WVF moet fokus op oorspronklike doel, sê Solidariteit

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die Werkloosheidsversekeringfonds (WVF) mag nie sy oorspronklike mandaat wysig om bydraers finansieel by te staan nadat hulle hul werk verloor het nie.

Dit volg nadat die portefeuljekomitee van arbeid vandag publieke insette rakende die Wysigingswet op Werkloosheidversekering aangehoor het.

Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), maak die voorgestelde wysigings voorsiening daarvoor dat die surplus fondse wat die WVF tot sy beskikking het, beskikbaar gemaak word om ander skemas vir “weerlose werkers” te befonds. “Die opgehoopte reserwes van die WVF is nie geld waarmee die Fonds kan maak wat hy wil nie – die geld is spesifiek vir werkloosheidsversekering deur werknemers inbetaal. Dit kan nie nou skielik, net omdat daar ʼn groeiende surplus is, vir ander doeleindes aangewend word nie. Die vae bewoording van die voorgestelde wysigings sal boonop die deur open vir grootskaalse korrupsie en vermorsing van die geld,” het Joubert verduidelik.

“Die SNI het in 2015 aangedui dat die WVF oor ʼn beleggingsportefeulje van R94 miljard beskik. Die WVF samel jaarliks boonop deurlopend meer as dubbeld soveel geld in as wat nodig is om eise uit te betaal, wat meebring dat die fonds se reserwes net aanhou groei, ten koste van die arbeidsmark,” het Joubert gesê.

Solidariteit het ook in 2015 die voorstel van die departement van finansies om bydraes tot die WVF van ʼn maksimum van R297,44 per maand tot ʼn maksimum van R20 per maand te verlaag, verwelkom. “Dié maatreël sou die WVF se oormatige reserwes aan werkers terugbesorg het. Solidariteit vra reeds sedert 2012 vir so ʼn verlaging aangesien die WVF aanhoudend baie meer geld insamel as wat nodig is om sy mandaat uit te voer. Solidariteit sou ook graag wil sien dat Pravin Gordhan dié kwessie in sy begrotingstoespraak aanspreek,” het Joubert bygevoeg.

“Benewens die feit dat die verlaging van bydraes meer geld in werknemers se sak sal beteken, sal ’n verlaging in die bydraes boonop ’n positiewe effek op indiensneming tot gevolg hê. Werkgewers sal die geld wat gespaar word, kan aanwend om meer werknemers in diens te neem, of om afleggings af te weer,” het Joubert verduidelik.

Solidariteit het in 2013, toe die wysigingswetsontwerp wat tans bespreek word, vir die eerste keer voorgestel is, skriftelike kommentaar daarop ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Liewe lulu ·

Toe my man gevra het om met vervroegde pensioen te gaan, kon hy nie eis. Jy kan net eis as jy ontslaan is. So hy het sy jare lange bydrae verloor. Ek voel dit is nie reg. Dit is sy geld. Mens het nie n keuse, jy moet dit maandeliks betaal

julius ·

Hi lulu ek het ook op vroe pensioen gegaan en my werkgewer het my al die nodige dokumente gegee om te kan eis .Dit is nie baie nie maar dit troos darem. Gaan na julle departement van arbeid en votooi die aansoek vorm. Hulle sal jou dan help met die nodige inligting.

sanet naude ·

Wil graag uit vind jy kry ñ saaris van R27000 maar wanneer jy eis word jy in ñ bracket van R14000 gesit waarvan jy net 38 persent kry. Waarom betaal mens dan uif of jou volle salaris. Waar gaan die ander geld heen

Gert ·

Almal hou op moun julle weet hulle is korrup en steel . voorkom die diefstal

pjk ·

Waar kan n mens uitvind wat die formule is wat aan jou uitbetaal word?

PATSY ·

As jy uit eie keuse bedank mag jy ook nie WVF eis nie maar jy word verplig om WVF by te dra. Hoekom is jy goed genoeg om by te dra maar nie goed genoeg om te eis nie. Sekere gevalle word jou man verplaas en daar is nie vir jou werk anderkant nie. Maak die wet soos in die verlede dat alle diensverlatings tipes geeis mag word dan is dit reg en regverdig hoe die geld bestee word.
Neem asb net kennis dat volgens Dept van Arbeid moet eise spoedig na diensverlating ingedien word anders verminder hulle die uitkeer bedrag stelselmatig vir die tydperk vanaf diensverlating.

pvn ·

Korrupsie is soos ñ miereplaag. Hulle is net orals en hou nie op nie.

Skoeter ·

Net nog ‘n vet klomp geld wat die regering sekerlik een van dae sal op eis om aan al hulle persoonlike behoeftes te voldoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.