“Word ons almal maar net nog misdaadstatistieke?”

crime scene tapeDie Afrikanerbond het Maandag in reaksie op die moorde op Senzo Meyiwa en Johan Janse van Rensburg gesê hulle is bekommerd dat die slagoffers met verloop van tyd, maar net nog misdaadstatistieke word.

Meyiwa, Bafana Bafana-kaptein, is Sondagaand by ʼn huis in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet. Janse van Rensburg is Saterdag op sy plaas buite Leeudoringstad vermoor. “Terwyl 5 378 polisiebeamptes die president, en sy 35 ministers en 37 adjunkministers en hul huise moet beskerm, beleef die gemiddelde Suid-Afrikaner ʼn lae intensiteit misdaadoorlog waarin 17 068 mense van Maart 2013 tot Maart 2014 vermoor is – 809 meer as die vorige tydperk,” het Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, gesê.

“Die vraag moet egter gevra word: Wat moet nog gebeur alvorens die Suid-Afrikaanse regering daadwerklik optree? Misdaad, wetteloosheid en die gepaardgaande kommer oor die verval van die strafregstelsel in Suid-Afrika het egter nou ʼn keerpunt bereik en sal daar nou nuut en indringend besinning moet kom oor die totale misdaadsituasie in Suid-Afrika,” volgens Schoeman.

Hy het gesê elke strategie van die regering teen misdaad, het tot dusver skouspelagtig misluk. “ʼn Nuwe, drastiese benadering met nuwe, maar verreikende uitkomste vir ʼn abnormale situasie met betrekking tot misdaad is nou dringend nodig. As ʼn eerste stap sal die regering en sy leiers uit die gemaksone van hulle beveiliging moet kom en self die realiteite van ʼn onveilige Suid-Afrika ervaar. Die meer as 5 000 lede van die SAPD wat omsien na hulle beveiliging kan reeds ʼn dramatiese verskil maak in die stryd teen misdaad.”

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het intussen in reaksie op die moord op Janse van Rensburg boere gelukgewens nadat hulle gekeer het dat die vermeende plaasmoordenaars wegkom. “Die CDP vind dit onaanvaarbaar dat mense wat duidelik uit selfverdediging opgetree het, met ʼn swaard van ʼn moordklag oor hul koppe moet leef tot die vervolgingsgesag of howe besluit dat dit geregverdig was,” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gesê.

“Ons weet dit is bloot ʼn prosedure om moorddosiere te open, maar daar was reeds voorvalle waar wetsgehoorsame burgers, of selfs die slagoffers, gearresteer is. Ons doen weer eens ʼn beroep op die owerhede om die dossiere iets anders te noem om die trauma van die wat geïmpliseer word, effens te verlig. Trouens, ons beskou die praktyk om sulke dossiere moorddossiere te noem ʼn skending van die geïmpliseerdes se menseregte, wanneer hulle eintlik as helde beskou moet word,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Is die hooggeplaastes beter as ons mense is hulle bang om ook dood gemaak te word.Bring vir ons Botswana se President hy sal die doodstraf onmiddelike in bring .Want ek dink ons het ook nou genoeg gehad vd slapgat regering

Gerhard Bezuidenhout ·

Zuma is “up in arms” oor die dood van die sokkerspeler maar die klierkop se niks daarvan dat Johan van Rensburg deur barbare doodgeskiet is nie , inteendeel hy se nooit enigiets oor blankes wat vermoor word nie. Duidelik wys hy watse verskuilde agenda daar is.

ewalt ·

ja hulle se

die doodstraf is nie n afskrik middel nie maar niemand wat gehang was het nog weer gemoor en geryp nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.