Worcester-man met duur onwettige stene betrap

‘n Worcester-man het dié diamante glo by ‘n taxi-bestuurder gekoop.

Die Wes-Kaapse polisie se teenbende-eenheid was Vrydag op Worcester besig om bendegeweld te ondersoek, toe hulle inligting ontvang oor ʼn plaaslike man wat glo op pad was om diamante by ʼn taxibestuurder te koop.

“Toe die polisie die man in dié prentjiemooi Bolandse dorp opspoor, het hulle hom agtervolg. Later het hulle hom voorgekeer en deursoek, waarna hulle diamante met ʼn geraamde straatwaarde van R1,2 miljoen in sy besit gevind het,” het ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, gesê. Die diamante is na bewering onwettig bekom.

Die 39-jarige verdagte is in hegtenis geneem en is tans in aanhouding tot sy verskyning in die landdroshof op Worcester, waar hy van die besit van onwettige diamante aangekla sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie J ·

Ag hoe pateties! Versaak hulle ondersoek na bendegeweld om n klippie smous aan te keer. Dis mos n maklike arrestasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.