonge van winkelrakke verwyder.

Pioneer Foods se stap was net meer as ’n week nadat ses Appletiser-besendings glo weens dieselfde rede deur Coca-Cola Suid-Afrika herroep is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Barney ·

Lekker sap gemaak met daai vrot appels en toe word hulle uitgevang. Ag wat, hulle gaan dit net vermenteer en as jy weer sien is dit ń savanna op die bottelstoor rak.

Hendrik ·

Hierdie lyk vir my na georganiseerde sabotasie. Die verantwoordelike persone wat die spesifieke deel vd ‘resep’ bestuur kan dit maklik manupileer. Ek dink ‘n intensiewe forensiese inspeksie is nodig.

Pieter ·

Nee wat. Jare lank drink die woollies shoppers sappies wat van vrot vrugte gemaak is met swamme. LMGA

Samuel ·

So wat nou, Woolworths? Pioneer Foods was julle een voor en julle koop van hulle. Hou op om julle eie beul te blaas.

Hardekwas ·

Ek dal liewers dié sappe in die toekoms vermy. Nie net van Woolworths nie maar alle kettingwinkels. As dit nie die polonie is wat vrot is nie is dit die sap. Alles om n geldjie te maak uit die niks vermoedende publiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.