Wyksraadslid vas vir beweerde kinderverkragting

(Foto: pixabay)

ʼn Wyksraadslid van ʼn gemeenskap in Limpopo verskyn Maandag in die Bolobedu-landdroshof nadat hy Saterdagaand in hegtenis geneem is vir die beweerde verkragting van ʼn 14-jarige meisie naby Tzaneen.

Die 58-jarige man het die kind glo Donderdag omstreeks 12:00 ʼn saamrygeleentheid gegee.

“Die verdagte het daarna na bosse by Rampepe gery, waar hy die kind glo verkrag het. Hy het haar daarna glo teruggeneem huis toe, vir haar geld en ʼn selfoon gegee en haar beveel om nie ʼn woord te rep nie,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Nadat haar ma haar oor die selfoon uitgevra het, het die kind begin huil en vertel wat gebeur het.

“Die saak is by die polisie aangemeld en die raadslid is gisteraand in hegtenis geneem,” het Mojapelo gesê.

Die provinsiale polisiehoof in Limpopo, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die voorval veroordeel en die polisie vir hul vinnige optrede geloof.

“Terwyl die land ʼn stryd voer teen ʼn vlaag geslagsgebaseerde geweld, is dit onrusbarend dat selfs sommige leiers in die samelewing, wat veronderstel is om die polisie in die stryd te help, ook in hegtenis geneem word vir verkragting,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Liewe medelesers dit maak nie saak wat se pos hulle beklee nie,bedrog ,moord,diefstal.Korrupsie,verkragtings en plaasmoorde is realiteit en in sommige van hierdie geweldsmisdade is blankes betrokke.Doodstraf en nogmaals doodstraf.

Cornelius ·

“Leiers” in die samelewing. Die term moet wees “kriminele” in die samelewing want dit is die norm deesdae. En dan is daar nog mense wat n blink toekoms vir die land sien. Genade, raak wakker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.