Worcester-man in hof wat glo jok oor rooftog

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 42-jarige man het Vrydag in die Worcester-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklag van meineed en dwarsboming van die gereg nadat hy ʼn valse klag van roof aanhangig gemaak het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het die klag by die Worcester-polisiestasie aanhangig gemaak. Hy het gesê hy is van R17 000 beroof toe onbekende mans hom met ʼn vuurwapen gedreig het.

“Die man het tydens die onderhoud teenstrydige getuienis gegee, wat die polisiebeamptes agterdogtig gemaak het. Hulle het daarna die vragmotor ondersoek wat hy bestuur het,” het Van Wyk verduidelik. “Dieselfde bedrag wat die man beweer het is gesteel, is egter in die vragmotor gevind. Die man is dadelik in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die geld.”

Die man moet op 23 Maart weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Sannie sê dit is min wat jy dit kry. Miskien nie so min as algemeen bekend, Sannie. Eisers belieg dikwels versekeringsmaatskappye en daar was ‘n geval toeka se tyd gelede waar ‘n vrou se kar gerol en uitgebrand het. ‘n Lyk wat in die wrak gevind is, is later uitgewys as die van ‘n kind. Vaagweg word onthou dat daar eienaars van ‘n dodehuis op ‘n manier betrokke was. ‘n Versekeringseis is geloods en of dit uitbetaal is, is nie bekend nie. Ook nie of die vrou wat veronderstel was om die kar te bestuur ooit gevind is nie. Mense wat meer daarvan onthou (dit kon in die Oos-Transcvaal gewees het) kan gerus meer vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.