Wyksraadslid vas oor ‘Ters-bedrog’

DA-wyksraadslid Nora Grose (Foto: Verskaf)

’n DA-wyksraadslid van Table View in Kaapstad het Donderdag vlugtig in die Atlantis-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Nora Grose (64) het haar vroeër vandag aan die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie by die polisie se gemeenskapsentrum in Atlantis oorgegee.

Sy is intussen op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Dít nadat sy na bewering fondse vir persoonlike gewin aangewend het terwyl sy die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike verligtingskema (Ters) saam met die voorsitter van ’n nie-regeringsorganisasie gefasiliteer het.

Dit word ook beweer dat Grose en Reuben Swartz, voorsitter van die nie-regeringsorganisasie South African Religious Civic Organization (Sarco), saamgesweer het om hulpfondse van die Stad Kaapstad te herlei.

Hulpfondse ten bedrae van R170 000 wat bedoel was vir die verspreiding van kospakkies in Atlantis is glo na ’n kerk in Table View herlei waaraan sommige stadsamptenare verbind word.

Swartz is in Desember reeds in hegtenis geneem op soortgelyke aanklagte as dié teen Grose. Hy is toe ook borgtog van R10 000 toegestaan en sal na verwagting weer Vrydag in die handelshof verskyn.

Die saak teen Grose is tot Junie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Tipper ·

mevrou jou gelaatskleur is ongelukkig nie reg nie,so crime doesn’t pay.

Botterblommetjie ·

Ai ai dit is nou sleg as ons eie ook al hoe korrupter raak…. mens kan nie eens meer vinger wys nie, al die appels ewe vrot.. sy moet maar haar tyd gaan doen weens gulsigheid…

melaney ·

Sy moet lank sit. Velkleur maak nie saak nie. Die armstes in ons land ly onder mense wat hulle vergryp aan dit wat nie aan hulle behoort nie. En dit op 64!

ES ·

Wys my een politieke party waar daar nie korrupsie betrokke is nie… ongelukkig bly ons in ‘n samelewing waar mense se integriteit met geld omgekoop kan word. Party mense se pryse is net hoër as ander s’n.

SomeOne ·

kan jy nou meer, dink die mense nie aan gevolge nie, stap ‘n pad saam met die Here en volg sy reëls, almal maak foute, maar party mense kom dit betyds agter, voor die swaar swaaideure toe slaan

Maggies ·

Ai op 64 en nog boonop van ons eie mense. Hoe hartseer raak ek om dit meer en meer te sien gebeur. Geld en mag is beslis ‘n verleidelike euwel.

Danie ·

Het dit nog altyd gese. Die DA het net so baie vrot appels en hulle begin nou meer gereeld uit hul kassies te val.

Samuel ·

Wyksraadslid vir Melkbosstrand. Woon in Table View. Dit is skandalig. Sy het seker gedink as ander kan skep, kan sy ook maar.

Johanna ·

Hoe LEWE saam met jouself. Hulle moes tog weet hulle gaan gevang word. Moes die heeltyd oor hulle skouers loer. Ai toggie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.