Wyksraadslid in hof wat glo vrou wou vermoor

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Wyksraadslid van Welkom in die Vrystaat het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Sephiri Jan Diphoko (43) het in die Virginia-landdroshof verskyn waar sy aansoek om borgtog afgekeur is, het brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, gesê. Die saak is tot 7 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

“Dit kom ná sy vrou, Selwane Diphoko (46), gesê het sy is op 18 April omstreeks 16:25 in hul huis in Eurekapark in Meloding deur haar man aangeval en met ʼn mes gesteek. Sy het gesê haar man het onder die invloed by die huis aangekom. Hulle het ʼn woordewisseling gehad en hy het haar aangerand en verskeie kere met ʼn kombuismes gesteek.”

Sephiri het ná die voorval glo gepoog om homself met ʼn tou op te hang. “Sy vrou kon die tou sny en hy het grond toe geval. Sy het daarna die voorval by die polisiestasie aangemeld.”

ʼn Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is later na ʼn saak van poging tot moord verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

As n mens nie respek vir lewe het nie kan mens jouself net indink watter respek daar is in alledaagse bedrywighede.

Eiervrug ·

So op die heilige Sondag… Mense soos hy moet ‘n tatoo op sy voorkop kry wat lees: Ek mag nie drank kry nie, want ek kan myself nie gedra nie…

Dries ·

Deur wie is hierdie skurk in daardie posisie as raadslid geplaas, die korrupte ANC?

Stofdonkie ·

Nee, die kiesers. Dis die inwoners van die wyk wat vir die raadslid stem met die munisipale verkiesing. Die korrupte anc kan nie raadslede aanstel nie, hulle kan net mense in wyke plaas om te staan vir die verkiesing, maar dan is dit die kiesers wat stem vir die persoon. Dis hoekom mense moet beter kennis hê van politiek en die kandidate in hulle wyk moet ken, anders stem hulle so persoon in die raad in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.