Wrede aanval op polisieman veroordeel

Argieffoto

Nege mense, insluitend twee vroue, is Saterdagoggend in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding en die weerhouding van ʼn lid van die polisie om sy pligte te kan uitvoer.
Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die nege sal binnekort in die Clarens-landdroshof verskyn.

“Lede van die Clarens- voorkomende misdaadseenheid is na ʼn huis in Kgubetswana ontplooi vir ʼn klagte van geraas en rusverstoring. Dit was die derde keer dat hulle na dieselfde huis uitgeroep is. Een van die mans wat na die harde musiek geluister het, het die polisieman met ʼn bottel teen sy kop geslaan en hom toe gesteek. Verskeie ander mense wat by die huis was het polisielede gekeer om dié man in hegtenis te neem,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo is ʼn polisiebeampte tans in ʼn hospitaal ná ʼn ander onverwante voorval toe hy Sondag in ʼn taverne in Ntha geskiet is. Hy was nie aan diens nie. “Die eienaar van die taverne het skote afgevuur toe twee vroue baklei het. Die beampte het tussenbeide probeer tree en wou die wapen by die man afvat toe hy geskiet is.”

Die polisie het die aanval ten sterkte veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Manie ·

Miskien moet die regering meer kyk na die misbruik van drank as om hulle oor die sondige rokers te kwel. Of is hulle bang hulle gaan dalk baie ondersteuners se stem verloor

Ella ·

Aanvalle op enige mens is verkeerd en moet veroordeel word. Punt.

thinus ·

Gerrit ja Clarens is baie mooi – net jammer ‘n mens moet eers deur die gemors van die township ry om in die dorp te kom!

Louis ·

Ag siestog. Die wrede aanval word veroordeel. Wat van die boere wat wreed vermoor word. Dit word glad nie veroordeel nie. Hy is in die uitvoering van sy plig aangeval. Die boer het n vreedsame taak en hou geen bedreiging in nie. Dubbel standaarde. As die polisie nog hul taak behoorlik uitvoer sou ek dalk simpatie gehad het.

Gerrit ·

Ek stem louis en die media regverdig dit deur dit te plaas wys jou net hoe die wit afrikaner dink

Duitser ·

Ek stem saam ” die voorval word veroordeel” plaasaanvalle deur moordbendes op onskuldige mense is maar ok dit is cool en hoort so .Daar is net n handjievol Duitsers oor in Namibië maar daai handjie vol sal dit nie aanvaar nie .Die Suid afrikaanse mense aanvaar alles maar net gelate .

Salie ·

Coleen , volgens hulle hoof kan n kwart van hulle nie lees of skryf hoe sal hulle kan skiet.

Denise ·

Stem saam met Louis wat van al die onskuldige mense , boere wat elke dag vermoor word ????????

Lee ·

Snaaks dat sodra daar ‘n Polisie beampte betrokke is dan is die arristasie darem maar baie vining maar in ander gevalle waar dit gewone mense is soos Gertjie Roets van die Wolwe en die boere wat uitgemoor word word daar net mooi niks gedoen nie. SAPS is darem maar useless!! Almal moet dieselfde behandeling kry.

Coenie ·

Niemand het meer tyd , respek of empatie vir die saps nie hulle kan nie vertrou word nie , vra maar wit of swart almal se andwoord is dieselfde useles goed vir niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.