‘Word ATKV nou TKV?’

Die VF Plus het Donderdag bevraagteken of die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in wese nou net ʼn Taal en Kultuurvereniging geword het.

Dit kom nadat Deidre le Hanie, nuwe besturende direkteur van die ATKV, vandeesweek aangekondig het dat die organisasie ʼn nuwe strategiese fokus het en ʼn nuwe rigting inslaan deur Afrikaans in ʼn meertaligheidskonteks te bevorder.

Die nuwe strategie sluit onder meer in dat leerders voortaan ʼn Afrikaanse toespraak óf ʼn toespraak in die taal van hul keuse (byvoorbeeld Sotho of Tswana) of selfs albei sal kan lewer tydens die ATKV-redenaarskompetisie. Dié kompetisie sal voortaan Afrikaanse, Engelse en Afrikataal-beoordelaars hê. Die organisasie is ook besig met derdetaalkursusse vir sy personeel.

Dr. Pieter Mulder, voormalige leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê daar is niks mee verkeerd om na ander taalgroepe in Suid-Afrika uit te reik nie, maar dat die nuwe strategie die hoofbesigheid van die ATKV kan verander.

“Vir 87 jaar was die ATKV ʼn kultuurtuiste vir Afrikaans. Vir baie jare het die regering en die staat die Afrikaanse taal en kultuurlewe beskerm en ondersteun. Daarom was dit nie nodig dat Afrikaanse burgerlike organisasies onnodig tyd en geld aan hierdie funksies afstaan nie. Sedert 1994 is dit nie meer die geval nie,” het Mulder gesê.

“Lede van die Afrikaanse gemeenskap het op ʼn vrywillige basis organisasies soos die ATKV, FAK, Solidariteit, VF Plus, AfriForum, en dies meer, geldelik en andersins ondersteun om hierdie vakuum vir hulle te vul. Die ATKV het sedert 1994 ʼn groot en belangrike rol hierin gespeel, veral om alle Afrikaanssprekendes by sy aktiwiteite te betrek.”

Mulder het gesê daar is tans ook regeringsdruk op Afrikaans, en Afrikaanse kultuur- en burgerlike organisasies ervaar ʼn berekende finansiële afskaling deur die regering van alles wat met Afrikaans verbind word. “Die departement van kuns- en kultuur se begroting en projekte wys hoe daar na alle ander groepe uitgereik word, maar hoe die Afrikaanse taalgemeenskap afgeskeep word. Die Afrikaanse taalgemeenskap sal daarom armer wees om die ATKV, of enige soortgelyke organisasie, in hierdie tyd te verloor,” het hy gesê.

“Die geskiedenis het bewys dat as ʼn organisasie probeer om alles vir almal te wees, dit dikwels in die middel deurval en eindig deur niks vir niemand te wees nie. As ʼn ATKV-lid vir dekades sal ek, saam met duisende ander Afrikaanse ATKV-lede, die praktiese uitvoering van die beoogde projekte dophou voor ʼn finale gevolgtrekking oor die ‘nuwe’ ATKV en die nuwe uitvoerende hoof gemaak kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

SP ·

Ek het van die begin gedink hierdie is die verkeerde aanstelling,sy het self erken sy weet nie veel vd ATKV nie.

Meneer Oubaas ·

Dit is skokkend dat die ATKV mense in bestuursposisies aanstel wat nie veel van die organisasie weet nie. Verander dan maar die naam na tkv.

Eugene ·

Afrikaners wil die beste van alle werelde he – die oorgrote meerderheid stem vir partye wat nie Afrikaans ondersteun nie – and dan is hulle verbaas dat hulle geen sterk invloed het in (sommige) Afrikaanse organisasies nie.

Basies waarop dit neerkom is: as jy jouself oopmaak vir almal dan neem almal oor – as jy jouself oopmaak vir dit dan het jy net jouself te blameer.

Eugene ·

Slegs as die oorgrote meerderheid van ons vir ‘n Afrikaner politieke party stem, sal ons ‘n sterk genoeg politieke stem he in alle areas in die samelewing, want ons sal verteenwoordigende lede he in alle instellings. As byvoorbeeld die meeste van ‘n Afrikaanse instelling se lede nie aan ‘n Afrikaner party (‘n party wat Afrikaans ondersteun) behoort nie, dan het so ‘n instelling geen rede om sy Afrikaner identiteit te behou nie.

Ek hoop mense gaan goed dink hieroor. Hoekom moet ander partye en ander mense ons taal beskerm as ons dit nie self kan doen nie?

Etienne ·

Die behoud van die afrikaanse kultuur en taal is gevestig in die dekades oue gesegte “bring bymekaar die wat bymekaar hoort”. Ek sal my jaarlijkse lidmaatskap fooi onttrek. Ek het in 1960 aangesluit en as ek reg onthou omtrent 2 sjielings per maand betaal.

JoeV ·

Was 37 jaar lid, sou maand kennis gee maar die verandering het te vinnig gekom sonder kennis aan lede.

humor ·

Ons al maar sien of sy z se voorbeeld gaan volg en teen haar beterwete en teen vele waarskuwings halstarrig sal volhard om die ATKV ten gronde te ploeg. Indien wel bevestig dit maar net een waarheid en dit is dat daar versteekte motiewe is.

Willem de Beer ·

Ek sê al die afgelope 2 jaar dat die ATKV sy naam moet verander na SATKV: Suid Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging. Kon duidelik waarneem dat Afrikaners nie meer hulle primêre teiken groep is nie. Soos oral in SA die geval is, sal Afrikaners in hulle eie organisasie uitgedruk word. Die organisasie is gekaap. Vaarwel ATKV.

Nellie Mostert ·

Ek stem. Ek dink elke taal moet hulle eie TKV he. As ons nie gaan staan vir die behoud van ons taal nie. Niemand anders ook nie…..

Johanna Botha ·

Is daar nie n zulu kultuur vereniging nie …hoekom nie wonder ek ? Maar afrikaans moet net toegee en inklusief wees en wat gebeur of kom van die etniese kant… PRESIES Net mooi NIKS !

Ben Prinsloo ·

Dit wil vir my voorkom asof hierdie dame daarna streef om ook polities korrek te wees. Oppas dame so iets het partykeer die neiging om van agteraf te byt. U is besig om u hand te oorspeel.

Gerhard Neuhoff ·

Ek dink ons Suid Afrikaner..Afrikaanse volkie raak nou bietjie moeg om agteroor te buig, jammer te se en nederig te wees! Mag ons niks van ons eie he nie. Ek praat van Afrikaans…nie van velkleur nie.

Ernst ·

Ek het gister ‘n epos ontvang van die ATKV waarin hulle my verseker dat die ATKV nog die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereeniging is, MAAR hulle wil he die Afrikaner moet ander tale en kultuure help. My antwoord aan hulle was eenvoudig. As hulle daai rigting wil inslaan dan is dit ” totsiens” vir my lidmaatskap. Ek stel nie belang in die ander kultuure nie en hulle kan vir hulle self sorg. Baie dankie

Nellie Mostert ·

Se ek ook. Die regering kan ons belasting geld gebruik om na hulle te kyk!

Nellie Mostert ·

Se ek ook. Die regering kan ons belasting geld gebruik om na hulle te kyk!

Robert Naude ·

Hulle is seker mos nou al mooi groot en oud genoeg om hulself te help. Fokus op dit wat vir ons saak maak.

Jan Jooste ·

Wat het die bestuur gerook toe hulle iemand aanstel wat nie primer ‘n kampvegter is vir Afrikaans nie? Het sy enigsins ‘n geskiedenis van ondersteuning van Afrikaans? Hoe kan daar nou van die dame ontslae geraak word? Ek vermoed dat diegene wat haar aangestel het – dalk ook moet voetslaan.

humor ·

En dan is daar nog die grote vraag ook en wie se die andertalige wil gehelp word. Sal dit dan ook ontaard in kunsmatige, geforseerde aksie soos dit voorheen in sekere gemeentes plaas gevind het waar die jonge domineetjie terwille van eenheid die Kerkrade se koppe geswaai het om ten duurste n bussie aan te koop om andere na die kerk te vervoer en dit tog maar dood geloop het omdat die andere dit nie meer snaaks gevind het nie.

Bekommerd ·

Het ek n blonde oomblik of wat-is Pieter MULDER nog leier van VF+? In elk geval, ek het stukkie van die ATKV dame se onderhoud onlangs oor RSG gehoor en was nie beindruk.

Bekommerd ·

Het ek n blonde oomblik of wat-is Pieter MULDER nog leier van VF+? In elk geval, ek het stukkie van die ATKV dame se onderhoud onlangs oor RSG gehoor en was nie beindruk.

Petra ·

Ja nee kyk Dan sal al die Afrikaans-sprekendes maar moet onttrek en saam met Solidariteit en Afri-Forum skaar om so ons eie kultuur te behou.

Wynand Kruger ·

Sy het nie eens geweet wie die ATKV is nie. Toe sy die pos kry het sy begin oplees. Soos alles anders is die res te sleg om hul eie te he en moet dit was ons het gekaap word. Die een probleem is dat Zupta die nuwe deel van die groter koek gesteel het. Die res moet die ou koek deel. Die ander is die verdeeltheid tussen Afrikaners. Hulle kan nie eens onderskei wat politieke partye se oogmerke is nie. Ons sal soos swape op ons louere sit tot niks oor is nie

Jaco Grobler ·

Ek is heeltemal daarvoor om ander te help, maar hierdie gaan nie werk nie, die afrikaner moet sy eie taal en kultuur bevorder, so die engelsman en die zoeloe. Hoe gaan jy jou eie baba, klein Jannie oppas as Sipho en Johnny se ouers elke oggend hulle twee kinders by jou huis kom aflaai, jy gaan die arme kêrel afskeep! Boonop kry die ‘ouers’ nou kans om lekker te koffie drink by die winkels terwyl jy rondhardloop. Ek ondersteun voortaan kleiner kleiner, meer doelgerigte organisasies.

Ada ·

Moenie die ATKV kaap nie. Dit is ons eie. Die vrou moet maar eerder na die Zulu’s toe gaan en daar ‘n organisasie gaan stig waar sy haar droom kan kan uitleef. Gaan nie by Afrikaans werk nie. Die naam se dit tog alles? Verstaan die vrou dit nie?

Pro Afrikaans. ·

Dit lyk of die ATKV hul eie SPUR oomblik beleef het. Ek stel glad nie verder in hul doen en late belang nie of om hul oorde te be soek nie.

bgj van der westhuizen ·

wel dit is tyd dat ons dan nuwe een stig wat net een taal beworder en dit is Afrikaans

Bennie Van Zyl ·

As dit wel die geval is kan die ATKV verseker wees dat ek my lidmaatskap gaan eindig.

Domvraag ·

Om n trein te stop moet jy aanboord kom en dan oorneem. Is dit die begin van die einde vir die ATKV?
Waar is die lede van die ATKV? Was die lede geken in die besluit want hierdie is die begin van n wesenlike verandering van wat en waarvoor die ATKV staan. Die volgende wat gaan gebeur is dat die ATKV se kompetisies in Engels aangebied gaan word sodat almal dit kan verstaan en so gaan die ATKV wat ons ken vernietig word.
As al die lede beswaar maak teen wat le Hanie doen dan kan ATKV behou word om afrikaans te beskerm en te bevorder. Kyk wat het met Spur gebeur.
Laat die lede besluit en nie le Hanie.
Kom julle groot Afrikaanse geeste, begin met n petisie en laat ons sien wat sê die lede.

Riaan V ·

Domvraag. Ek meen nie dat die groot Afrikaanse geeste met ‘n petisie hoef te begin om te hoor wat die lede meen nie, die lede moet SELF optree, ek was tot gister lid Vor0225, maar het bedank en my debietorder gestop, net 5 minute van my tyd geneem. Waarom wag vir ander??

anton ·

Eintelik skok niks my meer nie!!!
Daar gaan nog n dag kom dat daar n wet gaan wees wat jou verbied om Afrikaans te praat in jou eie huis. En die meerderheid sal eenvoudig net sê…….Amen.

Soos n vriend dit onlangs stel…….Ons is die padda in die pot water wat stadig warm gemaak word.

Pietie ·

Ek hoop regtig Mev Le Hanie lees die reaksie op haar, waarskynlik besigheidsgedrewe, besluit oor die inbring van ander tale. Die ATKV moet duidelik besluit of hul Afrikaans wil bly en indien wel Mev Le Hanie stop met haar verwarrende uitlatings, asseblief!!! Ons het al duidelik gesien hoe Afrikaans verdrywe word by instellings wat voorheen Afrikaans was.

Nita ·

Good bay.. ATKV.. Ek het spur geboikot… Nou sal ek julle boikot….As jul sou aangaan met veranderinge….kyk na die skole.. Universiteite. Nee wat good bay..

Eish ·

Ek gaan verseker niks dophou nie. Geen wag en kyk benadering die kant van die draad nie. Die ATKV het sy nuwe beleidsaankondiging in die openbaar gemaak met groot “Fanfare” op Mandeladag. Enige terugspoor op die pad ingeslaan, toon in elk geval dat hul nie te vertroue is met ons kultuurskatte nie. Hierdie was voorwaar vir my n waterskeidingsjaar. n Jaar wat die klaaglike mislukking van integrasie weereens bewys het. Ook n jaar van keuses. Die kerk het masaal gevaal in sy profetiese taak en vervreemd geraak van Woordgetrouheid en ontaard in n liberale spiritualiteit. Die DA het waaragtig die Afrikaansprekende blanke vervreem.
Die Spur het sy posisie as Afrikaanse familieirestaurant verkoop vir n pot lensiesop. Dus, na 23 jaar van agteruitgang, het ek die volgende besluite geneem, my stem tydens die verkiesing gaan voortaan aan die VF, Spur sal my in der ewigheid nie weer sien nie, My Afriforum bydra word verhoog met die R81.00 van die ATKV, my offergawe wat kerk toe toe sou gaan, gaan vir Akademia. Die klompie uitgesoektes het hul male sonder tal bewys dat hul gesuiwer is van pretensies, hensoppers en het sover met waagmoed, geballanseerd en met n Christelike waardesisteem opgetree. My spraak gesprook.

Johann Oosthuizen ·

Wel gedaan – stem saam, vaar maar nie wel nie – ATKV!

anton ·

Eish, ek kan en wil nie vir jou sê wat jy met jou geld moet doen nie. Ek stem met meeste van jou saam maar die deel van jou 10de of offergawe wat jy wil weerhou, stel ek voor jy heroorweeg dit. Daai geld gaan vir God se huis en dit is ook so n opdrag van God. As n kerk daai geld verkeerd aanwend, is die ”sonde” op hulle. (Maleagi 3:8-10)- 1953 vertaling.
Dalk is jy ongelukkig met jou huidige kerk maar glo my daar is dan andere wat jy kan besoek wat dalk meer sal voldoen aan dit wat jy na soek.
Glo my dit is wat ek gedoen het en dit werk goed vir my.
Dit is net n voorstel. Sterkte.

Gerhard ·

As jy Mag deel verloor jy mag. Ons moet wat eie aan ons is oppas. Hulle kan mos hul eie taal organisasie stig sonder om te kom aas.

Tammy ·

Totsiens ATKV hierdie was my laaste jaar as n lid. Ek het dit nog as die enigste Afrikaanse organisasie gekoester. Nou …neewat totsiens…. Geniet die meertaligheid!!!

Tammy ·

Die ander mense kan mos hulle eie organisasies stig. Hoekom altyd kom oes by ons? Kyk byvoorbeeld na al die kunstefeeste. Maak dit oop vir almal en die ondergang vind onmiddelik plaas. Ai tog!!

andrea van vuren ·

Ek het in die verlede vele ATKV skryfskole bygewoon onder leiding van die bekende prof. Hans du Plessis. Wat ‘n ervaring! Bekende skrywers het ons kom toespreek o.a. PG du Plessis, Dana Snyman, Deon Meyer en nog vele meer. My vraag is, gaan die skryfskole nou meertalig en geïntegreerd wees? Nog ‘n bekende Afrikaner bastion het in die stof gebyt. Totsiens ATKV!

Tammy ·

Hierdie geval is n duidelike opvolger vir die Spur boikot. So jammer!!! Wonder wat se Me. le Hanie van die kommentaar van die lede wat ATKV gebring het tot hier. Wonder of sy belangstel om te weet hoe die lede voel?? Daag haar uit tot openbare kommentaar!

Die Lid ·

As ek enige ander taal as Afrikaans in Die Taalgenoot sien, kanselleer ek my lidmaatskap!

Dirk ·

Onmiddelik moet die mense hul lidmaatskap kanselleer en nie nou net weer sleutelbord vegters wees nie. Dis ons geld wat hul gebring het waar hul vandag is, vir ons taal en ons kultuur. Slaan hul waar dit die seerste maak en dis met geld.

Pro Afrikaans ·

Dit is duidelik dat hierdie vrou buite haar diepte is.Sy hetnie benul waaroor dit gaan nie. Ek hoop sy het ingelig geraak met al ons kommentare. Hoop sy vat vinnig die pad. Dalk na n laerskool toe.

Chris ·

Sien dieATKV lede is baie omgekrap.Wat sal van al die bates word van die vereniging.Behoort dit aan die lede?Wie gaan die geld kry as bates ens verkoop moet word.Nog nooit n lid gewees van al die sonlig organisasies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.