Worcester-ma tronk toe weens bedrog

Argieffoto

Die vrou wat daarvan skuldig bevind is dat sy miljoene rande van ʼn regsfirma gesteel het, moet vir nege jaar tronk toe gaan.

Marlize Kellerman (38), ʼn ma van twee, is in 2018 in Worcester deur die Valke in hegtenis geneem. Sy is aangekla van bedrog ter waarde van R4,6 miljoen.

Kellerman, ʼn oudwerknemer van ʼn regsfirma op Worcester, het haar gewese werkgewer na bewering uit geld van die maatskappy se trustrekening bedrieg, sê die Valke Dinsdag in ʼn verklaring. Sy het dit gedoen deur geld uit die firma se rekening in haar eie rekening oor te betaal. Die bedrog is oor ʼn tydperk van vier jaar gepleeg.

Sy is uiteindelik op 385 klagtes van bedrog skuldig bevind.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

antieke antie ·

jinne … hoe kry mense dit reg….is daar dan niemand wat goed nagaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.