Worcester-polisielid en verdagte se ma vas oor korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Worcester in die Wes-Kaap is Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn klaer probeer oorreed het om kriminele aanklagte te laat vaar.

“Die 32-jarige polisiebeampte van die Worcester-polisiestasie, staan tereg op aanklag van korrupsie en dwarsboming van die gereg,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hy het gesê sy moes ʼn saak van poging tot moord teen ʼn lid van die JCY-bende ondersoek, van ʼn voorval wat ongeveer ʼn jaar gelede plaasgevind het. “Tydens haar interaksie met die klaer, is ʼn geldelike beloning vir hom aangebied om die klagtes te laat vaar. Die verdagte se ma het ook soms die polisiebeampte vergesel wanneer sy die klaer besoek het.”

Volgens Traut het die verdagte se 56-jarige ma glo ook ander getuies geïntimideer om nie teen haar seun te getuig nie. Die ma is ook Vrydagoggend in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van intimidasie.

Die twee vroue sal Maandag in die landdroshof in Worcester verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.