Woolworths waarsku oor slenter

Só lyk die boodskap.

Só lyk die boodskap.

Woolworths het Suid-Afrikaners gewaarsku oor ʼn selfoonslenter wat mense duur te staan kan kom en onder die naam van verskeie groot maatskappye uitgestuur word.

Die foonslenter behels ʼn SMS-boodskap wat beweer jy kan ʼn koopbewys van R6 500 by Woolworths wen deur op die skakel in die boodskap te klik en aan ʼn peiling deel te neem. Volgens Woolworths word sosiale media en WhatsApp ook gebruik.

“Ons regsverteenwoordigers is in kontak met bit.ly [die boodskap word met die skakel versprei] en ons het die skakel by die groot webbedieners, sosiale media-netwerke en WhatsApp en BBM aangemeld,” het Woolworths gesê.

Talle mense het intussen ook op sosiale media hul misnoeë uitgespreek. Volgens een gebruiker word mens outomaties aan ʼn selfoondiens wat R7 per dag kos, ingeteken as mens die skakel volg. Ander gebruikers het gesê die slenter word ook tans onder die naam van ander maatskappye soos Shoprite en McDonald’s uitgestuur.

“Die koopbewys-slenter is niks nuut nie. Die handelsmerk wat geteiken word verander dikwels. Die idee is om ʼn kliënt se besonderhede te kry en hul teen ʼn fooi op verskeie ‘selfoondienste’ in te teken. Dit is nie ʼn virus nie. Ons het die peiling egter by verskeie webbedieners, soekenjins en sosiale media-netwerke as kwaadwillige sagteware [malware] aangemeld,” het Woolworths gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JoeV ·

Wanneer mens foon kontrak uitneem is daar in baie klein skrif ‘n reël wat die verskaffer die reg gee om namens derdepartye geld van jou te verhaal. Jy kan daai reël uithaal en teken daarby. Indien so iets gebeur, sit dot op die betroke netwerk se facebook, neem skermskoot indien hulle jou blok ad bewys. Nog elke keer al die geld terug ontvang. Iemand moet net ondersoek instel oor hoekom hierdie dienste nooit vaste adres het en meestal aan die netwerk se personeel of friend van behoort

Naome ·

Ek het ook die skakel gevolg, hoe kan ek uitvind of hulle die R7 nou aftrek? En hoe kanselleer ek dit?

Jeanie ·

Ter aansluiting van bdskp wat gestuur is oor scam !
Hoe om te kanselleer as j in hul wip gevang is ! Stuur soos ek ontavng het:

NUWE SCAM: As jy n boodskap of n link kry jy kan R6500 se Woolworths, Checkers(enige bekende maatskappy) of watse vouchers ook al wen moenie die link volg nie en as jy reeds het is jy nou vir n daaglikse bedrag subscribed

Kanseleer dit so:

MTN *141*5# gaan na content services

Vodacom Sms STOP ALL na 30333

Cell C *133*1#

Jeanie ·

Ter aansluiting van bdskp wat gestuur is oor scam !
Hoe om te kanselleer as j in hul wip gevang is ! Stuur soos ek ontavng het:

NUWE SCAM: As jy n boodskap of n link kry jy kan R6500 se Woolworths, Checkers(enige bekende maatskappy) of watse vouchers ook al wen moenie die link volg nie en as jy reeds het is jy nou vir n daaglikse bedrag subscribed

Kanseleer dit so:

MTN *141*5# gaan na content services

Vodacom Sms STOP ALL na 30333

Cell C *133*1#

marcel ·

Dit was ook onder die handelsnaam van spar gedoen. Ek het 2 keer probeer maar dadelik gesien daar is fout. Hulle stuur vir jou ń e-mail en daarop kan jy unsubscribe.

Piet ·

Daar is baie wat besighede se name gebruik om dit te doen die selfoon maatskappye moet meer doen om dit te stop en meer die inligting gee om dit te stop

Pendoring ·

Hoekom sal hulle? Vodacom alleen maak by die R20 miljoen ‘n dag uit VAS (Value Added Services) uit. Hulle gaan tog nie die gans wat die goue eiers lê nekomdraai nie? Wees maar net bedag. As iets te goed is om waar te wees, dan is dit.

annari ·

Het ook vir die een geval, nou om die R7 te kanselleer, het nog nie ‘n epos ontvang nie. Kan iemand help asb.

Tessa ·

As jy mtn is kan jy die volgende doen…….*141*5# kies opsie 2. As daar iets is sal hy jou se en dan kan jy daar unsubscribe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.