WP-speler vas oor dronkbestuur

Argieffoto

Argieffoto

Die Westelike Provinsie het bevestig dat een van sy spelers die naweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.

WP Rugby sê in ‘n verklaring dat die speler se motor Saterdagaand van die pad af getrek is. Die speler is in hegtenis geneem op vermoede dat sy bloedalkoholvlak die wettige perk oorskry het.

“WP Rugby ondersteun veilige en verantwoordelike padgebruik. WP Rugby sal ook die speler, wat tot op hede ‘n voorbeeldige dissiplinêre rekord het, deur sy werknemer-hulpprogram ondersteun.”

WP Rugby sê hy beskou die saak as sub-judice en dat nóg hy nóg die betrokke speler verder kommentaar oor die aangeleentheid sal lewer.

Daar is geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.

‘n WP-speler is ook in November verlede jaar vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Cheslin Kolbe (20) is tydens ʼn padblokkade in Gordonsbaai in hegtenis geneem.

Hy is op R500 borgtog vrygelaat. Sy saak is uitgestel tot 13 Augustus 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Niemand is verhewe bo die wet nie, maar dan weer…brandewyn het nie brieke nie.

Jerris ·

Brandewyn het nie brieke nie, want Coke is nie brake fluid nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.