Woolworths sê jammer oor dierepels

Die hempies. Foto: Verskaf.

Woolworths het Woensdag gesê hy het onmiddellik drie verskillende kinder-T-hempies van die winkelrakke afgehaal waarin daar glo dierepels in die afwerking gebruik is.

“Woolworths wil graag sy klante in kennis stel dat [die maatskappy] bedag gemaak is op die potensiële gebruik van dierepels in die tossel-afwerking van drie kinderhempies. Die produk is met onmiddellike inwerkingtreding van die rakke gehaal hangende verdere ondersoek,” het ʼn verklaring gelui.

Volgens Woolworths het onafhanklike toeste getoon dat die stof wat in die afwerking gebruik is inderdaad dierepels is. “Dit is ons etiese verantwoordelikheid om te verseker dat die diere in ons produksieketting so menslik moontlik hanteer word. Op dié grondslag stel Woolworths se beleid dit duidelik dat geen dierepels in enige van ons produkte gebruik mag word nie.”

Woolworths het gesê een van hul verskaffers het in dié geval afwerking by ʼn derde party aangekoop gegrond op hul sintetiese spesifikasies en nie getoets of die pels sinteties of van diere afkomstig is nie.

“Ons wil opreg om verskoning vra aan ons klante vir hierdie teleurstellende voorval. Dit weerspieël nie die hoë standaarde wat ons vir onsself daarstel nie. In die lig van die voorval sal ons ons beleidstellings wat dierewelsyn behels, versterk om verdere bewusmaking op alle vlakke te verseker. Ons sal bykomende kontroles en toetse instel om te verseker dat so iets nie weer gebeur nie.”

Daar is glo reeds 1 276 van die hempies verkoop. Dit is die “Flaming-T-hemp”, die “Let’s roll-T-hemp” en die “Milkshake-T-hemp” wat deur die voorval geraak word.

Klante wat van dié T-hemde gekoop het, kan dit na ʼn Woolworths-winkel terugneem vir ʼn volle terugbetaling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Monty

Woolies is belaglik hulle moet Dan ook all leer skoene en klere van die rakke afhaal

Nefie

Maak half nie sin nie. Hulle verkoop diere produkte om te eet, maar nie die pels nie.

Cherokee

Ek hou daarvan, ken nie Woolworths nie en wonder of al die skoene wat hulle verkoop van kunsleer is.

Patrys

Dankie woolies. Waardeer dit. Geen ander winkel sal dieselfde doen nie. Dis hom ek altyd woolies sal ondersteun, eties en sal nie skroom om hul foute reg te stel nie.
As jy nie die kruks hier om verstaan nie moet jy jouself bietjie inlig rondom die verskillende etiek van pels, leer en kos.

Rudie Thirion

Ons gesin, soos duisende ander in die suide van Namibië is deur dierepels onderhou. Dit het betaal vir ons skoolloobane. Ek, my broer en vier susters het almal naskoolse kwalifikasies, waarvan drie doktorsgrade en nog twee ander nagraadse kwalifikasies verwerf het. Ons het al ses ‘n bydrae tot ons samelewing gelewer, en doen dit steeds. En so ook duisende ander mense wat van daardie wêreld kom. Die ekonomie van daardie omgewing is op die karakoelboerdery gebou. Dit is maklik om op ‘n hoë troontjie te sit en die gebruik van dierepels in een bondel te gooi en dan oordeel uit… Lees meer »