Woolies ontken kameras in aanpashokkies

Woolworths sê die kameras kan nie binne-in die aanpashokkies verfilm nie. Foto: Facebook

Woolworths sê die kameras buite aanpashokkies in sy winkels word so geïnstalleer dat dit nie kan verfilm hoe mense klere aanpas nie.

ʼn Vrou van KwaZulu-Natal, Sonal Madhoo, het ʼn opskudding in die sosiale media veroorsaak nadat sy ʼn foto van so ʼn kamera in die Pavillion-winkelsentrum in Durban geplaas en daarby geskryf het: “Hei, Woolworths. Wat is die storie met die kameras in die aanpashokkies in jul Pavillion-winkel? Is dit regtig jul besigheid om jul klante se privaatheid te skend?”

Dis nie die eerste keer dat Woolworths onder skoot kom oor kameras by die aanpashokkies nie. In April 2016 het Tambo okaDumiso van Richardsbaai, aan KwaZulu-Natal se Noordkus, getwiet oor ʼn soortgelyke kamera waar sy gemeen het klante privaatheid gegun moet word, berig die Durbanse dagblad die Daily News.

Woolworths het toe gesê die kamera is nie na die aanpashokkies gedraai nie, maar op die toonbank waar klante ʼn nommer kry vir die getal items wat hulle by die hokkies inneem en klere los wat hulle nie wil koop nadat hulle dit aangepas het nie.

Die meeste Facebook-gebruikers verstaan nie Madhoo se verontwaardiging nie. “By die ingang na die aanpashokkies?” wil ene Juls Frankthetank Neto weet. “Dit is waar jou items deur die personeel nagegaan word voor jy die hokkie binnegaan.

Sal jy daarvan hou as ʼn kamera op jou vrou of dogter gerig word terwyl sy klere aanpas?

“Al mense wat ek my kan voorstel hieroor ontsteld sal wees, is verdagte mense wat iets in hul handsak wil steek, hoekom anders kyk hulle na die plafon?”

Ken Pillay stem saam: “Niks is fout hier nie. En ek neem aan dis vir veiligheid. Mense word deesdae oral aangeval en beroof. Mense het ook al bomme in Woolworths[-winkels] geplant; so ek reken dis vir klante se veiligheid.”

Nadat tientalle mense Madhoo gekritiseer het in opeenvolgende kommentaar op Facebook, vra Liyana Maria of niemand dan ʼn reeks kommentare kan lees nie. “Die dame het die foto BINNE-IN die hokkie geneem. Sal jy daarvan hou as ʼn kamera op jou vrou of dogter gerig word terwyl sy klere aanpas? As jy dink niks skort hiermee nie, is jy siek in jou kop.”

Kirsten Hewett, Woolworths se kommunikasiehoof, was nie Maandag beskikbaar om Maroela Media se vrae te beantwoord nie, maar sy het wel aan die Daily News gesê: “Die kameras fokus net op die ingang na die aanpashokkies. Hulle word so geïnstalleer dat dit nie moontlik is om binne-in die hokkies te sien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Niel ·

dan moet hulle ‘n screenshot gee van die kamera se “view” dat mens kan sien dat die kamera nie in die hokkie kan “aim” nie.

Santjie ·

Nou hoekom is die kamera dan binne die aanpashokkie? en as jy mos nou ‘n nommer kry vir die hoeveelheid items wat jy gaan aanpas, is dit mos die persoon by die ingang se werk om seker te maak dat dieselfde hoeveelheid items weer uitkom?

C ·

Kan seker nie ‘n moeilike ondersoek wees nie. Gaan die bandopnames na en kyk self waar hierdie kameras orals afneem. Ek dink tog dit is goed dat daar kameras is maar ja, daar moet respek vir jou privaatheid ook wees. Ek glo hierdie probleem sal vinning opgelos kan word.

Laura ·

Ek sal net graag wil weet of die wat die aantuigings maak dit eers met die winkel se bestuur bespreek het voordat hulle dit op facebook geplaas het?
Is daar bewyse vanaf die sekuriteits kameras dat daar wel mense afgeneem is – het iemand al aangedring om daarna te kyk?
Mense moet ook net onthou dan groot keting winkels ‘n saak van naam beskadiging kan maak teen persone wat valslike informasie oor hulle kwyt raak.

Wildeperd ·

Woolies is welkom om my strip show in die aanpaskamer te verfilm. Solank ek net 50% van die geld kry wanneer hulle dit verkoop.

Ben ·

Ag bestuur seker moeg om na sy uie vrou te kyk nou kyk hul ma na ander vroue
Of is dit om die jong dogter s afteloer

1+1 ·

Skelms in ons land het honderd-duisendvoudig toegeneem. Alles is gekriminaliseer en almal is onder verdenking. Wat moet die arme handelaars doen om hulle produkte wat op snaakse plekke weggesteek word te beskerm.

Robert ·

Wonder of die mense weet dat binne in die omhulsel is die kamera se lens. Dit is nie noodwendig in die rigting wat jy dink nie. Dit hang ook af wat die hoek van die lens is. Jy sal eers behoorlik kan sien in watter rigting die lens gerig is as jy die donker koepel behoorlik belig. Ek kan nie dink dat WW so stupid sal wees om ‘n kamera daar op te sit om mense af te loer wat aan en uit trek nie. Maar die vrou wat gekla het kon gerus maar eers met die bestuur gaan praat het en uitgevind het wat sien die kamera voordat sy ‘n groot hoo haa daaroor gaan maak het . Nou het sy haar naam krater gemaak. Pasop vir sosiale media dit kan jou ondergang beteken.

Ai tog! ·

Dis nie te sê as die kamara daar is dit wys in die hokkie nie. Hier is ‘n kamara by my lessenaar, maar wys wat op die vloer aangaan en kan my tafel of kliente nie eers sien nie wat by my sit nie. Mense is geneig om maar te oorreageer. Hoekom het sy nie gaan vra om die beeldmateriaal van daardie spesifieke kamara se sien, dan het sy nou vrede gehad.

Karolis ·

Netso kan ons dink dat sy dalk iets wou gaps en daaroor die bohaai oor die kameras.

Laurika ·

So, hulle sê die kameras is weg gedraai van die aantrek hokkies af. So wat as iemand gaan en hulle in die aantrek hokkie in draai soggens of saans terwyl die winkel nog vir die publiek toe is? Hoe weet ons? Die feit dat hy op ‘n plek is waar iemand hom nog kan draai, pla my. Ook, as die kameras deur ‘n professionele sekuriteits firma geinstalleer was, sou hulle geweet het om nie ‘n kamera daar te plaas nie.

Tammy ·

Ha ha ha hoe lekker lag ek nou.. Skuus vir die een maar ek het dadelik en onwillikeurig gedink aan die klomp vrouens ….en mans wat hulleself kaal afneem, soms ook hul geslagsdele en dit dan vir mekaar stuur. Dit, is onaanvaarbaar, los maar vir Woolworths uit, hulle sal nie loerbroer speel nie, en ja maak seker voordat Woollies betwyfel word.

Dave ·

Ek ken daai kamaras, as jy hom kan sien sal hy jou waarneem. Dit kameras dek n hele 360′ omtrek! So hou op om hulle verdedig! Dis skending van jou privaatheid!

Robert ·

Dave: die kamera op still mode dek nie 360 grade nie, ek weet nie van een kamera wat selfs 180 grade dek nie. Die meeste is maar hy by 110 grade. Ditis ‘n still kamera wat geinstalleer is en sal net ‘n sekere grade dek.

Monty kroezen ·

Die kamera binne die donker omhulsel kan op of af en amper 360grade gedraai word deur die persoon wat die monitor beheer

Natalie ·

So ‘n paar maande gelede is ‘n vrou in ons plaaslike winkel sentrum helder oordag in die badkamers verkrag. As daar kameras was (ten minste op die wasbakkies gerig) sou sekuriteit dalk gesien daar gaan iemand in wat nie daar hoort nie. Voorheen het daar ook altyd ‘n dame werker in die badkamer gesit, maar dit gebeur ook nie meer nie, seker om geld te spaar aan personeel.

RG ·

By dredgars in Sandton is daar ook kameras in die aantrek hokkies. Ek dink dis onaanvaarbaar, maak nie saak watter kant die kamera wys nie. Soos mens egter hier kan sien pla dit min vrouens.

Marchelle Young ·

Ek is baie jammer, maar ek altyd op boontoe. Wie is dan nou lus vir ‘n loervink? Die vrou het alle reg om Woolies hieroor aan te vat.

Celeste ·

As die dame of dames hulle werk behoorlik doen wat veronderstel is om by die ingang te staan en te kyk hoeveel klere jy invat en dan n bortjie gee met die hoeveelheid items wat jy het, en seker maak jy kom met dieselfde uit sou die kameras nie nodig wees nie. Maar nee hulle gesels te lekker met hulle vriendinne en ignoreer jou as jy iets vra. Dan word hulle nog betaal vir dit. Woolies moet bykom en hulle personeel behoorlik bekyk in plaas daarvan om kameras op te sit in aantrek hokkies. Se maar net

Amelia ·

Gewoonlik by alle winkels vat ek my eie kaartjie en pas aan en kom weer uit. Daar is nooit personeel wat dai hokkie ten volle beman nie.,

Alida ·

Dit is walglik as dit waar is. Aan die ander kant wie pas onderklere aan aan? Jy koop jou no en klaar. Die boklere kry jy mos n kaart voor dus kan jy dit nie onder jou eie klere aantrek en dink jy gaan wegkom daarmee nie. Tensy die een wat die kaarte uitdeel met haar selfoon besig is.

Sê net ·

Nee wat, neem net ‘n blikkie skeerroom saam in die hokkie in. spuit ‘n klomp room op die kamera en doen jou ding. As hulle wil kla oor saakbeskadiging kan hulle maar net die room afvee. (en die hokkie sal dalk lekkerder ruik) So ontneem jy die perverte van die voorreg om na jou te loer.

Amelia ·

Lekker man lekker……..nog n rede hoekom ek nie die rykmanswinkel ondersteun nie. Party dink mos as hulle NET woolies kos koop en klere dra, dan is hul besonders en uitverkore. hahahaaaa

Woolies te duur vir ons middelklas ·

Ek koop glad nie by woolies clothing of food en edgars nie. Hulle is belaglik duur met hul klere pryse en jy bet vir die winkel se naam. Ek ondersteun maar Pep boutique en Jet boutique. Hul goedkoper as Ww en Edgars en doe chineese klere winkels. Ek bet eerder R200 vir 1 sweetpak en kry nog paarsent kleingeld as wat R300 bet vir n sweetpak en nie kleingeld kry nie en alby winkels se klere doen die selfde werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.