Worcester-polisieman dood aangetref

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisieman (44) van Worcester in die Wes-Kaap is Woensdagoggend langs sy amptelike voertuig dood aangetref.

“Die beampte is dood aangetref in Culemborgstraat,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Daar was nie enige sigbare beserings nie.”

Die polisieman was aan diens en was nog in sy polisieuniform geklee. “Volgens ʼn voorlopige ondersoek het hy Woensdagoggend omstreeks 04:20 die voertuig verlaat en hy het met ʼn persoon of persone in die straat gesels,” het Van Wyk verduidelik. “Hy het vroeër op ʼn aanklag van huisbraak in die gebied reageer en terwyl sy kollega die dossier voorberei het, het hy op sy eie patrolliewerk gedoen.”

Sy rang en naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.