Worcester-vrou sterf in huisbrand

Argieffoto

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Maandag in ʼn huisbrand in Worcester in die Wes-Kaap dood.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici van dié nooddienste omstreeks 16:00 na die huis in Siyamangaweg ontbied en was brandbestryders van Bredevallei reeds op die toneel besig om die brand te bestry.

“Brandbestryders het die brand gou onder bedwang gebring. Met nadere ondersoek het paramedici die vrou se liggaam tussen die puin van die huis gevind,” het Meiring gesê.

“Ongelukkig was sy reeds dood en daar kon niks vir haar gedoen word nie.”

Omstandighede rakende die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kannaland ·

Wat gaan aan met die baie brande deesdae oral, dis soos die Bybel se tyd in Egipte toe die volk geslaan is met rampe, brande!

Stella ·

Brande,raak nou hoogmode soos om pasgebore babas in asblikke weg te gooi, NUWE pragtige Suid Afrika. Dit raak Al hoe erger,geen wet en orde meer nie,is on van naar te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.