Woolworths sê jammer oor dierepels

Die hempies. Foto: Verskaf.

Woolworths het Woensdag gesê hy het onmiddellik drie verskillende kinder-T-hempies van die winkelrakke afgehaal waarin daar glo dierepels in die afwerking gebruik is.

“Woolworths wil graag sy klante in kennis stel dat [die maatskappy] bedag gemaak is op die potensiële gebruik van dierepels in die tossel-afwerking van drie kinderhempies. Die produk is met onmiddellike inwerkingtreding van die rakke gehaal hangende verdere ondersoek,” het ʼn verklaring gelui.

Volgens Woolworths het onafhanklike toeste getoon dat die stof wat in die afwerking gebruik is inderdaad dierepels is. “Dit is ons etiese verantwoordelikheid om te verseker dat die diere in ons produksieketting so menslik moontlik hanteer word. Op dié grondslag stel Woolworths se beleid dit duidelik dat geen dierepels in enige van ons produkte gebruik mag word nie.”

Woolworths het gesê een van hul verskaffers het in dié geval afwerking by ʼn derde party aangekoop gegrond op hul sintetiese spesifikasies en nie getoets of die pels sinteties of van diere afkomstig is nie.

“Ons wil opreg om verskoning vra aan ons klante vir hierdie teleurstellende voorval. Dit weerspieël nie die hoë standaarde wat ons vir onsself daarstel nie. In die lig van die voorval sal ons ons beleidstellings wat dierewelsyn behels, versterk om verdere bewusmaking op alle vlakke te verseker. Ons sal bykomende kontroles en toetse instel om te verseker dat so iets nie weer gebeur nie.”

Daar is glo reeds 1 276 van die hempies verkoop. Dit is die “Flaming-T-hemp”, die “Let’s roll-T-hemp” en die “Milkshake-T-hemp” wat deur die voorval geraak word.

Klante wat van dié T-hemde gekoop het, kan dit na ʼn Woolworths-winkel terugneem vir ʼn volle terugbetaling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Monty ·

Woolies is belaglik hulle moet Dan ook all leer skoene en klere van die rakke afhaal

Nefie ·

Maak half nie sin nie. Hulle verkoop diere produkte om te eet, maar nie die pels nie.

Cherokee ·

Ek hou daarvan, ken nie Woolworths nie en wonder of al die skoene wat hulle verkoop van kunsleer is.

Patrys ·

Dankie woolies. Waardeer dit. Geen ander winkel sal dieselfde doen nie. Dis hom ek altyd woolies sal ondersteun, eties en sal nie skroom om hul foute reg te stel nie.
As jy nie die kruks hier om verstaan nie moet jy jouself bietjie inlig rondom die verskillende etiek van pels, leer en kos.

Ina ·

Ja Patrys, ek stem saam met jou. Die wat se hulle verkoop dan kos (vleis) ook in Woolworths, ai, dis nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan vir my oor die wreedagtige uitmoor van diere vir hulle pels. En meestal is dit reeds bedreigde diere. Het ons mensdom al so verhard dat hulle nie omgee dat diere doodgemaak word vir hulle vel nie?

Rudie Thirion ·

Ons gesin, soos duisende ander in die suide van Namibië is deur dierepels onderhou. Dit het betaal vir ons skoolloobane. Ek, my broer en vier susters het almal naskoolse kwalifikasies, waarvan drie doktorsgrade en nog twee ander nagraadse kwalifikasies verwerf het. Ons het al ses ‘n bydrae tot ons samelewing gelewer, en doen dit steeds. En so ook duisende ander mense wat van daardie wêreld kom. Die ekonomie van daardie omgewing is op die karakoelboerdery gebou. Dit is maklik om op ‘n hoë troontjie te sit en die gebruik van dierepels in een bondel te gooi en dan oordeel uit te spreek oor ‘n bedryf wat jy niks van weet nie en mense te kriminaliseer wat jy van geen Adamskant ken nie.

Tania Nell ·

Ek dink die mense is gekant teen die DOODMAAK van diere vir hulle pelse.

Nell ·

Waarom moet mense altyd polities raak? Geen wonder die land is in so gemors nie. Hier is geen liefde, respek en verdraagsaamheid meer nie (en dit kom van alle kante van die samelewing).

Ek stem saam ·

Dit hang af hoe dierepels bekom is en ek dink dis die faktor hier. Daar was ‘n tv program ‘n ruk terug hoe wreed diere aangehou en behandel word (OOSTE weereens) en dan net pels gebruik. Applous aan Woolies!

Hou van wit ·

Dankie Kat,
Ek koop ook nie daar nie.
Rudie, ek stem ook 100% saam met jou.
Van hierdie mense wat so uitvaar oor pelse weet nie wat aangaan nie.
Dit was in die vroeë 1980’s ook ons hoof inkomste.
2000 tot 3000 lammers geslag vir pels per seisoen/lamtyd.
Wat dink “hierdie” mense wat gebeur met die beeste se velle.
Daai lekker sagte Rump steak wat so gekoop word….. Dis niks???? Moet net nie die vel gebruik nie!!!!! Belaglik

Ouvrou ·

Ja lyk my die mense vergeet te vining wat het vroeer gebeur met Woolworths , geen blanke mense kry werk daar nie. En die personeel is in elk geval nie opgelei om met mense te werk nie.
So dankie maar nee dankie

Theresa ·

Belde ook van leer. Talle items. Maar ek dink meeste mense wat skerm vir teen-diere-pels, is as mens dink aan hoe Tiere en bv donkies (onlangs in nuus gewees) ly voordat hul afgeslag word vir hul pels. Woolworths tree nou bietjie overboard op, maar dit sal interessant wees om te hoor of die tossels van beesvel, haasvel, karakoelvel of krokodilvel gemaak is.

Toppie ·

Ja – en WW wou ‘n paar jaar terug ‘n “HALAAL”-teken op CHRISTELIKE “hot cross buns” plaas . . . dit was die laaste wat ek ‘n voet oor hul drumpel gesit het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.