WVF wil Ters-bedrog met blitslyn takel

(Foto: Facebook)

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het ʼn blitslyn beskikbaar gemaak vir persone wat bedrog wil aanmeld wat met die Covid-19- tydelike verligtingskema (Ters)-voordeel en ander bedrieglike aktiwiteit verband hou.

Marsha Bronkhorst, waarnemende kommissaris van die WVF, het Woensdag in ʼn verklaring persone, wat bewus is van bedrog, veral bedrog wat verband hou met die verspreiding van geld om werkers deur die impak van die afsonderingsperiode te help, aangemoedig om die fluitjie te blaas. Sy het gesê die platform is gereed en burgers kan reeds van Woensdag af wenke indien. Persone kan ook anoniem bly, kragtens die Wet op Beskermde Bekendmakings.

“Sedert die Covid-19- Ters-skema ingestel is, word die WVF oorval met bewerings van bedrog en klagtes van kliënte en maatskappye,” het Bronkhorst gesê. “Ek moedig dus enigiemand aan wat inligting het om dit dadelik by ons aan te meld.”

Sy het gesê fluitjieblasers word versoek om so veel as moontlik besonderhede te verskaf wanneer hulle die bedrog aanmeld, insluitend die WVF-nommer van enige maatskappy, sy adres, betrokke identiteitsnommers en kontakbesonderhede.

Elke voorval sal op eie meriete beoordeel word en die omkeertyd hang af van die ingewikkeldheid van die saak.

Die blitslyn is 24 uur per dag, 365 dae per jaar en in al 11 tale beskikbaar.

Bedrog kan aangemeld word by 0800 212 799 (tolvry) of stuur ʼn SMS na 30916 en versoek dat iemand jou terugskakel. Jy kan ook ʼn e-pos stuur aan [email protected], gebruik die telefoon-web-app op www.thehotlineapp.co.za, besoek www.thehotline.co.za of stuur ʼn faks aan 086 726 1681.

Vir enige ander navrae kan die WVF gekontak word by 080 030 007.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Byekonfyt ·

Klink fantasties in teorie. Ek hoop van harte dit werk in praktyk. Is al so siek en sat vir die wetteloosheid.

Wat op dees Aarde ·

Hulle kan nou skaars die fone antwoord omdat jou TERS nog nie uitbetaal is nie, maar dink al die planne uit… Hulle moet dalk net een van die vele nommers antwoord en behulpsaam wees.

Die Wolf ·

Hoop maar dat die duisende klagtes aandag sal kry. Seeing is believing.

Einstein ·

Hoop net ALMAL word oor dieselfde kam geskeer… if you know what I mean…

Thea ·

Net nog ‘n manier vir een of ander siel om ‘n nuwe tender te kry. Sal nooit werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.