Working on Fire vra verskoning; presidensie gryp in

Die Working on Fire-span wat op 29 Junie 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Die Working on Fire-span wat op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Die organisasie Working on Fire het gesê hy is teleurgesteld dat ʼn loongeskil met Suid-Afrikaanse brandbestryders nie intern opgelos kon word voor dit ʼn “internasionale voorval” geword het nie.

Altesaam 301 brandbestryders en bestuurslede van die Suid-Afrikaanse Working on Fire-program het op 29 Mei 2016 na Alberta, Kanada, vertrek om dié land by te staan met hul brandbestrydingspogings. Die brandbestryders het egter vandeesweek begin staak omdat hulle glo slegs $15 per dag gekry het, en nie $50, soos hulle glo belowe is nie.

Maroela Media het vroeër berig die WoF-span word betaal soos voor hul vertrek ooreengekom.

“Working on Fire het al talle internasionale ontplooiings suksesvol afgehandel,” het Linton Rensburg, woordvoerder van die organisasie, gesê. “Ons kom altyd met ons brandbestryders ooreen oor vergoeding voor ontplooiings van dié aard en, net soos in hierdie geval, word formele kontrakte onderteken.”

Rensburg het gesê as ʼn maatskappy is hulle trots op die diens wat hulle lewer en het oor die jare heen aan die wêreld bewys dat hulle kenners is op die gebied van brandbestryding.

“Ons is uiteindelik hier om lewens te red en die omgewing en eiendom te beskerm teen die skade wat veldbrande veroorsaak,” het Rensburg gesê. “Om ʼn geskil te hê oor vergoeding, en om daarvan beskuldig te word dat ons onregverdig is teenoor ons mense, is teenstrydig met ons maatskappy se waardes. Dit is deel van die brandbestryder se etos om heel eerste ʼn nooddiens te verskaf. Ons is uiters teleurgesteld dat ons die saak nie intern kon oplos voor dit tot ʼn internasionale voorval geëskaleer het nie.”

Rensburg het gesê dit het nog nooit vir Working on Fire oor die geld gegaan nie. “Dit was nog altyd om lande (soos Kanada) by te staan, wat tans deur massiewe, verwoestende veldbrande geteister word.”

Hy het gesê die voorval word intern ondersoek.

“Ons vra om verskoning vir die Kanadese regering en inwoners van Kanada vir enige ongerief wat dit veroorsaak het. Ons wil die publiek verseker dat ons die saak dringend hanteer en ons is verbind daartoe om so gou as moontlik ʼn oplossing te vind.”

Intussen het pres. Jacob Zuma die minister van omgewingsake, Edna Molewa, versoek om in te gryp om die saak op te los. Die departement sal deur die departement van internasionale betrekking en samewerking bygestaan word om ʼn oplossing te vind.

“Suid-Afrika verwelkom die geleentheid wat aan die Suid-Afrikaanse jeug gebied is om oorsee te werk,” het dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, bygevoeg.

Die Kanadese openbare uitsaaier, CBC, het berig die premier, Rachel Notley, het glo onderneem dat die Suid-Afrikaners betaling sal ontvang wat in lyn is met Alberta-arbeidswette. Sy het glo Donderdag gesê die Alberta-regering was onder die indruk dat die kontrak, wat hy met die brandbestryders aangegaan het om te help om die Fort McMurray-veldbrand te bestry, hulle in staat sou stel om “aanvaarbare vlakke” van betaling te ontvang.

Notley is glo “ontsteld” om te hoor dit het nie gebeur nie. Terwyl die Suid-Afrikaners glo hul gewone betaling van Suid-Afrika ontvang, was die kontrak glo vir $50 per dag vir 12 uur-skofte, of net meer as $4 per uur. Die minimumloon in Alberta is $11-20 per uur. Akkommodasie en kos word deur die Kanadese regering verskaf.

Notley het gesê alhoewel die dispuut tussen die brandbestryders en die Suid-Afrikaanse regering is, sal sy stappe doen om in te gryp. “Die feit van die saak is, dit is nie aanvaarbaar vir my of my regering nie dat mense in ons provinsie werk vir lone wat teenstrydig is met ons arbeidswette.”

Lees alle vorige berigte oor Working on Fire/Kanada op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Vic ·

Uiters professioneel en bewonderingswaardig – hoop nie hulle word ooit uitgestuur as my huis brand nie

Ben ·

Vra liewer verskoning eerstens aan Suid Afrika wat die res van die wêreld terleurgestel het met WOF se kleinlikheid en geen meëgevoel van samewerking getoon het terwyl Kanada brand. Ek sal hierdie vry vakansietjie se onkostes in totaal verhaal van die persone wat nie kon of wou uithaal en wys nie.

Pieter Reyneke ·

Die firma ,Working on Fire, het die werkers nie volgens kontrak betaal nie. Die firma het 175 Kanadese dollar ontvang en moes 135 uitbetaal. Die werkers het reg gehandel.

Tc ·

Teen die huidige Rand\Dollar wisselkoers is dit R15000 n maand met kos en verblyf ingesluit.Dis uiters swak van hulle en ek wat n wit man is en sonder werk is sal dit doen,met n smile!!!!Maar nou ja hulle is met niks tevrede nie hoeveel van hulle het regtig voor dit n werk gehad??

TM ·

Hoe het die keuring gewerk vir hierdie groep? Is dit mense wat ‘n passie het om ander te help of was dit first come first served? Kyk, geen mens gaan meer in hierdie lewe verniet werk nie maar vir my persoonlik sou dit ‘n eer gewees het om te help en ‘n verskil te gemaak het en die geld sou ‘n bonus gewees het en dit sou nie my motivering gewees het nie. Ek sak my kop in skaamte.

Andrea van Vuren ·

So jammer. Die stakingskultuur het ons land weereens in verleentheid gestel. Jammer.

JC ·

Hierdie is n groot verleendheid vir die land van die Pres tot tuinier in hierdie land

christine ·

Hu hulle gooi ons naam nie weg nie ons het nie n naam nie. Sal ook nooit aan dieselfde juk kan trek nie lui verby.Die heros sal nog boonop verwag hulle moet n helde ontvangs by die lughawe kry

Kobus ·

Mense wat hier kommentaar lewer kan gerus eers op WOF se webwerf gaan kyk wie en wat hulle is, waar hulle vandaan kom, ens. Gaan kyk ook na hul internasionale arm. FFA Holdings. Hulle is op verskeie kontinente bedrywig, ook in Australië, waar hulle as WOF Australië geregistreer is. dus dra hulle intensief kennis van die internasionale arena en regulasies.

VivaSa ·

Hierdie mense kry n salaris EN die $15 loon terwyl hul as helde hul land kan verteenwoordig. EN dan die ander $35 bedrag wanneer hul terugkeer- Alles soos ooreengekom in hul kontrakte. Hoe ondankbaar om dan nou nog te wil skande bring tot jou land en organisasie

Vlakvark ·

Agree!!.. Send them back ASAP ! Fire them all on arrivial. As a emergency unit their oth forbid them to strike or partisipate in any strike action

Charlotta ·

Hulle is n Groot verleentheid vir ons. Betaal hulle af, want hulle verdien niks.

Wat-ek-lees ·

Voor ek jou uit die brandende voertuig red, wat gaan jy my betaal?
Onderskrif by foto lees 29 Junie.

Joann ·

Ag wat ons mos gewoond aan dit. Hul soek werk en bid om nie te kry nie. Demand alles en wil als he maar wil nie werk nie. He he he

KP ·

Ek sou verniet gegaan en kon dalk agter bly want hier is ek te wit om werk te kry.

Kaspaas ·

Stuur hulle huis toe. Net bly die wereld kon dit sien. Die ouens kry 150-600 rand n dag plus nog R120 n dag plus $50 waarvan 15 daar betaal word en 35 as hulle terug is. Hulle het vir dit geteken hier. Die kanadese kry 11-20dollar n uur en hulle werk 12 uur n dag en vat na ek dink 10 dae 3 dae af. Hulle word nie vir die 3 afdae betaal nie. Ons ouens werk op dieselfde rooster maar hulle word nog steeds $50 n dag betaal vir die afdae. Maak nou al die somme oor 30 dae en hulle verdien meer as die kanadese brand bestryders.

GES ·

Kenmerkend van die nuwe SA. Dienslewering was nog nooit op die agenda nie maar wel wat jy uit die transaksie kan kry. Luiheid, werksetiek en werkstrots is die kernverrotting van die SA werksmag. SA het goed gevorder om die internasionale muishonde te word. Ek is skaam om ‘n Suid-Afrikaner genoem te word.

Asjas ·

As ek of een van my kinders dieselfde geleentheid gekry het sou ons dit gratis doen. Die feit dat my vlug, paspoort, verblyf en kos betaal is sou al reeds betaling genoeg gewees het en die feit dat ek ‘n vreemde land besoek ‘n bonus!!
Om nie te praat van die feit dat ek mense, diere en die omgewing kan help red, hoeveel van ons kry die geleentheid om ‘n verskil te maak?
Dit sou ‘n amazing avontuur gewees het, once in a life time experience vir iemand soos ek. Vra net volgende keer die regte mense om te gaan help!!

Asjas ·

As ek of een van my kinders dieselfde geleentheid gekry het sou ons dit gratis doen. Die feit dat my vlug, paspoort, verblyf en kos betaal is sou al reeds betaling genoeg gewees het en die feit dat ek ‘n vreemde land besoek ‘n bonus!!
Om nie te praat van die feit dat ek mense, diere en die omgewing kan help red, hoeveel van ons kry die geleentheid om ‘n verskil te maak?
Dit sou ‘n amazing avontuur gewees het, once in a life time experience vir iemand soos ek. Vra net volgende keer die regte mense om te gaan help!!

Ander Koos, ·

“Talle internasionale ontplooiings suksesvol afgehandel”. Waar en wanneet? Klink of jakkals sy eie stert, wat hy nie het nie, probeer prys! Die Presidensie ook nou betrokke? Weer ‘n verskoning vir ‘n reis na Kanada? Wat ‘n sirkus van die absurde….!

Kobus ·

Gaan lees op WOF se webwerf wie en wat hulle is, waar hulle oral bv in Australië WOF het. Hulle opereer internasionaal op 5 kontinente. Gaan kyk ook na FFA Holdings. Die klomp van WOF SA het daar gaan uithelp.

Apieu ·

Laat hulle liewer sommer in Kanada bly ons mis hulle nie hier nie.Pateties….

gogga maak vir baba bang ·

OMW wat n skande genade stuur hul enige plek net nie huistoe nie want hier gaan hul weer als aan die brand kom steek en ek dink die was n beplande vakansie vir hulle shame en geen rassekwota in die game nie let’s face it hul was nie opgewasse vir die game nie

willie ·

Dit is wat ons kry van arbeidmark wat ondoeltreffend is.Ek is skaam
om te sê ek is n Suid Afrikaner, n arbeidsmag wat nie meer weet sonder staatsinmenging ,verantwoordelik te aanvaar nie,ek is so bly ek het van my arbeidsmag
ontslae geraak.Moet nie onverskoning aan Canada vra nie
laat sak jou kop in
skaamte.Pres Zuma dit is die soort
arbeid wat jy wil hê ons moet deel.Ek is eerder op my eie as om
vir die land verder 12 ue dag te werk .Dit is hoekom ek het en die ander nie het.

Kanadees ·

Julle moet bietjie lees in die kanadese media hoe vreeslik aan die Kant van die werkers meeste Kanadese is. Hulle is nog so naief oor die realiteite van SA werkers.

Asjas ·

Ek het gaan lees en was sommer lekker naar na ‘n paar kommentare. Hulle is clueless as dit kom by SA se mense! Oms is ook die enigste land in die wereld waar mense aangestel word om werkers dop te hou.

johann cb ·

En so slaan ons net weer ons naam met ‘n plank…Wat is nuut?

hettie ·

Kanada moet net bly wees hulle het nie n paar geboue afgebrand oor hulle ontevrede was nie Hulle doen dit mos in ons land

Emile ·

Blinde sambok.

Die SA regering het die 301 se wegstuur aan die groot klok gehang met “SA dit doen as dankbare terugbetaling vir Kanada se anti-apartheid ondersteuning.”

Wel nou ja.

MJL ·

Volgens TV-nuus is hulle versoek om Kanada te verlaat. Ontwikkelde lande sal nie die lot se strooi opeet nie.

Linda ·

Tipiese ondankbare gedrag. Hier sou hulle nie eens werk gehad het nie.

ANDRÉ ·

Hulle het net hulself en Suid Afrika in die verleentheid geplaas.

Oupa Hen ·

Kanadese hou blykbaar van hulle as mens hulle nuus lees. Hou hulle dan daar.
Hulle sing so goed dat hulle daar dan in hulle “Rocky’s boys choir” kan sing.

Collin Parker ·

Suid Afrika expats / immigrante het i baie goeie naam en rekord in Kanada. In my 20 jaar ondervinding in Kanada het ek ervaar dat RSA expats hoog aangeslaan word as hoogs gekwalifiseerde, harde werkers, lojale werkers en gedisiplineerd in alle bedrywe. Die insident met die werkers is nie goed vir die goeie rekord wat deur ex Suid Afrikaners in Noord Amerika opgebou is nie.

Jaco Grobler ·

Ek is so hartseer en skaam om ‘n Suid Afrikaner genoem te word. Meer as dit wil en kan ek nie sê nie.

Basjansen ·

Wat betaal hulle julle per persoon? As dit nie oor geld gaan nie ? SA is n VERLEENTHEID

Mixi ·

Mmmmm, hier is n rare snaakse ding wat kop uitsteek soos ek die berigte vandag lees. Slang zuma het n moeder Theresa persona aangeneem. Eers die Kaap huis brand en nou die Kanadese situasie. Mmmmm. Nie een slegte woord gerep oor die adder vanaf verlede week nie…. Hahaha

Mixi ·

Apparently het zumi n gedaanteverwisselling ondergaan. Hehehe.

Johannes Meintjes ·

Alles waaraan Koning Middas geraak het het in goud verander. Alles in, om en vanuit SA verander egter skynbaar in gemors? Die buiteland kyk net so apaties toe as die bevolking van SA!

John ·

As ons weermag bo in Afrika gaan help is daar skandes, te erg om te noem. As ons in Kanada gaan help is daar skandes en gierigheid wat ‘n mens skaam laat. As ons regering ‘n gewone munisipale verkiesing wil hou verklaar van die swart politieke partye letterlik oorlog teen mekaar. Sjoe!

CJ ·

Ek het gelyk. ‘n Staking was verkeerd. Maar Suid Afrika se grootste probleem is dat niemand saamstaan teen wat verkeerd is nie. Hoekom moet ons mense ALTYD die minste betaal word. Is dit omdat hulle swart is? As ALMAL van julle wat op die vorem komentaar gelewer het ons eie mense daar ondersteun het sal sulke ongeruimdhede nie gebeur het nie. Soos ek ons Suid Afrikaanse organisasies ken is daar weer ‘n baas wat kyk hoe veel geld hy kan maak en is sy sak steek ter wille van ander. Ons maak mos in SA gebruik van goedkoop arbeid! Zuma is aan bewind omdat hy sy eie onkundige mense om die bos lei. Selfde met julius. Daar is NIEMAND wat hulle reghelp en anders leer nie. Van die “slim” wittes/blankes is daar slegs negatiewe kritiek. Ek is ook ongelukkig oor gebeure. Begin vandag, wees revredig, onderstuen ons land en ons land se eie mense. Begin en staan saam met hulle en hulle staan saam met ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.